![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL! Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Boer Frans se plaas le lekker knus langs ’n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; ’n Indringer op die plaas.
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat – op sy dag die “Kampioenkat van die jaar” – nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower. Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geillustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. 'n Groot jammerte, want dit hoef glad nie 'n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: Die bal van Bil Jart, 'n unieke tennisbal met 'n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop...en Robbie is reg vir aksie.
Die Wiskunde Leerderboek is ontwikkel volgens die vereistes van die KABV. Die Leerderboek leer leerders tel, somme doen met maal, aftrek, deel en plusbewerkings, huisiesomme, woordsomme, leer hoe om resepte te lees en te verdubbel en verminder, getalpatrone uitwerk, tyd lees (digitaal en analoog) met somme daarby en hoe om met geld te werk, onder andere. Die aktiwiteite is tematies saamgestel en die werkvelle op die Onderwysersgids se CD bied nóg ekstra oefening na dié aktiwiteite voltooi is.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!
Lotta kan nie skool toe gaan nie, want sy het waterpokkies. Dis baie vervelig so alleen by die huis. Maar dis ook g'n wonder nie – sy het mos geen stokperdjies nie. Al se haar ma sy het een: Fluitspeel. Gmf! Lotta en Chantelle dink saam 'n lang lys cool stokperdjies uit: Valskermspring, duik saam met haaie, dinosourusse se geraamtes opgrawe, en nog baie meer. Maar hulle weet ongelukkig nie hoe doen 'n mens sulke goed nie. Maar dit maak nie saak nie, want hulle twee gaan nou beroemd word. Hulle gaan hoofrolle kry in 'n fliek met Zack Zeeman, een van die coooooolste filmsterre in die hele wereld. (Dis in elk geval wat Chantelle dink!) Solank daardie simpel Berenice en haar maats net nie weer in hulle pad staan nie...Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
’n Sirkusbaas roep Kwaaikofski se hulp in: Sy suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en Kwaaikofski ruik lont. Hy sal gou moet uitvind wie besig is met aapstreke in sirkus Zampano. Nog ’n heerlike avontuur in hierdie baie gewilde reeks!
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.
Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde. Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk. Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop. Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!
Facto hoor interessante stories van groen plante – Ruimteskip Aarde se lugversorgers - wat sorg dat daar genoeg suurstof in die atmosfeer is en dat 'n ander giftige gas, kooldioksied, verwyder word. Hy leer by die Flixies van hoe plante ontwikkel het vanaf klein, byna onsigbare mosplantjies, tot die reuse bome wat ons oral sien.
As jy nog nie Die klein prinsie gelees het nie, wag die grootste lekkerte op jou! Die klassieke boek, wat die skrywer Antoine de Saint-Exupery wereldberoemd gemaak het, is al in meer as tagtig tale vertaal. Hierdie uitgawe bied Die klein prinsie vir die eerste keer volledig in sy oorspronklike vorm in Afrikaans, met al die skrywer se wonderlike illustrasies in volkleur. Die pragtige vertaling uit Frans is deur niemand anders as die bekende skrywer Andre P Brink.
Hierdie fris, lewendige vertaling deur Marita van der Vyver is om verskillende redes uniek. Dit is die eerste keer dat die volledige Grimm in Afrikaans in een band verskyn. Ook die herkoms van elk van die 210 sprokies wat aan die hand van verskeie bronne nagegaan is, word vir die eerste keer in Afrikaans opgeteken. Daarby is dit die eerste keer dat die klassieke negentiende-eeuse tekeninge van die drie groot Grimm-illustreerders – Hermann Vogel, P. Grot Johann en R. Leinweber – in ’n Afrikaanse uitgawe gebruik word.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n organise plaas vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ’n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mal oor diere! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: ’n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas . . . Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Ken & Verstaan Natuurwetenskappe is deur 'n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie nuwe kursus is maklik om te gebruik en help nie net leerders om noodsaaklike inhoud en vaardighede in die vak onder die knie te kry nie, maar gee hulle die bes moontlike grondslag waarop hulle hul wetenskapkennis kan voortbou.
Ysie Ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe 'n sneeuvlokkie smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die heel belangrikste vraag ken hy goed... |
You may like...
Extreme Conflict and Tropical Forests
Wil de Jong, Deanna Donovan, …
Hardcover
R2,754
Discovery Miles 27 540
Visual Object Tracking with Deep Neural…
Pier Luigi Mazzeo, Srinivasan Ramakrishnan, …
Hardcover
R3,101
Discovery Miles 31 010
Differential and Integral Operators…
Israel C. Gohberg, Reinhard Mennicken, …
Hardcover
R3,391
Discovery Miles 33 910
Local Fractional Integral Transforms and…
Xiaojun Yang, Dumitru Baleanu, …
Hardcover
R1,806
Discovery Miles 18 060
Chinese Computational Linguistics and…
Maosong Sun, Xuanjing Huang, …
Paperback
R2,629
Discovery Miles 26 290
Research Anthology on Remote Teaching…
Information R Management Association
Hardcover
R9,057
Discovery Miles 90 570
|