![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geļntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieėnde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lźer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediźre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Die nuutste Ontdektitel, Ontdek die oseaan, bied 'n omvattende blik op dit wat onder ons planeet se waters lź. Hierdie boek gee nuuskierige agies 'n kans om in detail alles rondom die oseaan te leer, met ongelooflike foto's wat daarmee gepaardgaan. Die inhoud dek onder andere oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas, en veel meer. Die boek sluit af met 'n Het jy geweet?afdeling, wźreldoseane, plekke om te besoek en 'n woordelys. Dit is geskik vir skoolprojekte en om tuis te geniet!
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geļntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieėnde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lźer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediźre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Dis amper slaaptyd vir Bella en Bollie; tyd om te bad, melk en koekies te geniet en n slaaptydstorie te lees. Maar toe Bollie besluit om weg te kruip, mis hy amper die belangrikste deel van slaaptyd!
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .
Hierdie skreeusnaakse verhaal word vertel vanuit die perspektief van twee grootprater jong seuns. Die seuns dink alle meisies is laf en simpel. Maar wanneer spoke geopper word, sing hulle gou ’n ander deuntjie!
Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers ... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom. Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: Sien, as jy kan. Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk. Wat kan hy te wagte wees? Die Ruwe Berg is die gelykenis van n boekkunstenaar.
Alex is ’n vreetvarkie. Vandag sluip Alex weg na die tuin en eet ongeveer ’n stuk of tien aartappels. Maar Mamma is skielik daar. “Waar is jy, ek soek na jou,” roep sy, “en is jy nou al weer besig om te peusel? Moenie eet as dit nie etenstyd is nie, dit het ek al so baie vir jou gesź!” Alex dink dat sy ma te streng is. Hy hou baie van allerhande lekkers. Maar hy is nie die enigste vraat in hierdie verhaal nie.
Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste toebroodjie ter wereld te maak. Sal die toebroodjie met die sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies, appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, n lepel soet heuning en bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger te stil?
Daar is meer as genoeg bewyse dat Elton April Laerskool Jakaranda se nommer een loser is: Sy Afrikaanse onnie dink hy gaan graad sewe dop, sy krieket-kit word gesteel, sy kamstige pel se waterbom-idee maak dat hy detensie moet sit en uitmis op 'n rugbyliga-game . . . maar dan is daar die nuwe rooikopjuffrou met die besem en die oranje klaskamer. Is sy regtig so mislik soos sy lyk? En wat op aarde beplan sy met die pampoenplantjies in haar klas?
Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories
oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy
sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy
ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook
verslind.
Net na sy verjaardag kry Dirkie groot nuus. Mamma en Pappa vertel hom dat daar 'n babatjie op pad is. Dirkie word ouboet! Dirkie is dolgelukkig daaroor, maar ook 'n bietjie teleurgesteld: Die baba kom eers na die winter, hy moet dus nog lank wag...Uiteindelik word dit lente en die appelboom bot. En op 'n mooi oggend breek die oomblik aan!'n Wonderlike familieverhaal oor Dirkie wat vir 'n bababoetie wag. Of is dit 'n sussie?
Hoe kies 'n seun tussen sy ouers? En hoe gemaak as daar 'n mooi meisiekind ook in die prentjie kom? Johannes, sy ma en sy broer Petrus woon op Clanwilliam. Vir die Desembervakansie gaan kuier Johannes by sy pa op Wuppertal, waar hy nie net seunsavonture saam met sy nuwe vriend Frikkie beleef nie, maar ook 'n meisie ontmoet wat sy hart laat hamer. Johannes voel al hoe meer dat hy graag permanent by sy pa wou kom bly, maar hy kom gou agter dat alles nie altyd eenvoudig is nie, en dat daar dalk 'n goeie rede is waarom sy ma moes weggaan.
Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...
Watter idee sal blindes van 'n olifant he? Miskien dink hulle dis 'n muur, 'n pilaar of 'n slang. Dit is di? analogie wat uitgebuit word in hierdie eerste Afrikaanse inleidende handboek tot die literatuurwetenskap. Die letterkunde is immers ook 'n omvattende verskynsel en die algemene literatuurwetenskap 'n veelsydige dissipline. Die letterkunde word dus vanuit verskillende teoretiese hoeke beskou. Moderne teoretiese sienings (bv. New Criticism, Nuwe Historisme en Postkolonialisme) word verduidelik deur 'n klassieke teks, Jan Rabie se Droogte, deurlopend m.b.v. hierdie teoriee te belig. Gerigte vrae oor ander Suid-Afrikaanse kortverhale help verder om hierdie nuwer teoriee vir plaaslike lesers bruikbaar te maak. Daarna word basiese vrae oor die literatuurwetenskap behandel. Die boek is 'n onontbeerlike hulpmiddel vir elke ernstige letterkundestudent en 'n moet vir elke onderwyser en dosent wat op hoogte wil bly met ontwikkelinge in die literatuurstudie.
Op ’n stormagtige nag arriveer ’n geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ’n waarsźer is en voorspel dat mooiweer sal volg nį die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ’n regte waarsźer of ’n bedrieėr? Asterix en die waarsźer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Laas somer het Noi n klein walvis gered toe n storm dit op die strand uitgespoel het. Noudat dit winter word, wil Noi baie graag weer sy vriend sien. Maar die walvis is iewers in die diep see saam met sy familie. Dit is uiteindelik n ysige storm wat hulle weer bymekaar bring. n Verhaal van moed en vriendskap; die opvolgverhaal van Die stormwalvis.
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniėl du Randt met die
intrapslag in Rietvallei Hoėr. Almal sź daar bestaan nie iets soos
ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die
boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en
Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8s vir ontbyt en spoeg
hulle soos fyngekoude grate uit.
n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde deur drie muses gedra word. Na elke eeu moet hierdie sleutels aan Parys se burgemeester oorhandig word. Maar wat het dit met Emma te doen?
Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te he waar word? |
You may like...
|