![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Ysie Ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe 'n sneeuvlokkie smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die heel belangrikste vraag ken hy goed...
Koester die herinneringe aan jou babadogtertjie se eerste lewensjaar!
Darkus kan sy oe nie glo toe hy n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene of ses bene en n horing en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan n seun vriende wees met n gogga wat so groot soos n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware? Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel Hierdie is die eerste boek van n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.
Die Piekfyn Afrikaans-reeks vir Graad 4, 5 en 6 bied omvattende, geļntegreerde aktiwiteite propvol interessante inligting en uitdagings. Alles wat leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieėnde vaandels te slaag, is in hierdie boeke saamgevat. Met behulp van die LEERDERBOEK sal leerders • spontaan oor verskeie interessante onder werpe en tekste gesels • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer • glad kommunikeer in verskillende sosiale situasies • vinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik • noukeurig en krities na taalgebruik luister • taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik • nuwe woorde en sinne gebruik • transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf. Die ONDERWYSERSGIDS bied: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk en skryf • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye ver skei denheid tekssoorte volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram, asook metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onder wysers lźer, beplan ningsdokumente en addisionele werk kaarte verskyn. Elke LEESBOEK is ingedeel volgens genres, met tekste en temas wat gepas is vir leerders in die Inter mediźre Fase en wat help om leerders se leesvaardighede en taalkennis uit te brei. Die leesboeke bied: • kort en lang stories, fotoverhale, dramas, gedigte, en inligtings-, sosiale en mediatekste • prikkelende materiaal soos poskaarte, briewe, pamflette en plakkate, koerantberigte, resensies, verslae en advertensies. Ter ondersteuning van die onderwyser is die volgende inligting ook in die leesboek ingesluit: • vrae oor tekste, geformuleer volgens kog ni tiewe vlakke • toeligting by moeiliker tekste • woordverklarings vir komplekse woorde.
Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur: • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures • leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop • wenke te gee vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas • onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning • ’n formele assesseringsprogram vir graad 5, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering • ’n CD waarop ’n volledige onderwyserslźer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn
Op 'n dag stel meneer Venter vas dat hy stadig maar seker besig is om deurskynend te word! Geen dokter kan hom help nie en dit word elke dag erger! Meneer Venter se hond Snorrie het geen probleem daarmee dat sy baas al hoe minder sigbaar word nie, en mevrou Eloff, wat twee keer per week sy huis kom skoonmaak, nog minder. Want terwyl sy skoonmaak, gaan sit sy dikwels op 'n kombuisstoel. Net om n bietjie te rus. Maar dit kan ook gebeur dat meneer Venter reeds daar sit...
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hź hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken. En asof dķt nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Hierdie skreeusnaakse verhaal word vertel vanuit die perspektief van twee grootprater jong seuns. Die seuns dink alle meisies is laf en simpel. Maar wanneer spoke geopper word, sing hulle gou ’n ander deuntjie!
Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
Hierdie miniwoordeboek vir Nederlands en Afrikaans is ideaal om vir 'n taalkursus te gebruik of om op reis saam te neem. Die woordeboek is baie volledig en prakties en is 'n gerieflike sakboekgrootte. Dit is tweedelig en bevat 30 000 aktuele Afrikaanse en Nederlandse woorde. Algemene uitdrukkings en gesegdes word ingesluit. Die grondbeginsels van Nederlands word ook gegee.
Alex is ’n vreetvarkie. Vandag sluip Alex weg na die tuin en eet ongeveer ’n stuk of tien aartappels. Maar Mamma is skielik daar. “Waar is jy, ek soek na jou,” roep sy, “en is jy nou al weer besig om te peusel? Moenie eet as dit nie etenstyd is nie, dit het ek al so baie vir jou gesź!” Alex dink dat sy ma te streng is. Hy hou baie van allerhande lekkers. Maar hy is nie die enigste vraat in hierdie verhaal nie.
Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers ... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom. Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: Sien, as jy kan. Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk. Wat kan hy te wagte wees? Die Ruwe Berg is die gelykenis van n boekkunstenaar.
Paul en sy ouers het onlangs van die platteland na die groot stad getrek. En al is die stad vol mense en bedrywigheid, is Paul eensaam. Op n dag gaan stap hy in die reen en kom op n klein hondjie af wat verdwaal is. Hy soek die eienaar van die hondjie, maar kry niemand en besluit om Vlekkie huis toe te vat. Hulle word groot vriende, maar Vlekkie mis sy basie, veral teen slaaptyd. Paul weet dis die regte ding om Vlekkie se eienaar te soek, al wil hy nie die hondjie verloor nie. Maar om die regte ding doen bring vir Paul onverwagse geluk... Dis n pragtige storie wat hartsnare roer. Dit leer kinders dat optelgoed nie vatgoed is nie en dat dit aan die regte eienaar behoort. En selfs, om die regte ding te doen, is meer verrykend en bevredigend as wat hulle dink.
Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories
oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy
sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy
ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook
verslind.
'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
"Feliks het gelukkig in Boek 1 sy klein maatjie, Matroos Muis geind nadat die soek geraak het in Storieland ... maar sy geliefde skip, die Skattejag is intussen gesteel deur Kaptein Klou! Tiengelieng die koperfeetjie help Feliks om verder deur die stories te soek na sy skip. Hulle los die raaisel op van Die Seuntjie in die Toring en Feliks ontmoet iemand baie spesiaal in Reenboogfeetjie se Nuwe Vriend. Dalk vind hulle die keer eindelik die skat aan die einde van die reenboog ..."
Op ’n stormagtige nag arriveer ’n geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ’n waarsźer is en voorspel dat mooiweer sal volg nį die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ’n regte waarsźer of ’n bedrieėr? Asterix en die waarsźer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort sestien sal wees, haal hy alles uit om sy studentevlieenierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant. Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieenierslisensie te kry sodat hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke kan aansluit. Maar iets gebeur wat sy droom verpletter. Sy meisie, Donna Brummer, wat self ook 'n ernstige terugslag in haar lewe ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Na 'n vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery, kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself bevind. |
You may like...
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski
Hardcover
R490
Discovery Miles 4 900
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
|