![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sesde titel. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Leliesvlei se atletiekbyeenkoms le om die draai en net die heel beste atlete sal kwalifiseer om later in Kaapstad te gaan deelneem. Dit was nog altyd Jasper se groot droom om Tafelberg te sien en in die groot, onrustige branders van die see te swem! Hy begin dadelik pligsgetrou oefen, maar besef gou dat hy spykerskoene benodig as hy ’n ware 100 meter-naelloper wil wees. Hoe op aarde sal hy dit kan bekostig? En sal sy harde oefening vrugte afwerp? Kom deel in die avonture van Jasper!
'n Sjimpansee vertel van sy gunstelingboeke: van boeke oor ruimtevaarders tot boeke oor seerowers. Ja, hy hou regtig van boeke! Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke? Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees? Waarvan jy ook al hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!
'n Boek met byklanke. Die klanke sit in die knoppies. Kekkelende hekse, brullende monsters, kermende spoke … Maak hierdie boek oop en gaan 'n wereld van bangmaak-klanke binne – mits jy dapper genoeg is! Slobber, borrel, gorrel...Krrraak...Kletter, klater! Ha, ha, ha, ha!A-hoeeeeee! Klein handjies sal nie hierdie klankknoppies kan weerstaan nie.
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, ’n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie. Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenste ruimte.
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibusuitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.
'n Byna woordlose prenteboek vir jong kinders van 3-6 met kleurvolle monsters wat ware vriende is. Hulle speel, lag en liefkoos mekaar, maar hulle soek ook skoor met mekaar, en maak dan weer vrede. Die dinamiese illustrasies en woorde is deur die bekende kinderboekillustreerder Mies van Hout met oliepastel en waskryt op 'n swart agtergrond in haar kenmerkende ekspressiewe styl geteken. Dit beeld herkenbare verhoudings vir klein monstertjies uit en sluit aan by Vriende, die vertaling van Vriendjes, ook van Mies van Hout wat in 2015 deur Protea Boekhuis gepubliseer word.
Hierdie is ’n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal & Paddington by die dieretuin) Paddington – die beertjie uit Donker Peru – en sy vriend besoek ’n kunsuitstalling, wat Paddington daar en dan laat besluit om ook te skilder. Hy hoop dat iemand sy skilderye sal koop, maar wag so lank dat hy uiteindelik aan die slaap raak. Toe hy wakker word, wag daar egter vir hom ’n groot verrassing. Op ’n dag beland Paddington in die hospitaal, maar hy lei aan geheueverlies en kan glad nie onthou hoe hy seergekry het nie. Sal hy ooit weer sy geheue herwin?. Paddington, Jonathan en Judy gaan dieretuin toe. Maar o wee: “Troeteldiere” word nie toegelaat nie! Paddington is tog nie ’n troeteldier nie? Hy is dan deel van die Brown-gesin!. Paddington-beer se stories vermaak kinders regoor die wereld al vir meer as vyf dekades.
Op 'n dag kom Tannie Frieda nie weer terug nadat sy die vullis gaan uitsit het nie. Wat nou? 'n Klein chinchilla gaan kuier graag by Tannie Frieda het is nou in 'n penarie. Hoe gemaak as daar gevaar is in die lug om die woonstelblok waar sy woon? Dit is ’n lekker spannende boek wat kinders sal laat omblaai tot op die heel laaste bladsy!
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
"Kom-kom-kom!" miaau 'n eenoog-afbeenkat. " Ek is die berrroemde Kolonel Klou, hoogleraarrr-professorrr-grootkokkedoorrr van die Landelike Universiteit vir indrukwekkende spogkatte! Op die prrrogram vir die week: Maandag, waagmoed en aptyt! Dinsdag, higiene en vryheid...” Kolonel Klou is op sy stukke. Een of ander tyd breek die dag aan waarop alle klein katjies in die wereld hulle ouerhuise moet verlaat om die kuns van katwees te gaan leer. Dis die lot wat klein Hansie Slim een Sondagmiddag in Desember te beurt val. 'n Skreeusnaakse prenteboek oor al die stoute goed wat klein katjies by L.U.I.S. (Landelike Universiteit vir Indrukwekkende Spogkatte) gaan leer voordat hulle in 'n mens se huis kom woon.
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou. 'n Onderwysersgids is beskikbaar.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.
Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.
Die wind skep die nota en dit kom op Meneer Snippel se fiets te lande. Meneer Vogel is vreeslik bly hieroor. Hy vra: “Kan dit waar wees? Kan ek dit sommerso saamneem?” Meneer Snippel pluk nog appels in die boom en roep van bo uit die takke: “Ja, sekerlik, neem gerus, neem gerus!” “Dankie!” roep Meneer Vogel. “Tot siens!” roep albei, en Meneer Vogel ry met die fiets weg. Meneer Snippel sit 'n nota met die woorde “Neem gerus!” Op 'n mandjie appels sodat sy bure daarvan sal saamneem, maar as die wind die briefie skep, lei dit tot 'n reeks misverstande... |
You may like...
Semi-Lagrangian Advection Methods and…
Steven James Fletcher
Paperback
R3,338
Discovery Miles 33 380
Alternative Fuels in Ship Power Plants…
Xinglin Yang, Zongming Yang, …
Hardcover
R1,747
Discovery Miles 17 470
Wireless Public Safety Networks 2 - A…
Daniel Camara, Navid Nikaein
Hardcover
R2,677
Discovery Miles 26 770
Culturally Competent Engagement - A…
Edward J. Brantmeier, Noorie K. Brantmeier
Hardcover
R2,454
Discovery Miles 24 540
|