0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,371)
  • R100 - R250 (3,011)
  • R250 - R500 (1,403)
  • R500+ (222)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Hoe Om Jou Draak Te Tem 12: Hoe Om 'n Draak se Toorn Te Tem (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 12: Hoe Om 'n Draak se Toorn Te Tem (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldernhuys
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om 'n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!. Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorle en boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar 'n bedrieer in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

Soektog in Katoren (Afrikaans, Paperback): Jan Terlouw Soektog in Katoren (Afrikaans, Paperback)
Jan Terlouw; Translated by Daniel Hugo
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 6 - 10 working days

Katoren, veertig jaar nadat koning Stach die troon bestyg het. Die sestienjarige bokwagter Koss reis deur die land op soek na ’n man wat as seuntjie ontvoer is – en ’n hele nuwe wereld van geld, reels en skynheiligheid gaan vir hom oop. Aanvanklik is Koss net 'n toeskouer wat hom oor alles verbaas ... maar dan raak hy verlief op Vulcana, en deur haar geinspireer, teken hy op 'n drastiese manier protes aan teen die onreg. Sal Koss uit die moeilikheid kan ontsnap waarin die protes hom dompel?

Valk in die kraaines (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Valk in die kraaines (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Aasvoels van die see (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Aasvoels van die see (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Matilda (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Matilda (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . . Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Jasper En Die Ruimtemanne - Boek 5 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper En Die Ruimtemanne - Boek 5 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die vyfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Jasper en Ferdinand onderneem onverwags ’n verbluffende, indrukwekkende reis na die buitenste ruim. Hulle maak kennis met vlieende pierings en ruimtemanne, en verken die planeet Mars. Maar is die ruimtemanne hulle goedgesind en sal hulle die ruimtemiere kan uitoorle? En die belangrikste van als: Kan hulle lewe op aarde van uitwissing red? Kom deel in die avonture van Jasper!

I Love to Keep My Room Clean (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... I Love to Keep My Room Clean (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type... I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R661 Discovery Miles 6 610 Ships in 18 - 22 working days
Willie die dromer (Afrikaans, Hardcover): Anthony Browne Willie die dromer (Afrikaans, Hardcover)
Anthony Browne; Illustrated by Anthony Browne; Translated by Shane Kleyn
R67 Discovery Miles 670 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie slim boekie oor die dromende sjimpansee Willie, gee Anthony Browne 'n speelse knik in die rigting van skilders soos Henri Rousseau en Salvador Dali, wie se kunswerke 'n mens dikwels eerder aan drome as aan die werklikheid herinner. Willie hou daarvan om te droom. Hy droom dat hy 'n filmster is; 'n skilder, 'n balletdanser ... Hy droom van vreeslike monsters en superhelde … Willie se droomland is ’n galery van wonderlike en magiese prente. Maak die boek oop en kyk self!

Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Illustrated by Sissan Richardt; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spreeutjie agter. Wat op aarde gaan met hom gebeur? Maar op 'n koue winternag neem die klein spreeutjie die saak in sy eie vlerke. Hy gaan leer om te fluit...

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R661 Discovery Miles 6 610 Ships in 18 - 22 working days
Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Fiel van der Veen; Translated by Daniel Hugo
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Niemand het nog ooit die Rooi prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in. “Hoe vreeslik!” dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou se sy is die Rooi prinses. En dit gee iemand 'n blink idee...

Amanda and the Lost Time (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... Amanda and the Lost Time (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R645 Discovery Miles 6 450 Ships in 18 - 22 working days
My Familie - 'n Reis Deur Die Tyd (Afrikaans, Hardcover): Anna De Bode My Familie - 'n Reis Deur Die Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Anna De Bode; Illustrated by Anna De Bode; Translated by Shane Kleyn
R42 Discovery Miles 420 Ships in 6 - 10 working days
Best Books Eksamenhulp: Graad 8 Taal- en Leesoefenboek vir Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Alta Engelbrecht Best Books Eksamenhulp: Graad 8 Taal- en Leesoefenboek vir Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Alta Engelbrecht
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie oefenboek sal taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat praktiese taal- en begripsoefeninge, sommer alles-in-een. Dit sal jou taalkennis verryk en jou help om Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke en ander tekssoorte vir lekkerleesgenot terwyl jy leer.

Taalstrukture en -konvensies wat in hierdie boek behandel word, sluit in:

klankleer

woordvorming

selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde

byvoeglike naamwoorde

werkwoorde en bywoorde

ander woordsoorte soos lidwoorde, voorsetsels en voegwoorde

sinsleer

betekenisleer.

Hierdie oefenboek bied begripstoetse in elke hoofstuk met taaloefeninge wat op afdeling volg. Daar is ook agt hersieningsvraestelle vir toetsvoorbereiding sowel as ’n oefenvraestel vir eksamenvoorbereiding. Die toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture in Engels en Afrikaans sal jou voorbereid in die Afrikaans-klaskamer maak.

Onthou, hierdie oefenboek bou op die basiese taalstrukture en -konvensies wat jy alreeds begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal.

Die Best Books Eksamenhulp Graad 9 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal dek die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring.

Die antwoordstel is gratis op www.bestbooks.co.za beskikbaar.

*Ook vir gebruik deur IEB-leerders.

Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op “die buitestander/outcast”. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om “tuis” te kom. Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander – alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is opsoek na lig – hoop, uitkoms, rede. Na sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie – hy is niemand, niks, nerens.

Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Sissan Richardt
R84 Discovery Miles 840 Ships in 6 - 10 working days

Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te le en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is. Kerneels die geel kat is ’n lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

'n Nag in Wemelstad (Afrikaans, Hardcover): Rotraut Susanne Berner 'n Nag in Wemelstad (Afrikaans, Hardcover)
Rotraut Susanne Berner; Translated by Carmen Hansen-Kruger
R58 Discovery Miles 580 Ships in 6 - 10 working days

Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig – oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad erens heen en hulle beleef opwindende dinge soos ’n Boekwurmaand in die biblioteek, ’n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie ’n dief vastrek.

Boxer and Brandon (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... Boxer and Brandon (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Kidkiddos Books, Inna Nusinsky
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback): Mario Boon My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback)
Mario Boon; Fantasi Fantasi
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water. Die stewige papier sal die klein hoeveelheid water wat benodig word, goed absorbeer en die kleure sal helder en lewendig vertoon. Boonop sal die eenvoudige illustrasies die kind inspireer om die werk te kopieer en sy eie, unieke kunswerke te skep. Alle verf is veilige, groentegebaseeerde kleure.

Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Boxer and Brandon (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... Boxer and Brandon (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Kidkiddos Books, Inna Nusinsky
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sewende en laaste boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras begin al hoe meer hunker na standvastigheid: met ’n vrou en kinders in ’n huis van hul eie – sonder die gevare wat die lewe op see inhou. Gaan Lafras se seeavonture in hierdie laaste titel van die reeks tot ’n einde kom? En belangriker – sal hy uiteindelik die groot liefde vind waarna hy nog al die jare smag? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Bella & Bollie En Die Njammie-Njam-Dag, Boek 3 (Afrikaans, Hardcover): Mandy Sutcliffe Bella & Bollie En Die Njammie-Njam-Dag, Boek 3 (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Sutcliffe; Translated by Shane Kleyn
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

In die derde boekie in die reeks oor Bella en Bollie, is Bollie lus vir koek. Vandag is 'n hongerige dag en Bollie is lus vir koek. Maar Bella wil liewer gesond eet. Hoe lank sal Bollie die njammie geure kan weerstaan?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts Paperback R185 Discovery Miles 1 850
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Spel
Annerle Barnard Paperback R236 Discovery Miles 2 360
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R170 R160 Discovery Miles 1 600
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270

 

Partners