![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Sharing books and stories with your child is fun! It is a great way to build special memories and moments with your child, and can easily become a favourite part of the day.
Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!

Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.
'n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in Gr 7-9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, 'n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees.
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie? Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van hulle soos hulle dink nie...
Die My "desktop" woordeboek is ontwerp , geskryf en geillustreet vir jong kinders wat aan geskrewe taal blootgestel word. Kenmerkwe van My "desktop: woordeboek is :
Aanvullende woordelyste oor gewilde onderwerpe en temas aan die einde van die boek.
Die mans in Rose se lewe het haar almal gedrop. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal oor oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees. 'n Sorrie maak nie gesond nie is landswyd in toonaangewende boekwinkels beskikbaar en ook as e-boek te koop.
Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
Die dapper Iberiers hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliers reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pepe uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pepe trotseer ... Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die Mak Maniere van Wilde Diere is ’n boek om kinders deur die avonture van Suid-Afrika se wild te inspireer. Met stories van olifante wat trou of slange wat in knope vasgebind word, ontlok hierdie plaaslike kindertitel 'n gevoel van verwondering. Hierdie vier kortverhale, wat gemik is op ouderdomme 5-10 jaar, vorm 'n prettige wêreld van dieremanewales. Met pragtige illustrasies van Annerina de Beer; die verhale is geskryf deur 'n ma van twee met die doel om 'n liefde vir stories by Suid-Afrika se jong generasie te kweek.
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.
Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ‘n “weggooilam” wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ‘n bruin gesin in die Lange Kloof kry.
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . . |
You may like...
The World in Movement - Performative…
Alfonso Toro, Juliane Tauchnitz
Hardcover
R4,024
Discovery Miles 40 240
Worlds Apart? - Perspectives On…
Adeoye O. Akinola, Jesper Bjarnesen
Paperback
Europe in Black and White - Immigration…
Manuela Ribeiro Sanches, Fernando Clara, …
Paperback
R1,056
Discovery Miles 10 560
|