0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,372)
  • R100 - R250 (2,999)
  • R250 - R500 (1,410)
  • R500+ (223)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Dit Sukkel Maar Op Land - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Dit Sukkel Maar Op Land - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Droombos (Afrikaans, CD-ROM): Annelize Bester Droombos (Afrikaans, CD-ROM)
Annelize Bester 2
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, het daar eendag 'n baie spesiale lelie begin blom ... Maak toe jou ogies, luister fyn en kom kuier saam in Droombos. Volume 2: Pollie Poskabouter se leë possak; Kersvader se groot glips; Vaak Vaatjie Vergeetkabouter

Lees Vir My: Disney Frozen - Die Spook Van Arendal (Afrikaans, Paperback): Lees Vir My: Disney Frozen - Die Spook Van Arendal (Afrikaans, Paperback)
R64 R55 Discovery Miles 550 Save R9 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Blits: Perlemoendiewe (Afrikaans, Paperback): Nedine Blom, Adriaan Blom Blits: Perlemoendiewe (Afrikaans, Paperback)
Nedine Blom, Adriaan Blom
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by 'n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei 'n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna na skool waitress. Zander en Hannes merk een middag 'n paneelwa sonder nommerplate op. Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa!

Rommel Se Bouboek (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Se Bouboek (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Bou ’n model van Rommel se ruimtetuig en Blik i2 in 3D, deur net te vou, te sny en te plak.

Volg die instruksies. Vou op die blou lyne, sny op die rooi lyne en plak op die geel lyne.

Diere van die Orde (Afrikaans, Hardcover): Jules Howard, Fay Evans Diere van die Orde (Afrikaans, Hardcover)
Jules Howard, Fay Evans; Illustrated by Kelsey Oseid; Translated by Esta Grobler
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days
Die Antwoord-Reeks Wiskunde 'n klasteks KABV Graad 10 leerdersboek (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Wiskunde 'n klasteks KABV Graad 10 leerdersboek (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R320 R165 Discovery Miles 1 650 Save R155 (48%) In Stock
Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover): Anne De Graaf Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover)
Anne De Graaf; Illustrated by Jose Perez Montero
R349 R321 Discovery Miles 3 210 Save R28 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.

Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.

In Die Kinderbybel word die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou.

Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?

En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!

Eenders & anders Afrikaans/Nederlandse lespakket: Graad 7: Leerderboek (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Eenders & anders Afrikaans/Nederlandse lespakket: Graad 7: Leerderboek (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!

Nuwe alles-in-een: Wat die trapsuutjies gesien het: Vlak 2: Leesboek 3: Graad R (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de... Nuwe alles-in-een: Wat die trapsuutjies gesien het: Vlak 2: Leesboek 3: Graad R (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R94 Discovery Miles 940 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Aanleer van kleure, raaksien van kleure in die natuur. Fonemiese bewustheid – aanvangsklank van elke kleur.

Nuwe Alles-In-Een: Name, name, name: Vlak 7: Leesboek 4: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback): Zelda Vorster,... Nuwe Alles-In-Een: Name, name, name: Vlak 7: Leesboek 4: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback)
Zelda Vorster, Marina van Eeden
R94 Discovery Miles 940 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herhalende teks. Onderwyser en leerders lees saam. Konsep van die gedrukte woord, herkenning van aanvangsklanke en hoe dit geskryf word; Verskille/ooreenkomste tussen sinne wat leerders moet lees; Bewusmaking van aanvangsklanke in geselekteerde woordeskat.

Nuwe Alles-In-Een: Olifant soek 'n huis: Vlak 4: Leesboek 2: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback): Zelda... Nuwe Alles-In-Een: Olifant soek 'n huis: Vlak 4: Leesboek 2: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback)
Zelda Vorster, Marina van Eeden
R94 Discovery Miles 940 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herken en lees getalname een, twee en drie. Ontwikkeling van denkvaardighede, interpreteer en redeneer.

Nuwe Alles-In-Een: Fienie fee se skoenwinkel: Vlak 7: Leesboek 3: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback): Zelda... Nuwe Alles-In-Een: Fienie fee se skoenwinkel: Vlak 7: Leesboek 3: Graad R: Gegradeerde Leesreeks (Afrikaans, Paperback)
Zelda Vorster, Marina van Eeden
R94 Discovery Miles 940 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Leesvaardighede: Lees van links na regs, interpreteer illustrasies, aanvangsklanke van geselekteerde woorde en leestekengebruik; Woordeskatuitbreiding van verskeidenheid skoene, verskeidenheid diere in storie, versamelname en meervoude; Herkenning van getalle.

Barbie: Dalk Word Ek 'n Sjef (Afrikaans, Hardcover): Barbie: Dalk Word Ek 'n Sjef (Afrikaans, Hardcover)
R50 R43 Discovery Miles 430 Save R7 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Die swart seemeeu (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die swart seemeeu (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Marius se Merkwaardige Medisyne (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Marius se Merkwaardige Medisyne (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback): Nicolaas Faasen Pharos Afrikaansgids - Naslaanlyste en Taalreëls Volgens die 2017-AWS (Afrikaans, Paperback)
Nicolaas Faasen
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers.

- Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome.

- Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik.

- Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.

Eenders & anders Afrikaans/Nederlandse lespakket: Graad 8: Leerderboek (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Eenders & anders Afrikaans/Nederlandse lespakket: Graad 8: Leerderboek (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R99 Discovery Miles 990 Ships in 6 - 10 working days

Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!

A Wonderful Day (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... A Wonderful Day (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Sam Sagolski, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Oxford Bilingual Illustrated Maths Dictionary (Afrikaans, English, Paperback): P. Patilla Oxford Bilingual Illustrated Maths Dictionary (Afrikaans, English, Paperback)
P. Patilla
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 6 - 10 working days

The Oxford Bilingual Illustrated Maths Dictionary is the ideal resource for learners who need help in learning and understanding the language of Maths in English when it is not their home language.

The English-Afrikaans dictionary, the latest in our full_colour, illustrated series, will help Grade 4-9 learners to understand Maths terminology by offering translations of the English headwords and definitions in Afrikaans. The Oxford Bilingual Illustrated Maths Dictionary: English-Afrikaans will help build a strong foundation for Maths excellence.

Features

  • Over 1 000 essential Maths words with clear and simple explanations
  • Topics include mathematical symbols, tables, and formulae
  • Full-colour pictures, extra words, and cross[1]references help build understanding
  • Trilingual headword lists give access to IsiXhosa and IsiZulu translations
  • Also available in English and IsiZulu, English and Setswana, English and IsiXhosa, and English and Sepedi
Die Avonture van Kuifie - Die Juwele van Bianca Castafiore (Afrikaans, Paperback): Herge Herge Die Avonture van Kuifie - Die Juwele van Bianca Castafiore (Afrikaans, Paperback)
Herge Herge; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days
Mollie Die Moedige Kat (Afrikaans, Hardcover): Judith Kerr Mollie Die Moedige Kat (Afrikaans, Hardcover)
Judith Kerr; Translated by Shane Kleyn
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days
Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover): Tienie Holloway Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover)
Tienie Holloway; Edited by Wendy Maartens; Illustrated by Alida Bothma
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood!

Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

Piekfyn Afrikaans eerste addisionele taal (KABV): Gr 7: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans eerste addisionele taal (KABV): Gr 7: Leerdersboek - 'n Geintegreerde taalteks (Afrikaans, Paperback)
R290 Discovery Miles 2 900 Ships in 4 - 6 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leestof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie en ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede.

Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ‘n neutdop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook:

• verskeie stories en inligtingstekste lees

• visuele tekste krities interpreter en verduidelik

• oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies

• hardoplees en toespraak lewer

• aandagtig en krities na inligting en stories luister

•taalstrukture en –konvensies deeglik en fouteloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik

•transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.

Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar-en eindeeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handbook voorsien- ook toetse en baie hersieningsoefeninge.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
English Targeted Practice Book…
CGP Books Paperback R125 Discovery Miles 1 250
Becoming Men - Black Masculinities In A…
Malose Langa Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230
Preaching the Story That Shapes Us
Dan Boone Paperback R473 R446 Discovery Miles 4 460
Target Acquired
Don Bentley Paperback R330 R261 Discovery Miles 2 610
Cancer, Stress & Mindset - Focusing the…
Brandon Lagreca Hardcover R579 R533 Discovery Miles 5 330
Revival Breakthrough - Preparing for…
James W. Goll Paperback R389 R365 Discovery Miles 3 650
The ABC Book - Write + Wipe
Todd Parr Hardcover R240 Discovery Miles 2 400
The Pope and the Pandemic - Lessons in…
Agbonkhianmeghe E. Orobator Paperback R440 R407 Discovery Miles 4 070
Handwriting Practice for Kids - Capital…
Clever Kiddo Hardcover R587 R546 Discovery Miles 5 460
Blues For The White Man - Hearing Black…
Fred de Vries Paperback R304 Discovery Miles 3 040

 

Partners