![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herhalende teks. Onderwyser en leerders lees saam. Konsep van die gedrukte woord, herkenning van aanvangsklanke en hoe dit geskryf word; Verskille/ooreenkomste tussen sinne wat leerders moet lees; Bewusmaking van aanvangsklanke in geselekteerde woordeskat.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herken en lees getalname een, twee en drie. Ontwikkeling van denkvaardighede, interpreteer en redeneer.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Aanleer van kleure, raaksien van kleure in die natuur. Fonemiese bewustheid – aanvangsklank van elke kleur.
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Die Pharos Afrikaansgids bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls en is KABV- geskik. Dit dek die belangrike taalsake wat oor leerders se pad kom en is 'n praktiese, alledaagse gids vir voorgraadse studente en ander taalgebruikers. - Deel A bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleining, intensiewe vorme, vergelykings en idiome. - Deel B is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en enkele voorbeelde verduidelik. - Deel C bevat nuttige inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die konstruksie van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes.
Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende ontdekkingstog!
The Oxford Bilingual
Illustrated Maths Dictionary is the ideal resource for learners who
need help in learning and understanding the language of Maths in
English when it is not their home language.
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood! Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.
Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE … Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry? Hulle volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarlik as ooit … En iemand gaan hulle verraai … Is jy gereed om drie keer te klop?
Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leestof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie en ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas. Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ‘n neutdop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: • verskeie stories en inligtingstekste lees • visuele tekste krities interpreter en verduidelik • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies • hardoplees en toespraak lewer • aandagtig en krities na inligting en stories luister •taalstrukture en –konvensies deeglik en fouteloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik •transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf. Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar-en eindeeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handbook voorsien- ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei. Die Onderwysersgids sluit in:
Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker! Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat ’n Graad 1- leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou- en taaloefeninge wat die leerder moet voltooi. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en sigwoorde te herken en te benoem. Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne. Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die leerder in staat stel om elke klank korrek te skryf. Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit in die klas sal leer volgens die vereistes van die KABV.
Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, ’n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms. Die 250 verse deur 100 bydraers sluit in bekende en nuwe skrywers soos Hennie Aucamp, François Bloemhof, Philip de Vos, Hans du Plessis, Franci Greyling, Jaco Jacobs, Lucas Malan en Fanie Viljoen. Die bundel bestaan uit drie afdelings: kleuterverse (2 tot 4 jaar), kinderverse (5 tot 7 jaar) en amper-tieners (8 tot 10 jaar). Temas wat gedek word sluit in: gesin en familie, speelgoed en troeteldiere, diere en natuur, pret en humor, tegnologie en beroep, vriendskap en verhoudings, eetgewoontes en maniere, liggaam en gesondheid, fantasie en sprokies, gril en gruwel, sport en spel, aktuele kwessies en sosiale verantwoordelikheid. ’n Lys wat die gedigte per onderwerp aandui, verskyn agterin sodat die bundel ook geskik is vir skoolgebruik.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi). In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …
Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns? Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie! Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste. |
You may like...
Fundamental Biomaterials: Polymers
Sabu Thomas, Preetha Balakrishnan, …
Paperback
Recent Advances in Smart Self-Healing…
Guoqiang Li, Xiaming Feng
Paperback
R5,431
Discovery Miles 54 310
Gold and Silver Nanoparticles…
Suban K. Sahoo, M. Reza Hormozi-Nezhad
Paperback
R4,567
Discovery Miles 45 670
|