![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Interpreteer die verskuilde boodskap in die storie (speel op veilige plekke). Prikkeling van verbeelding en geheue.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Patroonsin: Ag nee, stoute wind! Sigwoorde: Dae van die week. Aanvangsklanke van dae van die week.
Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik. Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog ’n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim! Pragtige nuwe uitgawes van hierdie klassieke kinderboeke om Roald Dahl se 100ste verjaardag te herdenk.
Dit was ’n groot dag, daardie dag van die Soccer Bid vir Twenty-Ten. In die township was dit vol by elke plek, dit was net music en colours en stemme en lag. En toe Madiba op die screen verskyn met sy oë wat skreef van die lag, toe hy die trophy hoog in die lug hou – net daar het die plan soos ’n weerligvoël in Senke se kop geskiet. Sy plan om vir sy Buti ’n groot surprise te gee . . . iets wat hy nooit sal vergeet nie, al word hy ’n ou mkhulu met ’n grys baardjie. Hierdie skooluitgawe is aangevul met • ’n inleiding tot die roman • woordverklarings • glossariums • verrykende materiaal • vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die KABV.
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Vertrek op ’n wonderlike avontuur saam met God!
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Lees is lekker saam met Krok en Dil! Hierdie prettige reeks is die perfekte beginpunt om 'n lewenslange liefde vir lees te koester. Die vlak 1 pak sluit boeke 1-10 in die KROK EN DIL leesreeks deur topverkoperskrywer Jaco Jacobs in.
Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is
die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets
doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom
moet ek bid?
Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor ... Storieman is daar! In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos “Wikus te Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die standvastige bliksoldaatjie” en “Die keiser se nuwe klere.” Kom lag lekker saam met stories soos “Liewe Heksie en die Koekoekie” en “Spokie van Boosgelegen” en word betower deur sprokies soos “Elf wilde swane”, “Die tonteldoos” en “Die Groen Jonkvrou van die meer”.
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.
Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is 'n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water? |
You may like...
Herbal Bioactive-Based Drug Delivery…
Inderbir Singh Bakshi, Rajni Bala, …
Paperback
R3,967
Discovery Miles 39 670
Supportive Care in Heart Failure
James Beattie, Sarah Goodlin
Hardcover
R4,156
Discovery Miles 41 560
Learn Unity 2017 for iOS Game…
Allan Fowler, Philip Chu
Paperback
Advances in physiologic pacing, An Issue…
Kenneth A. Ellenbogen, Pugazhendhi Vijayaraman, …
Hardcover
R1,653
Discovery Miles 16 530
Cardiac Surgery Procedures
Andrea Montalto, Antonio Loforte, …
Hardcover
R3,065
Discovery Miles 30 650
|