0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (263)
  • R50 - R100 (1,389)
  • R100 - R250 (3,012)
  • R250 - R500 (1,402)
  • R500+ (223)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Staple bound): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Staple bound)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Leesboek 3: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Leesboek 3: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Leesboek 1: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 2 Leesboek 1: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 1: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 3 Boek 1: Gr 3: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Boek 2: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days
Raaiselsee (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselsee (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie­, avontuur­ en spookverhaal is.

Jungu Josh 2: Die Kryger Van Aboemondja (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 2: Die Kryger Van Aboemondja (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand – Masjeba, die bose heks – in die tronk te besoek. Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar in Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

Krok en Dil Vlak 2 Boek 1 - Wat Doen Jy Met My Boek? (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Krok en Dil Vlak 2 Boek 1 - Wat Doen Jy Met My Boek? (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Nadia du Plessis
R50 R46 Discovery Miles 460 Save R4 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.

Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Grilgrypers 6: Die Geheim Van Die Spookwerf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 6: Die Geheim Van Die Spookwerf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .  

Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 7: Die Lama-Drama (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller 1
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Lotta se klas gaan op ’n uitstappie na ’n veldskool op ’n eiland. Die plek behoort aan ’n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs ’n lama. Maar daar’s ook ’n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak ...en haar blokfluit. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!

Asterix En Die Vercingetorix Se Dogter (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny, A. Uderzo Asterix En Die Vercingetorix Se Dogter (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny, A. Uderzo
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Pandimonium en opstand wink op die horison!

Die berugte Galliese hoofman Vercinegetorix se dogter word deur die Romeine gesoek. Sy gaan kruip weg in 'n klompie ontembare Galliërs se dorpie - die enigste plek waar sy veilig is. Natuurlik sorg hierdie tienermeisie, Adrenalien, vir naelbytoomblikke!

Die Vercingetorix Se Dogter is die 38ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski: Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R230 R205 Discovery Miles 2 050 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibusuitgawe bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski moet uitvind waarom sy gunsteling-kougom uit Olga se winkel verdwyn, die geheim van ’n vlieënde blou rubberkoei ontrafel en 'n vreemde pienk spook op die skoolgronde vastrek.

Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, De Wet Hugo Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, De Wet Hugo
R160 R109 Discovery Miles 1 090 Save R51 (32%) Ships in 5 - 7 working days

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.

So stil soos 'n muis (Afrikaans, Paperback): Karen Owen So stil soos 'n muis (Afrikaans, Paperback)
Karen Owen; Illustrated by Evgenia Golubeva
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Vinnige jakkals en stadige slak (Afrikaans, Paperback): Lou Treleaven Vinnige jakkals en stadige slak (Afrikaans, Paperback)
Lou Treleaven; Illustrated by David Creighton-Pester
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Amper Einstein (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Amper Einstein (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

Vreesvanger (Afrikaans, Paperback): Brigette Labuschagne Vreesvanger (Afrikaans, Paperback)
Brigette Labuschagne; Illustrated by Stephen Wallace
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

Wie sal JY bel as jou grootste vrese waar word?

Henri dink dit spook in Skilliepark. Ligte flikker, goed verdwyn, en vreemde geluide hou hom snags wakker. Maar wanneer sy eienaardige buurman oom Charl en die snipperige Amelia hom die waarheid vertel, ontdek Henri iets veel ergers as spoke...

Dit is Vrese – werklike vrese wat uit mense se gedagtes ontsnap en moles maak in die regte wêreld. Boonop is Henri blykbaar een van die min mense wat Vrese kan sien – en kan help om hulle te vang.

Maar om ‘n Vreesvanger te word is nie so maklik nie.

Die hond en die jakkals (Afrikaans, Paperback): Jenny Jinks Die hond en die jakkals (Afrikaans, Paperback)
Jenny Jinks; Illustrated by Hannah Wood; Edited by Fantasi Fantasi
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is dag en Hond is wakker. Hond wil met Jakkals speel, maar Jakkals is aan die slaap. Sal Jakkals opstaan om te speel? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Koel eend & Baie hoede (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dale Koel eend & Baie hoede (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dale; Illustrated by Giusi Capizzi; Edited by Fantasi Fantasi
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Koel Eend - Kat kry warm, maar dan sien hy vir Eend. Eend is koel! Baie Hoede - Dit is ’n winderige dag. Jan en sy gesin dra baie hoede! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Aandster en die meermin (Afrikaans, Paperback): Karen King Aandster en die meermin (Afrikaans, Paperback)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks; Edited by Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
My Eerste Boek oor Letters (Afrikaans, Paperback): Angels Navarro My Eerste Boek oor Letters (Afrikaans, Paperback)
Angels Navarro; Illustrated by Laura Prim; Fantasi Fantasi
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as 'n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Die unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe maak hierdie reeks aktiwiteitsboeke 'n moet-he vir elke jong kind!

Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm Vertel Lekker Stories 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geillustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper ?Bennie Boekwurm vertel lekker stories? met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.

Ja! Kleuter Minis In Vertoonboks (Afrikaans, Paperback): Ja! Kleuter Minis In Vertoonboks (Afrikaans, Paperback)
R999 R848 Discovery Miles 8 480 Save R151 (15%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Dis Mos Nou Afrikaans - Graad 8 - 12…
Henriette Turner, Suneen Laing Paperback R352 Discovery Miles 3 520
Harry Potter en die Halfbloed Prins
J. K. Rowling Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R170 R157 Discovery Miles 1 570
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Katkenades
Dav Pilkey Paperback R275 R246 Discovery Miles 2 460
Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980

 

Partners