|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop?
Dit is die derde boek in hierdie suksesvolle reeks.
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Sê hallo vir al die plaasdiere!
Met ’n besige plaastoneel aan die een kant en duidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Sê hallo vir al die safaridiere!
Met ’n besige safaritoneel aan die een kant en uidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n
leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se
belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se
woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herken en lees
getalname een, twee en drie. Ontwikkeling van denkvaardighede,
interpreteer en redeneer.
Aandstories vir kleuters is een van die bekendste, mees klassieke
versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert
die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk
en was die kenmerkende "groot rooi boek" deel van duisende kinders se
grootwordjare. Dit is ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ook vir
ouer kinders wat al self lees, en die pragtige volkleurillustrasies
betower kinders al vir dekades lank. Buiten 14 bekende kleuterrympies,
is daar 8 immergewilde verhale: Rooikappie, Klein
Duimpie, Gouelokkies, Jan en die boontjierank, Aspoestertjie, Heidi,
Sneeuwitjie, Die lelike eendjie en Die skone slaapster. Die teks is
hersien deur Elsa Silke en sorg dat hierdie wonderlike stories weer
heerlik lees vir vandag se kind.
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis.
Maar soms wel, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS!
Hier is 'n avontuurstorie oor seerowers vir beginnerlesers in Afrikaans!
Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en
geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van
der Branders is terug met nog ’n waaghalsige seeroweravontuur. ’n
Betowerde grot vol goud hou Basjan en sy mense gevange en Matilda moet
hulle red. Maar sy moet eers verby die seehekse kom …
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie.
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige
aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee.
Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A),
Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en
eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.
Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel.
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie?
Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie...
|
|