![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Herontdek die tydlose verhaal van Die drie varkies met ons
betowerende opwipboek! Drie varkies besluit om vir hulle huisies te
bou, maar hulle sal moet oppas vir die wilde, wrede wolf.
Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling. Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red? Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Hierdie speel-speel interaktiewe prinsespartytjie-stel met stewige karton speelstukke, is ideaal vir jong nuuskierige kinders wat daarvan hou om prinses-prinses te speel. Pas die 14 speelstukke in die regte spasies of gebruik jou verbeelding terwyl jy prinses-prinses speel daarmee. Die boek het 'n gerieflike oopvouklap met stoorplek vir die 14 los speelstukke.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
Dit is dag en Hond is wakker. Hond wil met Jakkals speel, maar Jakkals is aan die slaap. Sal Jakkals opstaan om te speel? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as 'n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Die unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe maak hierdie reeks aktiwiteitsboeke 'n moet-he vir elke jong kind!
Vrugte van die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing is die
derde en finale boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer
is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar
die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
Integrasie van Bybelverhale met opvoedkundige metodiek om te help met vroeë kinderontwikkeling van kinders in skole of Sondagskole. Integrasie van Bybelverhale met opvoedkundige metodiek om te help met vroeë kinderontwikkeling van kinders in skole of Sondagskole. Elke PRETpak bestaan uit: - Ja! Kleuter Sagteband Bybel - Ja! Kleuter Aktiwiteits-& Gebedsboek - 4 x Nie-giftige Waskryte
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET … Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Ouens is nes ekstra bagasie
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
Twee uiteenlopende nagdiere leer mekaar ken en besluit om saam 'n hotel oop te maak. Erdvark is impulsief en vol planne, heeltemal anders as Ietermagô, wat eers alles wil oorweeg en die rustigheid vanself is! Hierdie storie vol humor en avontuur ondersoek die elemente wat ware vriendskap laat ontstaan. Uiteindelik is dit die vreemde klein geskenkies wat die "hotelgaste" agterlaat wat Erdvark en Ietermagô laat besef wat vriendskap werklik beteken. In Afrikaans vertaal deur Elsa Silke.
|
![]() ![]() You may like...
Advances in Heat Transfer and Thermal…
Chuang Wen, Yuying Yan
Hardcover
R5,795
Discovery Miles 57 950
Compressibility, Turbulence and High…
Thomas B. Gatski, Jean-Paul Bonnet
Hardcover
R2,406
Discovery Miles 24 060
Virtual and Augmented Reality…
Information Reso Management Association
Hardcover
R10,242
Discovery Miles 102 420
Virtual Applications - Applications with…
Peter B. Andersen, Lars Qvortrup
Hardcover
R3,026
Discovery Miles 30 260
Optimal Auxiliary Functions Method for…
Vasile Marinca, Nicolae Herisanu, …
Hardcover
R4,682
Discovery Miles 46 820
Initiation and Flame Propagation in…
Nikolai M. Rubtsov, Boris S. Seplyarskii, …
Hardcover
R2,889
Discovery Miles 28 890
Handbook of Research on the Global…
Jacquelyn Ford Morie, Kate McCallum
Hardcover
R8,058
Discovery Miles 80 580
Computational Aerodynamics and…
Tapan K. Sengupta, Yogesh G. Bhumkar
Hardcover
R3,233
Discovery Miles 32 330
Fundamentals of Wearable Computers and…
Woodrow Barfield, Thomas Caudell
Paperback
|