|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks bied sedert 2017
interessante inligting vir kinders én hul ouers en het ’n betroubare
bron vir skooltake geword. Vir die eerste keer is daar ’n versameling
van onderwerpe beskikbaar. Vind alles uit oor ons pragtige land Suid-
Afrika: ons amptelike landstale, die simboliek van ons landsvlag, ons
erfenisgebiede en nasionale simbole, die Groot Vyf, ons besonderse
plantegroei, en ons land se handel en nywerheid. Kom leer saam oor die
voedselketting, fotosintese, die watersiklus, elektriese stroombane en
die periodieke tabel, en verwonder jou aan verstommende feite en
infografika oor die planete, die melkweg, die aarde se lae, en soveel
meer.
Het jy geweet? is propvol inligting wat oud én jonk sal laat uitroep:
“Dít het ek nie geweet nie!”
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.
Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Dis ’n nuwe dag in die bosveld en leeu en sy groep dierevriende besluit
on saam on ’n avontuur te vertrek.
Wil jy saamgaan? Daar is baie prente om in te kleur,
woordsoekspeletjies, blokraaie en ander aktiwiteite.
Daar is ook ’n dubbelbladsy propvol plakkers om die pragtige landskap
agter in die boek mee te versier.
Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een
band in Afrikaans beskikbaar! Polleke het ’n kerel, Mimoen. Maar sy
geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke
se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser
is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou … Dit
is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie.
Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en
Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe
gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop
het! Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke
ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die
Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in
Nederland verfilm.
Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal se
sy’s te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te
speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te
word. Op ’n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar
eie gaan verken sy die diepste deel van die woud...
’n Nuwe titel in die gewilde reeks met verskeie skuifblaaie en 'n
magdom safari-diere! Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, 'n
snaakse rymteks en verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie
stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal
van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai, is
hierdie pragtige boek propvol pret! Om gesigte te herken en kiekieboe
te speel is van die eerste speletjies wat babas speel. Dit is hoekom
die heel jongste kinders van hierdie oulike safari-tema boek sal hou -
en dit weer en weer sal wil lees.
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling.
Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red?
Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Die Meerkat-reeks klaslesers volg 'n fonetiese benadering stap vir stap en stel die voorgeskrewe klanke en latere spelkonvensies bekend. Die vordering van fonetiese vaardighede sal duidelik gesien word. Leesopdragte wat leesbegrip aanmoedig, vergesel elke leesles.
Die Meerkat-reeks klaslesers volg 'n fonetiese benadering stap vir stap en stel die voorgeskrewe klanke en latere spelkonvensies bekend. Die vordering van fonetiese vaardighede sal duidelik gesien word
Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word.
Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV
aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin
Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te
neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn
lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld,
en drie maande is baie min tyd . . .
Herontdek die tydlose verhaal van Die drie varkies met ons
betowerende opwipboek! Drie varkies besluit om vir hulle huisies te
bou, maar hulle sal moet oppas vir die wilde, wrede wolf.
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke
dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die varkies se huisies
te verken en hul slim eskapades te aanskou. Hierdie interaktiewe
boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke
storievertelling met lieflike illustrasies.
Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie
bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer
en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein
Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n
groot verrassing op hulle . . .
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei.
Elke dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die knus
beerhuisie te verken en Gouelokkies se nuuskierige eskapades te aanskou.
Vir meer as ‘n dekade reeds deel Carike Keuzenkamp en haar geliefde
karaktertjies, Ghoeghoe and Ghoempie, waardevolle lewenslesse met
Suid-Afrikaanse kinders; vermaak sy hulle en wys hulle
terselfdertyd dat die lewe bedoel is om vol pret en geluk te wees.
In haar nuutste boek, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in
Bybelland, deel sy van haar gunsteling Bybelstories. Getrou aan
haar strewe om geloof in die daaglikse lewe van toepassing te maak,
word elke Bybelstorie vergesel van ‘n moderne verhaaltjie waarin
Ghoeghoe en Ghoempie kinders op ‘n praktiese manier wys hoe om
hulle geloof uit te leef. ‘n Bonus is die gratis CD waarop sy die
Bybelstories voorlees, met drie liedjies uit haar gouestatus-CD,
Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland.
Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle 'n onverwagse
besoeker kry. Hulle ontdek 'n oulike katjie in die tuin. Waar kom
sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry?
Hulle sal egter vinnig 'n plan moet maak, want Minki se hond,
Spaghetti, hou glad nie van die nuwe kuiergas in die huis nie!
Intussen kry Minki 'n nare verrassing toe haar klas 'n belangrike
projek moet doen ... Kort voor lank waai die hare behoorlik!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind
wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis
mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel
kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke
bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop
spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige
krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in
beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee
dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer
lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om
toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het
grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in
Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir
hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke
fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die
Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat
vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met
hope humor."
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur
soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur
s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan ’n
suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op ’n
dag ’n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
|
|