![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?
Die Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere. Die volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, 'n "Verwonder jou'' gedeelte, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.
Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag … Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan … Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos "eu", "ie" en "ou" bekend. Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.
Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou
hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar
vir hom in gedagte het nie.
Wie het Demi Crowley vermoor? Ses vriende woon 'n musiekfees in die
Cederberg by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi
Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na 'n musiekfees vir
die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste
nag van hulle lewens te wees, verander in 'n nagmerrie wat nie een van
hulle ooit sal vergeet nie. Skerwe is 'n holderstebolder, wegholverhaal
oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.
Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.
Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001). Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
• Vir graad 8 tot 12 en verder.
Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God ‘n band te vorm; 'n Christelike waarde wat die verhaal versterk; En 'n vraag om kinders te help om te verbaliseer; Wat hulle gelees, gehoor en verstaan het.
Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word. Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder
Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met dertig splinternuwe 3D en 2D volkleuraktiwiteite. ’n Verwyderbare handleiding in die middel van dié boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit en tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Dit verduidelik ook hoe die handwerkaktiwiteite aangepak moet word. Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam", "Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon". Die verskillende ouderdomme voorskoolse kinders verskil geweldig van mekaar ten opsigte van liggaamlike en emosionele ontwikkeling. Daarom is al die wenke duidelik gegradeer vir peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R. Die Voorskoolse aktiwiteitsboek 1 en 2 is al wat u nodig het om leermateriaal vir kinders van 18 maande tot vyf jaar te bied. Dit word ook in Graad RR (groep 3) gebruik.
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan
nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige
toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die
tweeling dalk iets daarmee te doen …?
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en
leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Unlock the chest and discover the wonderful world of treasure cove stories. These timeless books will nurture a child’s imagination and help develop a lifelong love of reading.
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum. |
![]() ![]() You may like...
Frege's Notations - What They Are and…
Gregory Landini, Michael Beaney
Hardcover
R1,515
Discovery Miles 15 150
New Approaches to Data Analytics and…
P. Karthikeyan, Polinpapilinho F. Katina, …
Hardcover
R7,251
Discovery Miles 72 510
The Arts and Crafts of Literacy…
Andrea Brigaglia, Mauro Nobili
Hardcover
R4,234
Discovery Miles 42 340
Handbook of Research on Automated…
Mrutyunjaya Panda, Harekrishna Misra
Hardcover
R8,424
Discovery Miles 84 240
Advances in Parallel and Distributed…
James J (Jong Hyuk) Park, Gangman Yi, …
Hardcover
Risk-Sensitive Reinforcement Learning…
Prashanth L. A., Michael C. Fu
Paperback
R2,292
Discovery Miles 22 920
|