0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (260)
  • R50 - R100 (1,391)
  • R100 - R250 (3,031)
  • R250 - R500 (1,403)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap (Afrikaans, Hardcover): Louie Giglio Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap (Afrikaans, Hardcover)
Louie Giglio
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere.

Die volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, 'n "Verwonder jou'' gedeelte, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.

Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag …

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan …

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.

Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Illustrated by Jeff Kinney
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar vir hom in gedagte het nie.

Wanneer Greg se partytjieplanne begin uitrafel, hoop hy nog sy verjaardagwens word waar – ’n gesogte ruilkaart wat ’n fortuin werd is. Die probleem is dat hy nie alleen is wat daarvan droom nie. Die kanse is skraal dat hy dit gaan opraap.

Gaan Greg se verjaardagdrome waar word? Of gaan hy leer om versigtig te wees waarvoor hy wens?

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Tippie en die Leer (Afrikaans, Paperback): Jose Palmer, Reinette Lombard Tippie en die Leer (Afrikaans, Paperback)
Jose Palmer, Reinette Lombard; Illustrated by Zinelda McDonald
R57 Discovery Miles 570 Ships in 7 - 11 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos "eu", "ie" en "ou" bekend. Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.

Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3: Leesboek 1 (Afrikaans, Staple bound): J. Anker, I. Lewis, T. Morris Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3: Leesboek 1 (Afrikaans, Staple bound)
J. Anker, I. Lewis, T. Morris
R71 Discovery Miles 710 Ships in 5 - 10 working days
Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback): Leon-Ben Lamprecht Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback)
Leon-Ben Lamprecht; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou!

Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.

Klasgids (Hoërskool): Tegnologie in die Klas - Begripstoetse, Luistertoetse (Afrikaans, Paperback): Klasgids (Hoërskool): Tegnologie in die Klas - Begripstoetse, Luistertoetse (Afrikaans, Paperback)
R180 R99 Discovery Miles 990 Save R81 (45%) In Stock

Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.

Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Klaskameraad Studiegids: Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Klaskameraad Studiegids: Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge; Translated by Zelda Bezuidenhout; Compiled by Marie Jacobs
R140 R132 Discovery Miles 1 320 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wie het Demi Crowley vermoor? Ses vriende woon 'n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na 'n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in 'n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie. Skerwe is 'n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.

Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en ​Liewe Heksie en die rekenaar ​(2001).

Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!

Huppelkind (Afrikaans, Paperback): W.O. Kuhne Huppelkind (Afrikaans, Paperback)
W.O. Kuhne
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

X-Kit Presteer Essensiele Verwysings Gids Afrikaans 2024 - Graad 8 - 12 (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): M Peacock,... X-Kit Presteer Essensiele Verwysings Gids Afrikaans 2024 - Graad 8 - 12 (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
M Peacock, R. Scheepers, T. McLachlan, R.H. Gouws, O. Hendry, … 2
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 5 - 10 working days

• Vir graad 8 tot 12 en verder.
• Vir Huistaal en Addisionele Taal.
• Oreenkomstig die kurrikulum.
• Propvol verduidelikings en voorbeelde.
• Wenke vir eksamenvoorbereiding.

Klasgids (Laerskool): Tegnologie in die Klas - Taal in Konteks (Begripstoetse) (Afrikaans, Paperback): Klasgids (Laerskool): Tegnologie in die Klas - Taal in Konteks (Begripstoetse) (Afrikaans, Paperback)
R180 R99 Discovery Miles 990 Save R81 (45%) In Stock

Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.

Die inhoud van die Klasgids behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Klasgids: Laerskool - Transaksionele Skryfstukke (Afrikaans, Paperback): Klasgids: Laerskool - Transaksionele Skryfstukke (Afrikaans, Paperback)
R180 R99 Discovery Miles 990 Save R81 (45%) In Stock

Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.

Die inhoud van die Klasgids behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

My Gunsteling Storie-Bybel Bundel (Afrikaans, Paperback): Ewald Rensburg My Gunsteling Storie-Bybel Bundel (Afrikaans, Paperback)
Ewald Rensburg
R209 R193 Discovery Miles 1 930 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God ‘n band te vorm; 'n Christelike waarde wat die verhaal versterk; En 'n vraag om kinders te help om te verbaliseer; Wat hulle gelees, gehoor en verstaan het.

Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback): Pieter van Zyl Ruben Namibië en Cindy - Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Zyl
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) In Stock

Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die wêreld heen bekend vir hulle Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan - op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir volkleur-dieremanewales op elke bladsy!

Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek 2 (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R222 Discovery Miles 2 220 Ships in 5 - 10 working days

Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met dertig splinternuwe 3D en 2D volkleuraktiwiteite. ’n Verwyderbare handleiding in die middel van dié boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit en tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Dit verduidelik ook hoe die handwerkaktiwiteite aangepak moet word.

Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam", "Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon".

Die verskillende ouderdomme voorskoolse kinders verskil geweldig van mekaar ten opsigte van liggaamlike en emosionele ontwikkeling. Daarom is al die wenke duidelik gegradeer vir peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R.

Die Voorskoolse aktiwiteitsboek 1 en 2 is al wat u nodig het om leermateriaal vir kinders van 18 maande tot vyf jaar te bied. Dit word ook in Graad RR (groep 3) gebruik.

Zandi Se Lied (Afrikaans, Paperback): Zandile Ndhlovu Zandi Se Lied (Afrikaans, Paperback)
Zandile Ndhlovu; Illustrated by Katlego Keokgale
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) In Stock
Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R215 R192 Discovery Miles 1 920 Save R23 (11%) In Stock

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R215 R192 Discovery Miles 1 920 Save R23 (11%) In Stock

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Red die Renoster (Afrikaans, Hardcover): Roslynne Toerien Red die Renoster (Afrikaans, Hardcover)
Roslynne Toerien; Illustrated by Julie Smith-Belton
R220 R169 Discovery Miles 1 690 Save R51 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die hart van Afrika kom ’n dringende roep, “Red die renoster!”

Met pragtige illustrasies deur Julie Smith-Belton, neem “Red die renoster” lesers op ’n reis oor die Afrikavlaktes, waar die laaste renosters steeds veg om oorlewing. Hierdie boek kombineer rym, feite en ’n passievolle boodskap van bewaring wat jong lesers sal inspireer om op te staan teen stropery en deel te word van die verandering.

Elke bladsy is ’n herinnering dat ons nog kan help. Deur die storie van hierdie majestueuse diere, ontdek kinders (en volwassenes!) hoe spanwerk, deernis en bewusmaking werklik ’n verskil kan maak.

Onder die Kremetartboom (Afrikaans, Hardcover): Roslynne Toerien Onder die Kremetartboom (Afrikaans, Hardcover)
Roslynne Toerien; Illustrated by Julie Smith-Belton
R220 R169 Discovery Miles 1 690 Save R51 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Hoog teen die horison van die Afrika-vlaktes staan ’n boom van wonder en wysheid – die kremetartboom.

Sy takke beskerm, sy wortels voed, en sy groot, stil teenwoordigheid bring lewe aan alles rondom hom Een vir een kom die diere nader: olifante, kameelperde, uile, visarende, impalas en selfs miere. Almal vind ’n tuiste onder sy reusekroon. Hier, tussen skadu en sonlig, ontdek hulle iets dieper: die krag van saamwees, die vreugde van deel, en die vrede van behoort.

Met liriese taal en asemrowende illustrasies bring “Onder die kremetartboom” hulde aan die skoonheid van Afrika en die harmonie van die natuur.

’n Hartverwarmende verhaal oor lewe, liefde en die eenheid wat alles verbind onder die boom van lewe self.

My Bybel Inkleurboek - Die Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): My Bybel Inkleurboek - Die Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
R29 R25 Discovery Miles 250 Save R4 (14%) Ships in 4 - 8 working days
123 met gans (Afrikaans, Board book): Laura Wall 123 met gans (Afrikaans, Board book)
Laura Wall; Illustrated by Laura Wall; Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) In Stock
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
HAT Afrikaans Skoolwoordeboek
Pearson Paperback R228 Discovery Miles 2 280
Dis Mos Nou Afrikaans - Graad 8 - 12…
Henriette Turner, Suneen Laing Paperback R352 Discovery Miles 3 520
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Harry Potter en die Halfbloed Prins
J. K. Rowling Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners