0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (262)
  • R50 - R100 (1,397)
  • R100 - R250 (3,024)
  • R250 - R500 (1,407)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Pharos Tweetalige Skool Woordeboek | Bilingual School Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, English,... Pharos Tweetalige Skool Woordeboek | Bilingual School Dictionary (Afrikaans-Engels/English-Afrikaans) (Afrikaans, English, Paperback)
Pharos Pharos
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

The popular Pharos Bilingual School Dictionary (2020, 9th impression) boasts a brand-new orange cover!

This dictionary contains almost 11 000 Afrikaans and English headwords with translations and full sentences. It is suitable for learners in grades 7–12 whose home language is Afrikaans or English, as well as for additional language. For this reason, headwords, phrases and expressions have been included that learners will encounter most in their school work and in everyday life.

The dictionary is easy to use, and will help learners build their vocabulary and improve grammar. Headwords are printed in bold, blue type and display word breaks and primary stress. Inflections, such as plural and past tense forms, degrees of comparison, as well as context guidance appear in full. One or more practical translations are provided for each headword and full sentences in Afrikaans and English illustrate the use of each sense of a headword.

Other user-friendly features:

  • Labels are given in brackets to help with context, for example, subject-specific words, figurative use of words, and other additional grammar guidance, such as “usually in the plural”.
  • Common phrases and expressions.
  • Abbreviations are included in the alphabetical position.
  • Word families: derivatives of root forms, together with the new part of speech (abbreviated).
  • Clear cross-references from one headword to another
  • Handy information boxes with additional information about grammar, spelling and usage.

A bonus supplement with additional information on parts of speech, words easily confused, and idioms and proverbs, makes this perfect as a one-stop reference in both the classroom and at home.
Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback): Owen Hendry Die Wilde Wereld Van Afrika - 'n Safari-Gids Vir Jong Verkenners (Afrikaans, Paperback)
Owen Hendry
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis?

Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite.

’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.

Samboksalf en ?n Draaktraan (Afrikaans, Paperback): A.M. Holder Samboksalf en ’n Draaktraan (Afrikaans, Paperback)
A.M. Holder
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.

Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie.

Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval!

Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.

Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.

Drake ... in die Karoo.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R245 R140 Discovery Miles 1 400 Save R105 (43%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 Discovery Miles 1 700 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

Katastrofe (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Katastrofe (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?

HAT Afrikaans Skoolwoordeboek (Afrikaans, Paperback): Pearson HAT Afrikaans Skoolwoordeboek (Afrikaans, Paperback)
Pearson
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 5 - 10 working days

Die HAT Afrikaanse Sakwoordeboek bevat sowat 30 000 Afrikaanse woorde en uitdrukkings, duisende voorbeeldsinne en -frases, meer as 300 illustrasies, sinonieme, antonieme, inligting oor die herkoms van woorde, intensiewe vorme, manlike en vroulike vorme, afkortings en terme vir Afrikaans Huistaal (graad 4-12) en Afrikaans Eerste Addisionele Taal (graad 6+).

Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.

Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.

So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis.

Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie.

Spreuke Vir Kleingoed (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Spreuke Vir Kleingoed (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Zinelda McDonald
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7

Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens span saam met bekroonde illustreerder Zinelda McDondald om die mees gepaste tekste uit die boek Spreuke in kinders se taal lewend te maak.

Aangevul deur 'n leestukkie, iets om te doen en 'n gebed sal hierdie boek jou kind help om die kuns van die lewe aan te leer en ’n gedissiplineerde lewenstyl te handhaaf.

Spreuke vir kleingoed is 'n aanwins op enige kind se boekrak en sal 'n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.

Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp?

Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.

Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.

Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Anderkind (Afrikaans, Paperback): Betsie van Niekerk Anderkind (Afrikaans, Paperback)
Betsie van Niekerk
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918.

As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.

Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) In Stock

Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin . . .

Maltrap (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Maltrap (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur!

Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter.

Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis.

Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!

Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Fanie Viljoen Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Fanie Viljoen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Translated by Kobus Geldenhuys
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n betowerende ondervinding, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak! Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die drakevrugteboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die drakevrugteboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.

Kompleks (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius Kompleks (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Spel (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Spel (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing.

Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal.

Een van hulle reismaats is egter ’n informant...

Vreemde Dinge Kan Op 'n Dinsdag Gebeur (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Vreemde Dinge Kan Op 'n Dinsdag Gebeur (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R140 Discovery Miles 1 400 Save R40 (22%) Pre-order

Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ’n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke.

“Gaan soek vir jou ’n boek, Barto,” sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie.

Die Boekmeisie het nog nooit ’n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ’n bal skop, is dit die begin van ’n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie.

In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ’n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding – gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer

Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Tanya Viviers Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Tanya Viviers
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 5 - 10 working days

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met tieners se smagting na aanvaarding as sentrale tema. Jong volwassenes se soeke na hul eie identiteit is ook van belang. Kanya Viljoen se toneelstuk is die titelstuk van hierdie versameling tekste.

Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as 'n "reis na nêrens" in die eerste drama in hierdie bundel. In "Reënblom" word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer mense uitkoms gee met water vir almal. Ook in "Is jy al wakker?" is dit die jonger mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle verlede te laat losbreek.

Om teen treine te skree, is 'n uitsonderlike bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot, verhoogoptredes en kunswedstryde.

Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller, Daniela Kohl Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller, Daniela Kohl
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Harry Potter en die Halfbloed Prins
J. K. Rowling Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R170 R157 Discovery Miles 1 570
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer…
Marieta Nel Paperback R260 R170 Discovery Miles 1 700
Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren
R. Goscinny, A. Uderzo Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Katkenades
Dav Pilkey Paperback R275 R246 Discovery Miles 2 460
Dis Mos Nou Afrikaans - Graad 8 - 12…
Henriette Turner, Suneen Laing Paperback R352 Discovery Miles 3 520
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370

 

Partners