![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is
’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige
toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit
lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde
vertalings in.
Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
Hierdie unieke interaktiewe kleurvol geillustreerde storieboek Bybel wil met die hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7-10 jaar help om “binne in die Bybel te klim” asof hulle self daar saam met die Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is en hoe wonderlik dit is om ’n kind van God te wees.
Kom saam op ʼn heerlike avontuur met voertuie wat op land, water en hoog
in die lug beweeg! Ontdek iets nuuts op elke bladsy: ʼn fiets met ʼn
vrolike klokkie wat lui, ʼn groot geel bus vol passasiers, en ʼn
stoomtrein wat van doer aankom.
Welkom in ʼn betowerende sprokieswêreld! In Feetjieland wag ʼn skatkis
van avonture: dans saam met die eenhoring, speel saam met die feetjie
en maak maats met ’n prinses.
Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met ʼn interaktiewe
hervertelling van Jan en die boontjierank!
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum.
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al
weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul
pa se sportdrome uitleef.
24 Bladsye inkleur pret! Gebruik die Bomani Meerkat Inkleurboek saam met albei Bomani Meerkat storieboeke om kinders te help groei in hulle verhouding met God en Sy Woord.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se ’n groot Ja! om Jesus te volg en om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak
vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n
branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle
spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles
wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin
die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in
die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai
man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en
dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat
weet nou hulle het vriende in die dorp.
’n Pretdraf?
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybel is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur 'n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook 'n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. 'n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ‘n vreugde-vervulde lewe te lei. lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en se die gebed saam met jou kind op.
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy
terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub
om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou. |
You may like...
Mathematical Modeling for Flow and…
Gedeon Dagan, Ulrich Hornung, …
Hardcover
R4,174
Discovery Miles 41 740
Kenntnisse - An Advanced German Course
Claire S a Burke, Edmund Burke, …
Paperback
R1,307
Discovery Miles 13 070
Geomechanics and Fluidodynamics - With…
Victor N. Nikolaevskiy
Hardcover
R4,208
Discovery Miles 42 080
Quantum Mechanics in the Single Photon…
Muhammad Hamza Waseem, Faizan-e-Ilahi, …
Hardcover
R2,085
Discovery Miles 20 850
|