![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie! Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en
kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en
beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir
hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in
die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasgevang in die soetste avontuur! Nuwe uitgawes van hierdie klassieke werke herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Plant die saadjies van die Skrif op ’n kreatiewe en kleurvolle manier
in jou kinders se hart!
Om oor die Bybel te leer kan soveel pret wees!
Dit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is
soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te
lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer
verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir
’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en
leer bevorder. Die Ek kan lees!-reeks is die ideale manier om jou kind
se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike
ontwikkeling aan te wakker.

Bybelstories met prettige aktiwiteite
Verf die prentjies weer en weer
’n Ware verhaal oor die fantastiese verskeidenheid in God se familie
Kinders kan nou die pret van somme en syfers kombineer met bekende
stories uit die Bybel. Daar is soveel interessante getalle wat kinders
in die Bybel kan ontdek: God het die wêreld in 6 dae gemaak. Daar is 2
van elke soort dier in die ark in. Jesus het op die 3de dag uit die
dood opgestaan.
Die Bybelstorie-aktiwiteitsboek is die ideale manier om ’n liefde vir
God se Woord by 5- tot 8-jariges te kweek. 52 bekende Bybelstories uit
die Ou en Nuwe Testament, soos Noag se ark, Josef se spesiale kleed,
Dawid en Goliat, en Jesus se geboorte, wonderwerke, dood en opstanding,
word op ’n maklik verstaanbare manier oorvertel. Elke storie sluit af
met twee aktiwiteite soos soek die verskille, soek die woorde, kleur in
volgens nommers en voltooi die prentjie. |
You may like...
Priming and Pretreatment of Seeds and…
Mirza Hasanuzzaman, Vasileios Fotopoulos
Hardcover
R4,353
Discovery Miles 43 530
Objective Soil Science
Raghavendra M Reddy, Prasad Siva P N, …
Hardcover
Theory and Practice of Soil Loss Control…
J. C. Zhang, D.L. DeAngelis, …
Hardcover
R4,042
Discovery Miles 40 420
Challenges and Applications for Hand…
Lalit Kane, Bhupesh Kumar Dewangan, …
Hardcover
R5,333
Discovery Miles 53 330
Principles in Seed Vigour Testing
Vallabhaneni Satyanarayana Rao
Hardcover
|