0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (197)
  • R50 - R100 (1,296)
  • R100 - R250 (2,754)
  • R250 - R500 (1,317)
  • R500+ (238)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback): Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback)
R19 R18 Discovery Miles 180 Save R1 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

Waar Is Ek in die Bybel? - Soek die Persoon Wat Nie in die Storie Hoort Nie (Afrikaans, Hardcover): Andrew Newton Waar Is Ek in die Bybel? - Soek die Persoon Wat Nie in die Storie Hoort Nie (Afrikaans, Hardcover)
Andrew Newton
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie prettige storieboek bevind 12 bekende Bybelfigure uit die Ou en Nuwe Testament hulself in die verkeerde storie saam met allerlei voorwerpe wat weggesteek is. Hierdie kleurvolle boek gaan ure se pret verskaf en kinders meer omtrent die Bybel leer. Elke storie handel oor 'n bekende karakter uit die Bybel soos Noag wat hulself op 'n onbekende plek, omring deur vreemde voorwerpe, bevind.

Kenmerke sluit in:

• Nuwe kinkel op soek-en-vind
• Interaktiewe soek-en-vind-uitdagings met verdwaalde Bybelkarakters
• Stel kinders bekend aan twaalf bekende Bybelverhale
• Kinders sal ure verwyl om die weggesteekte voorwerpe te vind en uit te pluis in watter storie die karakters eintlik hoort
• Lieflike verjaardag- of Kersgeskenk
• 280mm x 216mm, hardeband
• 14-punt lettergroette
• Vir kinders van 5 - 9 jaar oud

Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.

In Klein Beertjie leer om te deel wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van ’n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!

Hierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.

Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.

In Klein Beertjie leer van Paasfees vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood.

Hierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.

Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Laat jou kleinding saam met Klein Beertjie ontdek wat gebeur het die aand toe Jesus gebore is!

In Klein Beertjie ontmoet vir Baba Jesus vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie die verhaal van Jesus se geboorte. Saam verbeel hulle hulle hoe dit sou gewees het om baba Jesus in die wêreld te verwelkom.

Hierdie pragtige storieboek vir 3- tot 6-jariges sluit vrae oor die storie se tema in.

• Vertel die verhaal van Jesus se geboorte in Lukas 2 vir 3- tot 6-jariges.
• Sluit vrae oor die storie se tema in.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Welcomes Baby Jesus.

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.

Jesus En Die Kindertjies Legkaart (1000 Stukke) (Afrikaans, Jigsaw): Jesus En Die Kindertjies Legkaart (1000 Stukke) (Afrikaans, Jigsaw)
R200 R184 Discovery Miles 1 840 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Jesus en die kindertjies Bybel-legkaart is ʼn 1000-stuk kartonlegkaart, ideaal vir meisies en seuns ouderdom 12 jaar en ouer. Dit illustreer die verhaal waar Jesus die kindertjies seën, soos vervat in Markus 10:13-16, saam met die Bybelvers “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar” uit 1 Tessalonisense 5:16-18. Die legkaartstukkies en hoë kwaliteit van hierdie Bybel-legkaarte sal jou kind se fynmotoriese vaardighede en waarnemingsvermoë ontwikkel. Kinders word ook nader aan die Bybeltoneel gebring en kan nadink oor die Bybelvers terwyl hulle hierdie pragtige illustrasie voltooi.

Klein Beertjie Sing vir God (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Sing vir God (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Leer jou kleinding hoe om God te loof saam met die dierbare Klein Beertjie wat vir God ’n lied sing terwyl hy God se wonderlike skepping bewonder!

In Klein Beertjie sing vir God loop Klein Beertjie in die bos, in die veld en in die berge, en hy kan nie anders as om te sing wanneer hy na alles kyk wat God gemaak het nie.

Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges, en sal van jongs af ’n liefde vir God en sy skepping in hulle harte aanwakker.

• Help 3- tot 6-jariges om die vreugde van lof aan God te ontdek.
• 24 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Sings to God.

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Klein Beertjie Sê vir God Dankie (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Sê vir God Dankie (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n gesindheid van dankbaarheid by jou kind vestig? Hierdie pragtige storie is die perfekte manier om vir kinders te wys hoeveel vreugde ons kan ervaar wanneer ons dankie sê vir God.

In Klein Beertjie sê vir God dankie vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie die storie van Petrus en Johannes wat ’n man genees het, en hoe hierdie man op ’n wonderlike manier vir God dankie gesê het.

Dit sluit vrae oor die storie se tema in.

• Vertel die verhaal van die kreupel man wat genees is en God daarvoor geloof het in Handelinge 3.
• Help 3- tot 6-jariges om vreugde te vind daarin om vir God dankie te sê.
• Sluit vrae oor die storie se tema in.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Gives Thanks to God.

Klein Beertjie Leer Oor Liefde (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Oor Liefde (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom leer jou kleinding van liefde met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.

In Klein Beertjie leer oor liefde vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie van al die maniere waarop ons liefde kan bewys aan ander deur vir hom die storie van Moses te vertel. Moses se ma was so lief vir hom dat sy hom in ’n mandjie tussen die riete van ’n rivier weggesteek het om hom veilig te hou.

Hierdie pragtige volkleur-boekie is ideaal om kinders tussen 3 en 6 te help om aan maniere te dink waarop hulle liefde aan ander kan bewys. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.

Klein Beertjie Vertrou Op God (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Vertrou Op God (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders kry soms nagmerries en word bang vir die donker. Dan het hulle die versekering nodig dat hulle veilig is omdat God altyd by hulle is.

Klein Beertjie vertrou op God sal kleingoed help om hulle vrees in die nag te oorkom wanneer hulle leer van Josua en Kaleb, twee dapper spioene in die Bybel. Hulle het God vertrou om hulle veilig te hou – en Hy het.

Dié pragtige volkleurboek is perfek vir 3- tot 6-jariges en leer hulle om te vertrou dat God altyd by hulle is. Daar is ook vrae oor die temas in die boek en voorstelle om meer daaroor in die Bybel te leer.

Klein Beertjie Nooi ?n Nuwe Maatjie (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Nooi ’n Nuwe Maatjie (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Stel jou kleinding bekend aan die storie van Saggeus en leer hulle wat dit beteken om ander deur God se oë te sien.

In Klein Beertjie nooi ’n nuwe maatjie wil Klein Beertjie nie vir Stinkie Stink na sy verjaardagpartytjie nooi nie. Mamma Beer vertel vir hom die storie van Jesus wat vriendelik was met ’n tollenaar en hoe alles ten goede uitgewerk het.

Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges, en sal hulle leer om reeds op ’n jong ouderdom God se liefde aan ander te betoon.

• Stel jong lesers bekend aan die storie van Saggeus in Lukas 19:1-10.
• Help 3- tot 6-jariges verstaan wat dit beteken om ander te verwelkom en hoe baie barmhartigheid, liefde en gasvryheid vir ander kan beteken.
• 24 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Invites Someone New.

Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontdek God se Skepping (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het jou kind jou al ooit gevra waar diere vandaan kom, of hoekom daar wolke in die lug is? Trek jou kleinding nader en vertel vir hom of haar hoe God die lug, see, berge, strande en alles in die heelal geskep het!

In Klein Beertjie ontdek God se skepping vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie hoe God alles in die heelal geskep het soos Genesis 1 ons leer. Ontdek saam met Klein Beertjie hoe God die leë wêreld vol lewe gemaak het – en selfs klein beertjies net soos hy geskep het.

Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges en leer hulle meer oor die wonder en doel van God se skepping. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Explores God’s Creation.

Krok En Dil 5 - In Die Lug (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 5 - In Die Lug (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R45 R41 Discovery Miles 410 Save R4 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 7 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Aletha de Klerk Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 7 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Aletha de Klerk
R240 R210 Discovery Miles 2 100 Save R30 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.

Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná ’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n taai Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . . . Vrydag!

Net toe Justin dink sy woeste week kan nie woester word nie, bereik hy ’n nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!

Hallo, Kleuterskool! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback): Townhouse Publishing Hallo, Kleuterskool! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback)
Townhouse Publishing
R95 R90 Discovery Miles 900 Save R5 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Gaan jou kind binnekort kleuterskool toe? Dis so opwindend! Maar dit beteken baie dinge gaan verander.

Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op kleuterskool met boeiende aktiwiteite wat kreatiwiteit stimuleer en emosionele uitdrukking aanmoedig. Met 'n mengsel van prettige en grondliggende vaardigheidsbou, verseker hierdie boek dat kinders gereed en opgewonde is vir hierdie nuwe avontuur.

Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

"Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was woes, en nou is dit . . . Donderdag.

Justin is steeds teen sy sin ’n internetsensasie en mense van oor die wêreld vergaap hulle aan al sy vernederendste oomblikke. Verder word hy met iemand anders verwar en boonop ontvoer en afgepers. Ons arme held gaan tot die uiterste beproef word!"

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 8 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Frans Mostert Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 8 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Frans Mostert
R240 R210 Discovery Miles 2 100 Save R30 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za

Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback): William Oosthuizen Wim Vermaak maak 'n plan (Afrikaans, Paperback)
William Oosthuizen
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.

Meerkatreeks: Faan Haas Land In Die Pot (Graad 1) (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Meerkatreeks: Faan Haas Land In Die Pot (Graad 1) (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R168 R158 Discovery Miles 1 580 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Meerkat-reeks klaslesers volg 'n fonetiese benadering stap vir stap en stel die voorgeskrewe klanke en latere spelkonvensies bekend. Die vordering van fonetiese vaardighede sal duidelik gesien word. Leesopdragte wat leesbegrip aanmoedig, vergesel elke leesles.

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Marnel Agenbag Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Marnel Agenbag
R240 R210 Discovery Miles 2 100 Save R30 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, pamflette en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za

Klein Woordeboek/Little Dictionary (Afrikaans, English, Paperback): Pharos Klein Woordeboek/Little Dictionary (Afrikaans, English, Paperback)
Pharos
R180 R159 Discovery Miles 1 590 Save R21 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is ’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde vertalings in.

Met meer as 17 000 Afrikaanse en Engelse trefwoorde, asook sowat 10 000 afleidings wat die hedendaagse Suid-Afrika weerspieël, is dit 'n moderne bron wat die dinamiese aard van beide tale vasvang.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Essence of Systems Analysis and Design…
Priti Srinivas Sajja Hardcover R2,259 Discovery Miles 22 590
Farm Killings In South Africa
Nechama Brodie Paperback R397 Discovery Miles 3 970
Management Of Information Security
Michael Whitman, Herbert Mattord Paperback R1,406 R1,302 Discovery Miles 13 020
Adobe Photoshop CC for Photographers…
Martin Evening Hardcover R6,808 Discovery Miles 68 080
Data Prefetching Techniques in Computer…
Pejman Lotfi-Kamran, Hamid Sarbazi-Azad Hardcover R4,979 R4,168 Discovery Miles 41 680
Intelligent Methods in Signal Processing…
Domingo Docampo, Anibal Figueiras-Vidal, … Hardcover R1,715 Discovery Miles 17 150
Distributed Graph Analytics…
Unnikrishnan Cheramangalath, Rupesh Nasre, … Hardcover R4,236 Discovery Miles 42 360
Shape in Picture - Mathematical…
Ying-Lie O, Alexander Toet, … Hardcover R8,690 Discovery Miles 86 900
Stochastic Dynamics of Crystal Defects
Thomas D Swinburne Hardcover R2,873 Discovery Miles 28 730
Computer Algebra in Scientific Computing…
Victor Gregor'e Ganzha, Ernst W. Mayr, … Hardcover R2,625 Discovery Miles 26 250

 

Partners