|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
'n Seun word groot in die platteland waar die lewe hemel is, totdat
sy pa sterf. Hy word weggeskeur van Zoar en verhuis na Mitchells
Plein waar hy kennis maak met sy passie (DJ) maar ook verstrengel
raak in dwelms. Hy vind bevryding en word 'n suksesvolle DJ.
Hierdie boek vertel aan tieners dat daar hoop is, al is die lewe
hel. Hierdie boek bied regte hoop aan duisende dwelm verslaafde
Suid-Afrikaners.
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om Graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur 'n meisie. Sy tweelingsussie wil opsluit deel word van Mars One sending na Mars. Hul verstrooide ouma val vir 'n internetslenter en dan is daar Harold, sy ma wat kuns doseer se menslike geraamte, wat die studente in opstand bring en konflik tussen sy ouers saai. Dalk is Wim se LO-taak die antwoord om dinge weer op koers te kry.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Billy is one of four teens chosen as the finalists in the Wild2Save Eco competition. They get to spend a long weekend in the Kruger National Park, competing to win a bursary to study conservation. But even on their first night in the bushveld, they run into a group of rhino poachers and land in grave danger. With the help of a mysterious "boy" and the Whistleblower, the four friends are able to thwart the poachers' plan and expose the villains.
Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters - met 'n fokus op gedramatiseerde poësie - verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer.
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .
Die boek is gemik daarop om taalvaardighede op ’n pret,
interaktiewe manier te ontwikkel. Hierdie oefenboek se
leesoefeninge bevat uittreksels van kontemporere jeugboeke wat ’n
leerder se verbeelding sal prikkel en sal aanmoedig om met begrip
te lees. Die Nuwe Alles-In-Een Graad 4 Taal- en leesoefenboek vir
Eerste Addisionele Taal bevat alles-in-een boek – taal- en
begripsoefeninge. Hierdie oefenboek is maklik om te gebruik en
bevorder leerders se taalvermoe in die klas en by die huis.
Wikus besluit om ʼn dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste
wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik,
verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese
draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se
pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet
superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy
ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die
verkeerde hande . . .
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool
se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser
bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig.
Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde
Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe,
en die kuns van die lewe en liefde.
Zandi se familie verhuis vanaf Namibië na Suid-Afrika. Haar ergste
nagmerrie word waar wanneer haar nuwe klasmaats haar spot oor haar
Afrikaanse aksent en haar tradisionele haarstyl, maar steeds skitter
haar koperarmband asof dit haar wil herinner dat sy nie skaam moet wees
oor wie sy is nie. Wanneer sy pouses vir die boelies
Herero-volksverhale vertel en meer oor haar kultuur se tradisies leer,
besef sy haar ouma was reg: Stories het geheime kragte.
Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingdinosourusse. Met
kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek
en 'n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek
perfek vir kleuters wat aan die beweeg is.
"Dit was 'n besige dag. Tjoppie maak gereed om te gaan slaap. Hy pak sy
speelgoed weg, baljaar in die bad en lees 'n lekker slaaptydstorie.
Kom sê goeienag saam met Tjoppie, die nuuskierige hondjie!
Hierdie prettige kartonboek met pragtige illustrasies sal peuters en
kleuters help om gereed te maak vir slaaptyd."
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit
weer "normaal" sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom
uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy
weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so
uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding.
Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. 'n Diepsinnige, dog
ligte grootwordstorie.
|
You may like...
Playing Flirty
Shameez Patel
Paperback
R350
R259
Discovery Miles 2 590
American Hustle
Jennifer Lawrence, Amy Adams, …
Blu-ray disc
(2)
R528
R259
Discovery Miles 2 590
|