![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
Na links...reguit vorentoe...na regs...reguit vorentoe...na links...waaksaam bespied die meerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: Die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het die klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!'n Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokkems; Poseidon.
Kom deel in die wonderwereld van sprokies ... ’n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk en oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op ’n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in … Eendag, lank, lank gelede ...
Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe...
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!
Klein Grillie Spinnekop het baie maatjies en ’n groot familie. Hy kan glad nie verstaan waarom mense bang is vir spinnekoppe nie. Mamma, Pappa, Oom Langbeen, Tant Fiena, Spiere, Pikkie en al die ander spinnekoppe is dan glad nie so grillerig nie! Hulle kuier graag by mekaar, maak prentjies met hul spinnerakke, vertel stories, speel speletjies of bou legkaarte. Speel jy saam? In hierdie boek kan jy saam met Grillie en sy maatjies allerhande dinge maak, prentjies inkleur en raaisels oplos.
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het!
Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!
Dapper Kinders Van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef. Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het. |
![]() ![]() You may like...
Cognitive Social Mining Applications in…
Anandakumar Haldorai, Arulmurugan Ramu
Hardcover
R5,264
Discovery Miles 52 640
Developments in Mathematical and…
Alfredo Macias, Francisco Uribe, …
Hardcover
R2,607
Discovery Miles 26 070
Annual Report of the Board of Regents of…
Smithsonian Institution Board Regents
Paperback
R1,014
Discovery Miles 10 140
New Trends in the Physics and Mechanics…
Martine Ben Amar, Alain Goriely, …
Hardcover
R2,660
Discovery Miles 26 600
|