![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Iets vreesliks het in die Kalahari gebeur – die meerkatte baklei onder mekaar en is nie meer een groot, gelukkige familie nie. Wat gaan Dapper Bomani doen om die vrede te herstel? Sluit by hom aan in ’n klompie nuwe avonture. Julle gaan weer vir Thandi, ’n ou vriendin, raakloop. Maar ook ’n nuwe vriend, Makhaya die Dassie. Dan is daar nog Byevanger, die dief. Lees gerus hoe Bomani met hom te werk gaan.
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die wasgoeddraad afgewaai word – en wilde avonture beleef. Sal Tant Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!
From the bestselling author of We are one and You are Loved comes a lyrical picture book about using your imagination, making the most of every day and above all embracing the urge to play! Let's play encourages children to dream big, to discover their environment and to be creative through playing. Filled with diverse characters in proudly South African settings, this book is sure to inspire children to make up their own stories, challenge themselves to try new games and have tons of fun with their friends.
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?”
“Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”
Annemarie van Haeringen ontvang in 2000 die Nederlandse Gouden Penseel-toekenning vir hierdie boek – ’n eer wat haar ook met Malmok (1999) en Beer is op Vlinder (2005) te beurt geval het. Ander bekroonde werke van haar is Het begin van de zee en Coco of het kleine zwarte jurkje, wat onderskeidelik met ’n Zilveren Griffel en ’n Zilveren Penseel vereer is.
Beleef prettige avonture saam met dokter Slurp, die verpleeghasies, die hennesuster en die koddige pasiente van die dierehospitaal. As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Kwaaikofski lê met 'n gebreekte been in die hospitaal. En boonop besteel 'n dief almal op die kindervloer. Kwaaikofski begin die saak ondersoek - al is sy been in gips. Hy maak Monty, die seun met wie hy 'n kamer deel, sy assistent. Monty kan oral rondloop, maar hy kan nie praat nie, want sy kakebeen is gebreek. Hierdie saak gaan 'n tameletjie wees, maar Kwaaikofski laat hom nie onderkry nie!
Die eerste groen plante het in water geleef. Omdat toestande op land baie anders is as in water, sou die oudste plante eenvoudig uitdroog en nie kon regop bly sonder die ondersteuning wat water bied nie. Facto leer hoe plante ontwikkel het sodat hulle, hulle op land kon vestig en watter plante op die ou end suksesvol was en oral op land begin groei het...
Kwaaikofski verwag net een ding van skool: rus en vrede! Dit is tog die enigste plek waar ’n besige privaat speurder kan ontspan. Maar nou moet hy ondersoeke in sy eie klas doen! Die nuwe seun in die klas is in groot moeilikheid. Die oplossing is voor die hand liggend: Kwaaikofski lok die skuldiges in ’n onweerstaanbare soet lokval!
Aandstories vir kleuters is een van die bekendste, mees klassieke
versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert
die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk
en was die kenmerkende "groot rooi boek" deel van duisende kinders se
grootwordjare. Dit is ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ook vir
ouer kinders wat al self lees, en die pragtige volkleurillustrasies
betower kinders al vir dekades lank. Buiten 14 bekende kleuterrympies,
is daar 8 immergewilde verhale: Rooikappie, Klein
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
Boer Frans se plaas le lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lochner de Kock vertel van al die diere se avonture op boer Frans se plaas. Stories op die CD: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.
Ontdek die groot buitelewe in hierdie aksiebelaaide dierebordboeke met skuifblaaie op elke bladsy. Hierdie reeks bordboeke sal 'n liefde vir die natuur inspireer by selfs die kleinste diereliefhebbers. Met lewendige kunswerke gedruk op wit bord, robuuste maklik-om-te gebruik meganismes vir klein handjies en 'n rymende teks met vriendelike dierefeite, is hierdie die perfekte boeke om nuuskierige klein verkenners keer op keer te betower. In hierdie eerste safari-diereboek is daar seekoeie wat in die watergat rondrol, leeus wat in die grasvlaktes jag, kameelperde wat hoog aan blare smul en nog vele meer weses om aan al die lewe te bring met die bewegende dele. Ander titels in die reeks sluit in: Oerwoud.
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.
Sanlambeginnersprys (1997) Scheepersprys vir jeuglektuur (1998) M.E.R.-prys (1998) ’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is ’n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, ’n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer. Nou ook 'n rolprent met Ballade vir 'n Enkeling se gewilde Edwin van der Walt in die leidende rol in die rolverdeling van jong akteurs.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Hoe voel dit om ‘n tier te kielie? Lig die flappies en dalkvind jy uit …
Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die see uit te vind. Gaan kuier op die strand en bou sandkastele, kyk na die haai en die seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie swaardvisse! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan by 'n duikspan om te gaan kyk na 'n ou skeepswrak op die seebodem!
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! |
You may like...
Build The Life You Want - The Art And…
Arthur C Brooks, Oprah Winfrey
Paperback
90 Rules For Entrepreneurs - Your Guide…
Marnus Broodryk
Paperback
(4)
Do. Fail. Learn. Repeat. - The Truth…
Nicholas Haralambous
Paperback
|