![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Na links...reguit vorentoe...na regs...reguit vorentoe...na links...waaksaam bespied die meerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: Die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het die klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!'n Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.
Lora sien haarself as ‘n oplosser van probleme en droom daarvan om
eendag iets groots uit te vind. Een Saterdagmiddag maak sy ‘n nuwe
vriend en word sy betrek by die herstel van speelgoed en ‘n spesiale
pop, een wat kon praat. Maar wanneer haar familie begin swaarkry weens
omstandighede buite hul beheer, moet Lora leer om sterk te staan teen
probleme wat nie maklike oplossings het nie.
Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe...
Wie was die suksesvolste groep in die ganse diereryk? Facto vind uit waaraan geleedpotiges se sukses toegeskryf kan word en hoekom hulle as die eerste egte landdiere beskou word. Die Flixies speel 'n raaiselspeletjie oor goggas en gesels ook onder mekaar oor skaaldiere, veelpotiges, spinnekoppe en skerpioene en oor die eerste diere wat kon vlieg – insekte!
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het!
Facto lê en droom in ’n knus holte tussen die wortels van die Wonderboom. Hy wag op die Flixies om te hoor van die laaste groepe wat landlewe suksesvol kon baasraak – die voëls en die soogdiere...en hy kan nie glo wat hy alles by die Flixies hoor nie!
Weet jy hoe ’n leeuwyfie haar welpie optel? En het jy al ’n
renoster se groot pote gesien? Kom ontmoet die Groot Vyf.
’n Wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twee mak rooijakkalse ken. Maar die vrae bly knaag, oor haar ouers se dood, oor haar vervreemde, beeldskone en gewetenlose suster Jessi. Wie kan sy vertrou?
Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie
opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou
nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker.
Tjoppie hou baie van skool!
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie
die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te
help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop
skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe
energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die
Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se
spesiale kragte kan opklaar?
In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met
nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak,
moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat
van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot
help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer
en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van
alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het!
Kwax gesels met Frikkie Vleipadda wat vir hom sy familiegeskiedenis vertel. Hy vertel vir Kwax dat die oeroue amfibieëvoorvaders groot en lomp was en gesukkel het om op land te beweeg en te lewe. Die interessante deel van amfibieë is dat hulle nog nie eiers met doppe ontwikkel het nie. Hulle gaan dus terug water toe om hulle eiers daar te lê en wanneer die eiers uitbroei, kom daar vissies uit!
Die Flixies hoor in hierdie storie wat die werweldiere se wenresep was – ’n skelet binne-in die liggaam, wat van been en kraakbeen gemaak is, waaraan spiere kon vasheg. Werweldiere het unieke eienskappe gehad wat hulle aanpasbaar op land gemaak het en sodoende is talle nisse gevul wat die land nog verder vir ander lewensvorme oopgemaak het!
Ons vriende, die Flixies, leer hoe belangrik die wisselwerking tussen plante en diere is en hoe plante, soos hulle oor die aarde versprei, ook dien om grond met hulle wortels aan die aarde “vas te plak”. By blomplante is dit veral voortplanting wat baie slim ontwikkel is en die Flixies is baie beïndruk deur die maniere waarop plante hul saad versprei.
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool
gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER.
Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop
terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie
bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe te bring
na hulle skooluitstappie nie. Hierdie goed gebeur net al het hulle 'n
perfekte plan gehad om daarmee weg te kom!
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?
Die Nuwe Alles-In-Een Graad R-leesreeks neem leerders op ’n leesavontuur en is so saamgestel om lees te verryk, jong lesers se belangstelling in boeke te kweek, bied geleentheid om leerders se woordeskat en taalbegrip te ontwikkel. Fokus: Herken en lees getalname een, twee en drie. Ontwikkeling van denkvaardighede, interpreteer en redeneer.
|
You may like...
Dis Mos Nou Afrikaans - Graad 8 - 12…
Henriette Turner, Suneen Laing
Paperback
R352
Discovery Miles 3 520
|