0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (197)
  • R50 - R100 (1,288)
  • R100 - R250 (2,751)
  • R250 - R500 (1,316)
  • R500+ (239)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Foto's & Fairy Lights (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

"Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het een jaar om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná  matriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help."

Die Emmerskoplys (Afrikaans, Paperback): Helene de Clercq Die Emmerskoplys (Afrikaans, Paperback)
Helene de Clercq; Illustrated by Johann Strauss
R158 R149 Discovery Miles 1 490 Save R9 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Katie en ʼn Great Dane-brak – Krummel.

Ouma Katie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes.

Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees.

Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie se sussie (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Tjoppie is baie opgewonde - maar ook 'n bietjie op sy senuwees - om 'n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie 'n oulike klein hondjie met 'n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.

Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet 'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback): Anneke Langner Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback)
Anneke Langner
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

Opwipsprokie: Gouelokkies en die Drie Bere (Afrikaans, Hardcover): North Parade Publishing Opwipsprokie: Gouelokkies en die Drie Bere (Afrikaans, Hardcover)
North Parade Publishing
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n groot verrassing op hulle . . .

Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die knus beerhuisie te verken en Gouelokkies se nuuskierige eskapades te aanskou.

Tjoppie se Besige Dag (Afrikaans, Board book): Liz de Villiers Tjoppie se Besige Dag (Afrikaans, Board book)
Liz de Villiers; Illustrated by Vian Oelofsen
R95 R90 Discovery Miles 900 Save R5 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is 'n nuwe dag en die son skyn buite. Tjoppie en sy maats verken die tuin en baljaar in die park. Wat gaan hulle nog alles doen?

Kom speel saam met Tjoppie, die nuuskierige hondjie!

Hierdie prettige kartonboek met pragtige illustrasies sal peuters en kleuters bekendstel aan herkenbare dinge en situasies.

Hondman 5: Heerser van die Vlooie (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 5: Heerser van die Vlooie (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In die vyfde boek van die Hondman-reeks moet die "Megamakkers" met nuwe skurke afreken! Wanneer die skelms hulle verskyning maak, moet ons helde saam met 'n onwaarskynlike bondgenoot werk. Kan Ramkat van sy wrokke vergeet en vir Hondman, Kleinkat en 'n merkwaardige robot help om die vyande uit sy verlede te laat les opsê? Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.

Lees En Kyk Met Begrip: Graad 8 - Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV) (Afrikaans, Paperback): Frans Mostert Lees En Kyk Met Begrip: Graad 8 - Afrikaans Eerste Addisionele Taal (KABV) (Afrikaans, Paperback)
Frans Mostert
R147 R138 Discovery Miles 1 380 Save R9 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk.

Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings.

’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.

Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Geheim in die Riete (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Karavaanpark klink dalk na 'n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar's geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die riete, na waar 'n vriendelike seun op 'n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter,  en ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels op te klaar?

Opwipsprokie: Die Drie Varkies (Afrikaans, Hardcover): North Parade Publishing Opwipsprokie: Die Drie Varkies (Afrikaans, Hardcover)
North Parade Publishing
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Herontdek die tydlose verhaal van Die drie varkies met ons betowerende opwipboek! Drie varkies besluit om vir hulle huisies te bou, maar hulle sal moet oppas vir die wilde, wrede wolf.

Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die varkies se huisies te verken en hul slim eskapades te aanskou. Hierdie interaktiewe boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met lieflike illustrasies.

Ek gaan skool toe! (Afrikaans, Board book): Cindy Jin Ek gaan skool toe! (Afrikaans, Board book)
Cindy Jin; Illustrated by Melissa Crowton
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Maak jou kind gereed vir hulle eerste skooldag! Hierdie flappie-avontuur bevat 50 flappies en prettige rymteks.

Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kinkels En Keuses 2 - Die Belaglike Bak En Brou Bohaai (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Stephen Wallace
R165 R155 Discovery Miles 1 550 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir ​Bohaai​! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word.

Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?

My Eerste Boek Oor Plaasdiere (Afrikaans, Board book): My Eerste Boek Oor Plaasdiere (Afrikaans, Board book)
R95 R90 Discovery Miles 900 Save R5 (5%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy al 'n perd met kolle gesien? En weet jy waar varkies graag speel? Kom ontmoet al die diere op die plaas.

Peuters en kleuters leer van hulle gunstelingplaasdiere in hierdie stimulerende kartonboek.

Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback): Elizbe Van Der Colff, Chris Venter Nina-omnibus - Die Awesome Speurklub (Afrikaans, Paperback)
Elizbe Van Der Colff, Chris Venter
R305 R286 Discovery Miles 2 860 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?

Speurhond Willem in Japan (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem in Japan (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman; Illustrated by Chris Venter
R190 R165 Discovery Miles 1 650 Save R25 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Adriaan wen 'n reis na Japan, waar kinders van oor die hele wêreld 'n fees bywoon. Hy behoort seker al te weet dat die Internasionale Speurdiens gereeld die resultaat van kompetisies bewimpel soos dit hulle pas. En Willem se nuutgevonde kennis van Japannese kultuur laat Adriaan onraad vermoed . . . Hulle besef gou van die deelnemers is robotte, maar almal neem deel in kostuums uit die Menagerie-reeks. Wie is wie? Adriaan en Willem se missie is om te sorg dat die robotte nie wen nie!

Paris, ?n prinses met ?n missie (Afrikaans, Paperback): Demi-Leigh Tebow Paris, ’n prinses met ’n missie (Afrikaans, Paperback)
Demi-Leigh Tebow; Illustrated by Olga Ivanov, Aleksey Ivanov
R180 R159 Discovery Miles 1 590 Save R21 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? En sal sy haar kroon betyds terugkry om die koning te kan ontmoet? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.

Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Sny hulle in sterre uit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R210 Discovery Miles 2 100 Save R30 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Žn Aardbewing op Žn Vrystaatse myndorp laat 'n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat Žn reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie . . .

Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 6: Wild en Woes (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?

Bekroonde skrywer en kunstenaar Dav Pilkey se gewilde Hondman-reeks spreek lesers van alle ouderdomme aan en verken universele positiewe temas.

Loer binne: Dinosourusse (Afrikaans, Board book): Really Decent Books Loer binne: Dinosourusse (Afrikaans, Board book)
Really Decent Books
R215 R202 Discovery Miles 2 020 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie kartonboek is een van twee nuwe toevoegings tot die topverkoper Loer binne-reeks.

Tien lig-en-loer-flappies met versteekte verrassings gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor dinosourusse uit te vind.

Die flappies is sterk genoeg vir selfs die gryperigste handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die prettige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die verskillende dinsourusse te ontdek.

As ek jy was (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo As ek jy was (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R210 R185 Discovery Miles 1 850 Save R25 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Plaas Diere (Afrikaans, Board book)
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kom kuier op die plaas en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunstelingplaasdiere.

Daar’s baie om te ontdek!

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R220 Discovery Miles 2 200 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Doodgewone Bure (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie, Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mies van der Rohe
Claire Zimmerman Hardcover  (1)
R474 R435 Discovery Miles 4 350
Nonlinear Computational Geometry
Ioannis Z. Emiris, Frank Sottile, … Hardcover R4,489 Discovery Miles 44 890
Scaphoid Fractures and Nonunions - A…
Jeffrey Yao Paperback R2,117 Discovery Miles 21 170
Algebras, Lattices, Varieties - Volume…
Ralph S Freese, Ralph N. McKenzie, … Paperback R3,238 Discovery Miles 32 380
Advances in Exercise and Health for…
David Hollar Hardcover R4,131 Discovery Miles 41 310
A Study of Black Hole Attack Solutions…
Elahe Fazeldehkordi, I.S. Dr. Amiri, … Paperback R1,354 Discovery Miles 13 540
The Infinite and the Finite
Theophilus Parsons Paperback R487 Discovery Miles 4 870
Digital Transformation and Its Role in…
Sam B Edwards III, Diogo Santos Hardcover R5,524 Discovery Miles 55 240
Time Series Analysis - With Applications…
Jonathan D. Cryer, Kung-Sik Chan Hardcover R2,742 Discovery Miles 27 420
Arabic Christianity in the Monasteries…
Sidney H. Griffith Hardcover R4,492 Discovery Miles 44 920

 

Partners