![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
'n Boek om met 'n oulike klein mensie te deel. 'n Heerlike interaktiewe boek, geskep deur die topverkoperskrywer Camilla Reid, en geillustreeer deur die bekroonde Nila Aye. Heerlike interaktiewe lig-die-flappie boeke om met oulike babas en peuters tedeel. Beide boeke het sagte flappies en as ’n verrassing aan die einde, ’n spieëlwaarin die kleinding hom- of haarself kan bewonder.
'n Boek om met 'n oulike klein mensie te deel. 'n Heerlike interaktiewe boek, geskep deur die topverkoperskrywer Camilla Reid, en geillustreeer deur die bekroonde Nila Aye. Heerlike interaktiewe lig-die-flappie boeke om met oulike babas en peuters tedeel. Beide boeke het sagte flappies en as ’n verrassing aan die einde, ’n spieëlwaarin die kleinding hom- of haarself kan bewonder.
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon
saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n
nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy
het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet
vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat
Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies
waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle
koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand
is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie -
veral nie twee kinders nie.
Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is
’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige
toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit
lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde
vertalings in.
Hierdie unieke interaktiewe kleurvol geillustreerde storieboek Bybel wil met die hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7-10 jaar help om “binne in die Bybel te klim” asof hulle self daar saam met die Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is en hoe wonderlik dit is om ’n kind van God te wees.
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin
die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in
die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai
man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en
dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat
weet nou hulle het vriende in die dorp.
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak
vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n
branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle
spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles
wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se ’n groot Ja! om Jesus te volg en om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Minki se verjaardag is om die draai.
24 Bladsye inkleur pret! Gebruik die Bomani Meerkat Inkleurboek saam met albei Bomani Meerkat storieboeke om kinders te help groei in hulle verhouding met God en Sy Woord.
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy
terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub
om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.
Hoe voel dit om aan ‘n walvis te wikkel? Lig die flappies en dalk
vind jy uit …
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstories is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ‘n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ‘n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ‘n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ‘n vreugde-vervulde lewe te lei. lees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en se die gebed saam met jou kind op.
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier
van ‘n ander planeet!
Dis ’n nuwe dag in die bosveld en leeu en sy groep dierevriende besluit
on saam on ’n avontuur te vertrek.
’n Nuwe titel in die gewilde reeks met verskeie skuifblaaie en 'n
magdom safari-diere! Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, 'n
snaakse rymteks en verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie
stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal
van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai, is
hierdie pragtige boek propvol pret! Om gesigte te herken en kiekieboe
te speel is van die eerste speletjies wat babas speel. Dit is hoekom
die heel jongste kinders van hierdie oulike safari-tema boek sal hou -
en dit weer en weer sal wil lees. |
You may like...
High Leverage Practices for Intensive…
James McLeskey, Lawrence Maheady, …
Paperback
R933
Discovery Miles 9 330
Inclusion and Diversity - Communities…
Santoshi Halder, Garry Squires
Paperback
R1,183
Discovery Miles 11 830
Leadership for Learning - How to Bring…
Carl Glickman, Rebecca West Burns
Paperback
Knowledge Management and Research…
Lawrence J. Jones-Esan, Mir Sayed Shah Danish, …
Hardcover
R5,253
Discovery Miles 52 530
Leaders for a Movement - An Introduction…
P. Gayle Andrews, Vincent A. Jr Anfara
Hardcover
R2,990
Discovery Miles 29 900
Teaching English-Medium Instruction…
Ruth Breeze, Carmen Sancho Guinda
Hardcover
R3,188
Discovery Miles 31 880
Handbook of Culturally Responsive School…
Caroline S Clauss-Ehlers, Zewelanji N. Serpell, …
Hardcover
R4,274
Discovery Miles 42 740
Teaching-Learning dynamics
Monica Jacobs, Ntombizolile Vakalisa, …
Paperback
R618
Discovery Miles 6 180
|