0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (262)
  • R50 - R100 (1,396)
  • R100 - R250 (3,023)
  • R250 - R500 (1,406)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Kompleks (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius Kompleks (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Spel (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Spel (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing.

Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal.

Een van hulle reismaats is egter ’n informant...

Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R215 R119 Discovery Miles 1 190 Save R96 (45%) In Stock

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Tanya Viviers Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Tanya Viviers
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 5 - 10 working days

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met tieners se smagting na aanvaarding as sentrale tema. Jong volwassenes se soeke na hul eie identiteit is ook van belang. Kanya Viljoen se toneelstuk is die titelstuk van hierdie versameling tekste.

Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as 'n "reis na nêrens" in die eerste drama in hierdie bundel. In "Reënblom" word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer mense uitkoms gee met water vir almal. Ook in "Is jy al wakker?" is dit die jonger mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle verlede te laat losbreek.

Om teen treine te skree, is 'n uitsonderlike bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot, verhoogoptredes en kunswedstryde.

Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller, Daniela Kohl Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller, Daniela Kohl
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days
Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R260 R170 Discovery Miles 1 700 Save R90 (35%) In Stock

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback): Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback)
R180 R99 Discovery Miles 990 Save R81 (45%) In Stock

Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.

Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Joline de Klerk, Mia Singels Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Joline de Klerk, Mia Singels
R195 R115 Discovery Miles 1 150 Save R80 (41%) In Stock

Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel.

Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.

Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.

Spookasem (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Spookasem (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R179 Discovery Miles 1 790 Save R51 (22%) Pre-order
Donkerbloed (Afrikaans, Paperback): Elrien Scheepers Donkerbloed (Afrikaans, Paperback)
Elrien Scheepers
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R285 R159 Discovery Miles 1 590 Save R126 (44%) In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Headstart Natuurwetenskappe & Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Headstart Natuurwetenskappe & Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
R150 R80 Discovery Miles 800 Save R70 (47%) In Stock

Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word.

Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder

Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...

Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!

The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans,... The Afrikaans Handbook and Study Guide - An English Student's Guide to Afrikaans - Grades: 5 to 12 + Tertiary (Afrikaans, Paperback, 2nd Edition)
Beryl Lutrin
R370 R219 Discovery Miles 2 190 Save R151 (41%) In Stock

A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour - coded for easy understanding, recall and application.

Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R215 R119 Discovery Miles 1 190 Save R96 (45%) In Stock

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
R520 R480 Discovery Miles 4 800 Save R40 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Skatkis Stories: Disney Alice in Wonderland (Afrikaans, Hardcover): Skatkis Stories: Disney Alice in Wonderland (Afrikaans, Hardcover)
R85 R49 Discovery Miles 490 Save R36 (42%) In Stock
Wanda (Afrikaans, Paperback): Sihle Nontshokweni, Mathabo Tlali Wanda (Afrikaans, Paperback)
Sihle Nontshokweni, Mathabo Tlali; Illustrated by Burgen Thorne, Chantelle Burgen
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet vir Wanda, met haar pragtige bos hare. Sy is dapper en sterk, maar sy is ongelukkig omdat die seuns by die skool haar genadeloos terg. Deur Makhulu se haargeheime en stories leer sy egter om haar hare as 'n kroon te sien, en iets waarop sy trots kan wees. Hierdie boek gaan oor identiteit en skoonheid, en is 'n viering van hoe kultuurtrots deur generasies heen geleer en oorgedra word.

Christelientjie - Die Sonskynfeetjie Van Die Grootrivier (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Christelientjie - Die Sonskynfeetjie Van Die Grootrivier (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R190 R160 Discovery Miles 1 600 Save R30 (16%) Ships in 7 - 11 working days

In die magiese woud van die Grootrivier woon duisende feetjies, elkeen met haar eie spesiale taak. Maar die sonskynfeetjie, Christelientjie, is anders — sy is ‘n Downsindroom-feetjie met ‘n hart van goud. Sy bring lig en warmte waar sy gaan, en leer die ander bewoners van die woud dat geduld, deursettingsvermoë en vriendelikheid kragtiger is as perfeksie. Toe die trotse Kolonel Wolhuter Wurm haar as “dom” uitskel, wys sy hom dat moed en deernis die ware maatstaf van wysheid is. ’n Warm, humoristiese verhaal oor aanvaarding, diversiteit en die mooi van elke kind se unieke lig.

Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback): Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback)
Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman; Illustrated by Andreas Schurmann; Translated by Maria Smit
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 6 - 10 working days

Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en foto’s, talle notevoorbeelde, ’n register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Basketball Fun
Tyler Omoth Hardcover R657 R586 Discovery Miles 5 860
LEGO (R) Iconic: Imagine and Play…
LEGO (R), Buster Books Hardcover R420 Discovery Miles 4 200
Metallic Rock Painting
Hinkler Pty Ltd Kit R259 R199 Discovery Miles 1 990
Sudoku Games For Clever Kids
Gareth Moore, Chris Dickason Paperback  (1)
R144 Discovery Miles 1 440
Improving Image Quality in Visual…
Bin Yan, Yong Xiang, … Hardcover R2,653 Discovery Miles 26 530
Geospatial Technologies and Advancing…
Donald Patrick Albert Hardcover R4,584 Discovery Miles 45 840
Where's the Dinosaur? - A Rex-cellent…
Helen Brown Paperback  (1)
R222 R195 Discovery Miles 1 950
Combinatorial Game Theory - A Special…
Richard J. Nowakowski, Bruce M. Landman, … Hardcover R5,739 Discovery Miles 57 390
100 Facts Space
Belinda Gallagher Paperback R208 R98 Discovery Miles 980
Mental Maths Games for Clever Kids
Gareth Moore, Chris Dickason Paperback  (1)
R158 R145 Discovery Miles 1 450

 

Partners