0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (254)
  • R50 - R100 (1,259)
  • R100 - R250 (2,611)
  • R250 - R500 (1,265)
  • R500+ (248)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Kantiga Vind Die Perfekte Naam (Afrikaans, Paperback): Mabel Mnensa Kantiga Vind Die Perfekte Naam (Afrikaans, Paperback)
Mabel Mnensa
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Daar was eenmaal ’n pragtige dogtertjie met ’n hart so groot soos haar naam, Kantiga. Maar Kantiga hou nie van haar naam nie.” Toe haar ouma dit hoor, vertel sy vir haar ’n familiestorie van die towerkleipot wat lyk of dit nutteloos is omdat dit gekraak en stukkend is. Maar ons leer hoe juis hierdie swak plek dit meer as perfek maak.

Volg hierdie pragtige verhaal, vol kleur en folklore, waarin Kantiga die perfekte naam probeer vind, en op die reis meer leer van wie sy is en waar sy vandaan kom.

Kompleks (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius Kompleks (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback): Klasgids: Hoërskool - Gedigte, Gedigte, Gedigte! (Afrikaans, Paperback)
R180 R168 Discovery Miles 1 680 Save R12 (7%) In Stock

Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.

Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Vrae & Antwoorde vir die Klaskamer - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) In Stock

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller, Daniela Kohl Lotta Se Lewe 14: Red Die Eekhorings (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller, Daniela Kohl
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Tanya Viviers Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Tanya Viviers
R299 R281 Discovery Miles 2 810 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met tieners se smagting na aanvaarding as sentrale tema. Jong volwassenes se soeke na hul eie identiteit is ook van belang. Kanya Viljoen se toneelstuk is die titelstuk van hierdie versameling tekste.

Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as 'n "reis na nêrens" in die eerste drama in hierdie bundel. In "Reënblom" word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer mense uitkoms gee met water vir almal. Ook in "Is jy al wakker?" is dit die jonger mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle verlede te laat losbreek.

Om teen treine te skree, is 'n uitsonderlike bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot, verhoogoptredes en kunswedstryde.

Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Dodelikste Donuts In Die Heelal (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Joline de Klerk, Mia Singels Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Joline de Klerk, Mia Singels
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) In Stock

Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel.

Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.

Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.

Donkerbloed (Afrikaans, Paperback): Elrien Scheepers Donkerbloed (Afrikaans, Paperback)
Elrien Scheepers
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

17jarige Sybella probeer die raaisel rondom haar ma en suster se dood in ’n lugtaxi-ongeluk oplos, met die hulp van haar vriend, Jax. Haar pad kruis met Yala Uba, ’n onwettige hokvegter, Cedric Morton, ’n kuborg, en Lilith Rox, direkteur van Biotron Babas, ’n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite. Wanneer Sybella Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by donker geheime. Gaan sy uitvind wat werklik gebeur het, en watter prys gaan sy daarvoor betaal?

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 2: Koningby (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...

Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart 3: Superster (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

Engela staan uit wanneer sy ’n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op ’n natuuruitstappie en sy speel saam met ’n groep seuns op die sokkerveld!

Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback): Alan MacDonald Engela Goedhart (Afrikaans, Paperback)
Alan MacDonald; Illustrated by David Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie!

In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof ’n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by ’n spa-naweek, maar sy’s vasbeslote om haar merk te maak!

Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Faansie Peacock Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige Veldgids Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Faansie Peacock
R520 R480 Discovery Miles 4 800 Save R40 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ek hoop jy's reg vir 'n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie.

Hierdie boek sal jou help om elke voel in Suider Afrika te identifiseer. Maklik!

Jy sal ook snaakse en interessante feite leer oor alles van sterre tot superhelde, plus so ietsie oor voels ook.

Wanda (Afrikaans, Paperback): Sihle Nontshokweni, Mathabo Tlali Wanda (Afrikaans, Paperback)
Sihle Nontshokweni, Mathabo Tlali; Illustrated by Burgen Thorne, Chantelle Burgen
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet vir Wanda, met haar pragtige bos hare. Sy is dapper en sterk, maar sy is ongelukkig omdat die seuns by die skool haar genadeloos terg. Deur Makhulu se haargeheime en stories leer sy egter om haar hare as 'n kroon te sien, en iets waarop sy trots kan wees. Hierdie boek gaan oor identiteit en skoonheid, en is 'n viering van hoe kultuurtrots deur generasies heen geleer en oorgedra word.

Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande / Nag Van Die Monsters / Nagvlerke / Voelers (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander.

’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.

’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander.

’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.

En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:

- Troetelgedrog

- Tande

- Nag van die monsters

- Nagvlerke

- Voelers

Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback): Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback)
Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman; Illustrated by Andreas Schurmann; Translated by Maria Smit
R250 Discovery Miles 2 500 In Stock

Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en foto’s, talle notevoorbeelde, ’n register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan.

Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle Wat Deur Elf Gedeel Kan Word (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

Skerwe (Afrikaans, Paperback): Sally Partridge Skerwe (Afrikaans, Paperback)
Sally Partridge
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses vriende woon ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.

Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Skerwe is ’n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.

Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Wian en die Viking-swaard (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bosman is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Bosman is darem opgewonde oor een ding.

Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings ONTMOET?!

Hoe moet hy terugkom in Parys in die huidige tyd? Hoe maak hy seker hy beland nie onder die swaard van ’n Viking nie?

Lees saam aan hierdie wegholrit van ’n avontuur!

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Hondman (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie heldhaftige hond 'n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke (Afrikaans, Paperback): Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke (Afrikaans, Paperback)
R229 R211 Discovery Miles 2 110 Save R18 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wat maak iemand ’n held? Of wat maak hom ’n skurk? Wanneer ons hulle stories lees, sien ons dikwels party mense is soms ’n held en soms ’n skurk.

Die opwindende insigte en lewendige illustrasies in Die Aksie-Bybel: Helde en skurke help kinders tussen 8 en 12 jaar om meer as 75 Bybelkarakters ’n bietjie beter ken – die helde, maar ook die skurke. So sal hulle ook leer ons het elkeen so iets van albei in ons!

Lesers, oud en jonk, kan uitsien na die volgende:

• Kleurvolle, moderne illustrasies.
• Die grootste uitdagings (en foute!) van meer as 75 Bybelkarakters.
• Historiese konteks, plekke van oorsprong, aanduidings oor waar historiese plekke vandag is, en waar die verhale in die Bybel is by elke karakter.
• Ander fassinerende inligting, wonderbaarlike gebeure en prettige feite ook kos, klere en tradisies.

Die verrassende verhale en ongelooflike waarhede in hierdie uitstekende boek gee lewe aan die Bybel en sy karakters.

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R192 Discovery Miles 1 920 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R195 R180 Discovery Miles 1 800
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R300 R272 Discovery Miles 2 720
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita van der Vyver Paperback R290 R249 Discovery Miles 2 490
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
The Afrikaans Handbook and Study Guide…
Beryl Lutrin Paperback R370 R347 Discovery Miles 3 470
Donkerster
Annerle Barnard Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R249 Discovery Miles 2 490
Tesourus Van Afrikaans
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler Hardcover R280 R245 Discovery Miles 2 450
Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R235 R221 Discovery Miles 2 210

 

Partners