|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Hoog teen die horison van die Afrika-vlaktes staan ’n boom van wonder
en wysheid – die kremetartboom.
Sy takke beskerm, sy wortels voed, en sy groot, stil teenwoordigheid
bring lewe aan alles rondom hom Een vir een kom die diere nader:
olifante, kameelperde, uile, visarende, impalas en selfs miere. Almal
vind ’n tuiste onder sy reusekroon. Hier, tussen skadu en sonlig,
ontdek hulle iets dieper: die krag van saamwees, die vreugde van deel,
en die vrede van behoort.
Met liriese taal en asemrowende illustrasies bring “Onder die
kremetartboom” hulde aan die skoonheid van Afrika en die harmonie van
die natuur.
’n Hartverwarmende verhaal oor lewe, liefde en die eenheid wat alles
verbind onder die boom van lewe self.
Uit die hart van Afrika kom ’n dringende roep, “Red die renoster!”
Met pragtige illustrasies deur Julie Smith-Belton, neem “Red die
renoster” lesers op ’n reis oor die Afrikavlaktes, waar die laaste
renosters steeds veg om oorlewing. Hierdie boek kombineer rym, feite en
’n passievolle boodskap van bewaring wat jong lesers sal inspireer om
op te staan teen stropery en deel te word van die verandering.
Elke bladsy is ’n herinnering dat ons nog kan help. Deur die storie van
hierdie majestueuse diere, ontdek kinders (en volwassenes!) hoe
spanwerk, deernis en bewusmaking werklik ’n verskil kan maak.
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7
Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens span saam met bekroonde
illustreerder Zinelda McDondald om die mees gepaste tekste uit die boek
Spreuke in kinders se taal lewend te maak.
Aangevul deur 'n leestukkie, iets om te doen en 'n gebed sal hierdie
boek jou kind help om die kuns van die lewe aan te leer en ’n
gedissiplineerde lewenstyl te handhaaf.
Spreuke vir kleingoed is 'n aanwins op enige kind se boekrak en sal 'n
lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks bied sedert 2017
interessante inligting vir kinders én hul ouers en het ’n betroubare
bron vir skooltake geword. Vir die eerste keer is daar ’n versameling
van onderwerpe beskikbaar. Vind alles uit oor ons pragtige land Suid-
Afrika: ons amptelike landstale, die simboliek van ons landsvlag, ons
erfenisgebiede en nasionale simbole, die Groot Vyf, ons besonderse
plantegroei, en ons land se handel en nywerheid. Kom leer saam oor die
voedselketting, fotosintese, die watersiklus, elektriese stroombane en
die periodieke tabel, en verwonder jou aan verstommende feite en
infografika oor die planete, die melkweg, die aarde se lae, en soveel
meer.
Het jy geweet? is propvol inligting wat oud én jonk sal laat uitroep:
“Dít het ek nie geweet nie!”
Sê hallo vir al die safaridiere!
Met ’n besige safaritoneel aan die een kant en uidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Sê hallo vir al die plaasdiere!
Met ’n besige plaastoneel aan die een kant en duidelike dieregesigte en ’n spieël aan die ander kant.
Hierdie prettige, interaktiewe boek is vol opwindende aktiwiteite en fassinerende feite oor Afrika se voëls, van kleurryke visvangers tot majestueuse arende en pragtige flaminke.
Dit is ideaal vir kinders van 7 tot 11 jaar, en sluit woordspeletjies, doolhowe, kopkrappers, blokraaisels en baie ander aktiwiteite in wat nuuskierigheid en kreatiwiteit aanwakker.
Soos kinders speelspeel die aktiwiteite voltooi, leer hulle meer oor die geveerde vriende in hul tuin én in die wildernis.
Kom saam met Rocco op 'n interaktiewe slaaptyd-avontuur! Ses tonele wat
verander en rymteks sorg dat kleintjies hulle nagroetine op 'n prettige
manier ervaar – van speelgoed opruim en melk drink, tot tande borsel en
stories deel. Só leer hulle 'n eenvoudige slaaptydroetine. Dis die
perfekte boek vir kinders wat 'n bietjie ekstra aanmoediging (en baie
meer pret) nodig het wanneer dit tyd is om te gaan slaap. Hierdie is
die slaaptydstorie waarvoor kinders oor en oor sal vra!
George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of
twee gebak.
Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se
kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat
boonop baie soos aliens lyk!
Sal Kaptein Onderbroek, die held met
die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie
kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?
George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak.
Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf,
kry hulle skoolhoof, mnr. Mor, dadelik iemand in sy plek: Professor
Poepenpoel.
George en Harold spot te lekker met die professor se lawwe naam en van.
Maar dan neem die professor wraak. Hy dwing almal in die stad om ook
lawwe name en vanne te kry – en probeer die hele wêreld oorneem!
Word meegevoer na die asemrowende Afrika-landskap met hierdie pragtige
kartonboek vir kinders (3 jaar en ouer) met lewensgetroue,
hoëgehalte-klanke van die diere van Afrika, van die brullende leeu,
laggende hiënas en trompetterende olifante. Gekombineer met die klanke
is unieke en fassinerende feite, pragtige foto’s wat beide jonk en oud
aantrek.
Die Klein Boekie van Safari-diergeluide is die perfekte geskenk vir
enigiemand wat van die natuur hou en bied ’n wonderlike nuwe manier om
wilde diere in hul habitatte te herken.
Klanke wat in hierdie klankboek verskyn, is:
• Visarend
• Bontsebra
• Seekoei
• Kaapse bobbejaan
• Gevlekte hiëna
• Kwêvoël
• Olifant
• Rooijakkals
• Witkoluil
• Jagluiperd
• Silwerbruin vleipadda
• Leeu,
• Swartrugjakkals
|
You may like...
Fractal Noise
Christopher Paolini
Paperback
R340
R308
Discovery Miles 3 080
|