|
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar
sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie
Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd.
Dankie! Inkleurboek vir dogters sal dogters tussen 8 en 12 aan hierdie
waarheid herinner, terwyl hulle leer oor soveel dinge waaroor hulle
dankbaar kan wees en kan bid.
Die 40 kort, eenvoudige gebede bied ’n wegspringplek vir meisies se eie
gebedswandel saam met die Here, terwyl die volblad-ontwerpe om in te
kleur kreatiwiteit en stilword by God aanmoedig.
Wil jy klein handjies besig hou terwyl hulle harte gevul word met die
ewige wyshede van die Woord? Wyse woorde vir klein hartjies kombineer
eeue oue waarhede uit Spreuke met prettige aktiwiteite spesiaal vir 5-
tot 8-jariges.
Veertien kerngedagtes uit Spreuke word gekombineer met opvoedkundige
speletjies vir seuns en meisies. Aktiwiteite soos soek die pad, kleur
die prentjie in en soek die verskille moedig kreatiwiteit aan, verbeter
fyn motoriese vaardighede, ontwikkel probleemoplossingsvaardighede en
verbeter konsentrasie.
Terwyl kinders die aktiwiteite geniet, word die tydlose wysheid uit die
Bybel speel-speel in hulle harte vasgelê.
Die ware verhaal van waarom Jesus gesterf het en opgestaan het uit die
dood.
Dit is nie altyd maklik om die evangelie vir jong kinders te
verduidelik nie. Sommige begrippe kan vir hulle moeilik en verwarrend
kan wees en dit is dikwels ’n groot uitdaging om hierdie belangrike
konsepte op ’n manier te verduidelik wat vir hulle sin maak.
Die eenvoudige taalgebruik en pragtige illustrasies in Die tuin, die
gordyn en die kruis maak die boodskap van die evangelie vir 3- tot
6-jariges verstaanbaar. Deur die goue draad van die evangelie van die
Tuin van Eden tot in God se nuwe skepping te verweef, help hierdie boek
kinders om te verstaan hoekom Jesus gesterf het en uit die dood
opgestaan het, en daarom sal hulle kan sê: “Dankie, Jesus! Wat U vir my
gedoen het, is wonderlik!”
• Ideaal om jong kinders aan die evangelie bekend te stel.
• 32 volkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Garden, the Curtain, and
the Cross
Is jy op soek na ’n inkleurboek met ’n positiewe boodskap? God is by my
waar ek ook al gaan: ‘n inkleur avontuur vir kinders is ideaal! Elkeen
van die 40 inkleurbladsye bevat illustrasies van oulike diertjies wat
oor die wêreld reis, asook Bybelse waarhede wat jong kinders sal
herinner aan God se sorg en liefde. Terwyl hulle inkleur, sal kinders
al hoe meer bewus word dat God by hulle is, of dit nou in die ruimte of
diep onder in die oseaan is. Daar is ook 10 bladsy met prentjies wat
hulle kan inkleur en uitknip.
• 40 inkleurprente vir 3- tot 6-jariges.
• 10 bladsye met prentjies wat ingekleur en uitgeknip kan word.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur
kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God Is With Me Wherever I Go.
Kombineer die pret van nuwe woorde leer ken met bekende stories uit die
Bybel, soos Goliat wat God beledig en spot, en God wat dan vir Dawid
bemagtig om die reus met ’n enkele klippie te verslaan, en Jesus wat
vir ’n verlamde man sê sy sondes is vergewe en hom dan genees.
Leer uit die Bybel – Kom speel met woorde (Boek 2) stel 5- tot
8-jariges bekend aan 5 bekende Bybelverhale terwyl hulle nuwe woorde
leer en prettige aktiwiteite doen. Die ouderdomsgebaseerde aktiwiteite
sluit onder andere woordsoektogte, raaisels met geheime kodes en
inkleur volgens letters in. Kinders sal ure lank besig bly terwyl hulle
die Bybel leer ken en ook nuwe woorde leer lees en skryf.
• Ideaal vir 5- tot 8-jarige kinders
• Bevat 5 bekende Bybelverhale
• Meer as 20 ouderdomsgebaseerde aktiwiteite, woordsoektogte, raaisels
met geheime kodes en inkleur volgens letters in
• Teksverwysings by elke Bybelstorie vir verdere nalees
• Help kinders om nuwe woorde te leer terwyl hulle ook meer van die
Bybel leer
• Kweek ’n nuuskierigheid en gewilligheid vir leer by jong kinders
• Ideaal vir Sondagskool, die klaskamer of lees by die huis
• 32 volkleur-bladsye
• Sagteband
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Learning with the
Bible—Let’s Play with Words (Book 2)
Verf die prentjies weer en weer
3- tot 6-jariges sal speel-speel meer leer oor bekende verhale uit die
Bybel terwyl hulle die bladsye met water verf en interessante inligting
ontdek.
Verf-en-soek Bybelstories: Ou en Nuwe Testament Vol 1 is ’n unieke
interaktiewe boek vir 3- tot 6-jariges. Dit bevat 5 bekende
Bybelverhale: God skep die wêreld, Jona en die groot vis, Jesus word
gebore, Jesus is lief vir kinders, Jesus leef!
Wanneer kinders die bladsye met water verf, sal die illustrasies en
ander weggesteekte besonderhede verskyn. Omdat kinders met water verf,
hoef ouers nie bekommerd te wees oor verf wat mors nie. Wanneer die
bladsye droogword, verdwyn die prentjie weer. Elke boek het sy eie
verfkwassie.
• Interaktiewe boek vir 3- tot 6-jariges.
• 5 bekende Bybelverhale: God skep die wêreld, Jona en die groot vis,
Jesus word gebore, Jesus is lief vir kinders, Jesus leef!
• ’n Verfkwassie is ingesluit om die bladsye met water te verf. Sodra
die bladsy droogword, kan die bladsye weer geverf word.
• 10 volkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Paint and Find Bible
Stories: Old and New Testament Vol 1
Wat kan jy alles raaksien? Vestig ’n liefde vir die Bybel by jou
kinders terwyl hulle versteekte voorwerpe in die kleurvolle
illustrasies van Kyk mooi Bybelstories soek.
Dié boekie stel kinders tussen 3 en 6 jaar voor aan 6 bekende
Bybelstories en moedig hulle aan om spesifieke hoeveelhede voorwerpe,
diere en mense in elke storie te soek. Kinders sal leer van Adam en
Eva, Noag, Jona, Jesus se geboorte, Jesus se genesing van die lam man
en hoe lief Jesus vir kinders was terwyl hulle die prettige prentjies
deursoek.
• Ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.
• 6 bekende Bybelstories met soek-en-tel-aktiwiteite oor Adam en Eva,
Noag, Jona, Jesus se geboorte, Jesus se genesing van ’n verlamde man en
Jesus se liefde vir kinders.
• Om versteekte voorwerpe te soek, verskerp kinders se aandag aan
detail, ontwikkel selfvertroue en verbeter visuele persepsie.
• Om voorwerpe te tel, verhoog kinders se begrip van getalle en
hoeveelhede, verbeter kognitiewe vaardighede, logiese denke en
redeneringsvermoë en bou selfvertroue.
• 12 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Look a Little Closer Bible
Stories.
Maak jou kind se eerste Bybellees-ervaring iets onvergeetliks met
Bybelstories vir beginners: Tydlose verhale vir kleuters.
Hierdie Kinderbybel spog met lewendige illustrasies wat kinders van 3-6
jaar sal fassineer. Kinders sal die prentjies geniet, van Noag wat die
olifant in die ark inhelp, Jona wat binne-in die groot vis bid en vele
meer. Die helder illustrasies op elke bladsy, meer as 90 kort stories
uit die Ou en Nuwe Testament en ’n woordelys agter in die boek maak
hierdie Bybelstorieboek die perfekte boek om kinders aan die stories en
karakters van die Bybel bekend te stel.
Bybelstories vir beginners, met sy hope pret en tydlose verhale vir
kleuters, is die ideale geskenk vir elke jong kind.
• 94 kort stories uit die Ou en Nuwe Testament
• Helder, lewendige illustrasies wat kinders se verbeelding sal aangryp
• ʼn Woordelys wat moeilike begrippe aan kleuters verduidelik kom agter
in die boek voor
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Beginner’s Bible
Snowy 2-in-1 bevat Angus Buchan se gewilde boeke Snowy en Snowy en sy
maats. Die prettige plaasstories is vol waardevolle lesse vir kinders
tussen 5 en 8.
Snowy: Kom leer allerhande lesse saam met Snowy, soos om vriendelik te
wees met kwaai mense en hoe om jou vrese te oorkom in moeilike
situasies.
Snowy en sy maats: Ontmoet ’n hele klomp van Snowy se nuwe vriende,
soos Mê en Rooies. Hulle leer vir Snowy allerhande lesse oor om
gehoorsaam te wees en hoe God ons almal uniek geskape het.
Kinders sal ook hou van die prettige aktiwiteite, soos
blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe. Elkeen van die
stories word afgerond met ’n teksvers en gebed. Hierdie versameling
interaktiewe en opvoedkundige stories sal goddelike waardes vaslê in
jong hartjies.
• Omnibus van Angus Buchan se gewilde kinderboeke Snowy en Snowy en sy
maats.
• Angus Buchan is ’n topverkoper-outeur en bekende evangelis.
• Raak ouderdomsgeskikte konsepte vir kinders tussen 5 en 8 aan, soos
gehoorsaamheid, omgee vir ander en dankbaarheid.
• Sluit speletjies in soos blokkiesraaisels, soek die verskille en
doolhowe in.
• 100 volkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Snowy 2-in-1.
Jesus Het My Lief ... en ander dinge wat die Bybel oor my sê
In ’n wêreld wat verwarrend is en voortdurend verander, is dit
belangrik dat kinders weet wie hulle in Christus is. Om hul identiteit
as kind van God te verstaan, sal hulle stabiliteit en sekerheid gee in
’n onsekere wêreld. Terwyl hulle die 44 ontwerpe inkleur, sal kinders
leer dat hulle geliefd, vergewe, gered en uitverkies is. Elke
Bybel-gebaseerde bevestiging word ondersteun deur ’n Bybelvers.
• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan
word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die
bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Jesus Loves Me.
• Vir 5- tot 10-jariges
Die storie van Noag se ark: 'n Groot Vloed, 'n Reënboog en God Se
Beloftes van Liefde vertel die bekende Ou-Testamentiese Bybelverhaal
van die mense se sonde, die groot vloed en God se genade.
Die kleurvolle illustrasies en prettige rym sal 3- tot 6-jariges bekoor
terwyl hulle leer dat daar gevolge is vir ’n mens se keuses, hoe dit
lyk om jou geloof uit te leef, wat ’n nuwe begin beteken en hoe lief
God is vir alles wat Hy gemaak het.
Kinders sal op hierdie opwindende reis leer hoe om met hoop en liefde
te leef terwyl hulle God beter leer ken.
• Die storie van Noag in prettige rym.
• Ideaal vir 3- tot 6-jariges.
• 24 Volkleur-bladsye.
Het dit al ooit vir jou gevoel of jy God teleurgestel het? Ons dien ’n
God van tweede kanse! En ons sien dit so mooi in die lewensverhaal van
Tomas, ’n dissipel van Jesus.
Tomas wou eers nie glo dat Jesus uit die dood opgewek is nie. Nadat
Jesus aan hom verskyn het, was Tomas so oortuig van Jesus se opstanding
dat hy die evangelie in Indië gaan verkondig het – en bereid was om te
sterf daarvoor. Tomas: God se dapper sendeling vertel die verhaal van
die ongelowige Tomas wat ’n dapper sendeling vir God geword het.
8- tot 12-jariges sal geïnspireer word deur Tomas se moed om die
evangelie na ’n vreemde land te neem waar sy nalatenskap van geloof
vandag nog voortleef.
- Vertel die verhaal van die ongelowige Tomas wat ’n dapper
sendeling vir God geword het vir 8- tot 12-jariges.
- Ander titels in die reeks: Stefanus: God se dapper getuie en
Paulus: God se dapper apostel.
- 48 volkleur-bladsye.
- Ook beskikbaar in Engels onder die titel Thomas: God’s Courageous
Missionary.
Glo jy dat God sy grootste vyand kan verander in een van sy beste
vriende?
Paulus het eers die volgelinge van Christus vervolg en in die tronk
gegooi. Maar op pad na Damaskus om nóg volgelinge te arresteer, het God
self vir Paulus gestop. Paulus se lewe het heeltemal verander en hy het
een van Christus se dapperste apostels geword.
Paulus: God se dapper apostel vertel die lewensverhaal van Paulus, wat
baie van die eerste kerke gestig het en baie keer in die tronk was
omdat hy die evangelie van Jesus verkondig het. Sy verhaal sal 8- tot
12-jariges inspireer om te getuig teenoor mense wat nog nie van Jesus
gehoor het nie.
- Inspireer 8- tot 12-jariges om te getuig teenoor mense wat nog
nie van Jesus gehoor het nie.
- Ander titels in die reeks: Tomas: God se dapper sendeling en
Stefanus: God se dapper getuie.
- 48 volkleur-bladsye.
- Ook beskikbaar in Engels onder die titel Paul: God’s Courageous
Apostle.
Wil jy jou kind toerus om ’n dapper getuie vir die Here te wees? Dit is
nie altyd maklik om op te staan vir jou geloof nie – selfs grootmense
sukkel soms daarmee!
Stefanus: God se dapper getuie stel 8- tot 12-jariges bekend aan die
verhaal van Stefanus, die eerste gelowige wat vir sy geloof gemartel
is. Stefanus se getuienis het tot sy martelaarsdood gelei, maar dit het
ook daartoe gelei dat die boodskap van die evangelie ver buite die mure
van Jerusalem uitgedra is.
Stefanus: God se dapper getuie sal kinders inspireer om vrymoedig vir
Jesus te getuig met die wete dat die Heilige Gees hulle die krag sal
gee om op te staan vir God.
- Inspireer 8- tot 12-jariges om vrymoedig vir Jesus te getuig.
- Ander titels in die reeks: Tomas: God se dapper sendeling en
Paulus: God se dapper apostel.
- 48 volkleur-bladsye.
- Ook beskikbaar in Engels onder die titel Stephen: God's
Courageous Witness.
Koester die herinneringe aan jou babaseuntjie se eerste lewensjaar!
My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n pragtige
onthou-boek waarin jy die spesiale oomblikke in jou babaseuntjie se
eerste jaar kan vasvang. Daar is genoeg plek om spesiale herinneringe,
familiebesonderhede en mylpale aan te teken, asook oorgenoeg plek om
foto’s in te plak. Daar is ook twee koevertjies vir sy hospitaalbandjie
en eerste haarlokkie.
My eerste jaar – ’n onthou-boek vir seuntjies is ’n tydlose geskenk vir
nuwe ouers.
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.
Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.
Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.
Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
My babaseuntjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante
gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke,
maande en jaar vas te vang.
Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in
foto’s van baba om sy ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te
deel.
Dit is soms moeilik om God se wil te ken. Daaglikse wysheid vir dogters
is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid,
leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke
sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te
floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken
en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale
manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.
Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel Daaglikse wysheid
vir seuns.
In hierdie prettige storieboek bevind 12 bekende Bybelfigure uit die Ou
en Nuwe Testament hulself in die verkeerde storie saam met allerlei
voorwerpe wat weggesteek is. Hierdie kleurvolle boek gaan ure se pret
verskaf en kinders meer omtrent die Bybel leer. Elke storie handel oor
'n bekende karakter uit die Bybel soos Noag wat hulself op 'n onbekende
plek, omring deur vreemde voorwerpe, bevind.
Kenmerke sluit in:
• Nuwe kinkel op soek-en-vind
• Interaktiewe soek-en-vind-uitdagings met verdwaalde Bybelkarakters
• Stel kinders bekend aan twaalf bekende Bybelverhale
• Kinders sal ure verwyl om die weggesteekte voorwerpe te vind en uit
te pluis in watter storie die karakters eintlik hoort
• Lieflike verjaardag- of Kersgeskenk
• 280mm x 216mm, hardeband
• 14-punt lettergroette
• Vir kinders van 5 - 9 jaar oud
My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante
gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke,
maande en jaar vas te vang.
Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in
foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes
te deel.
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir
dogters is dus ideaal vir dogters tussen 8 en 12 om God se
teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.
Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend
en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl
hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos
keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele
meer.
Dit is die ideale manier om meisies te leer om elke dag ’n pad saam met
God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met
God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.
• 365 dagstukke spesiaal vir laerskooldogters.
• Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel 365 Dagstukkies
en gebede vir seuns.
Het jou kind jou al ooit gevra waar diere vandaan kom, of hoekom daar
wolke in die lug is? Trek jou kleinding nader en vertel vir hom of haar
hoe God die lug, see, berge, strande en alles in die heelal geskep het!
In Klein Beertjie ontdek God se skepping vertel Mamma Beer vir Klein
Beertjie hoe God alles in die heelal geskep het soos Genesis 1 ons
leer. Ontdek saam met Klein Beertjie hoe God die leë wêreld vol lewe
gemaak het – en selfs klein beertjies net soos hy geskep het.
Hierdie boek is ideaal vir 3- tot 6-jariges en leer hulle meer oor die
wonder en doel van God se skepping. Dit bevat ook vrae aan die einde
oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan
leer.
• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer
hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Explores God’s
Creation.
Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer
dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie
belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie
saak hoe moeilik dit is nie.
Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die
kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie
avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom
jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin
Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie
saak hoe moeilik dit is nie.
Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te
wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe
’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer
hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.
Die lewe kan lekker uitdagend wees! 365 Dagstukkies en gebede vir seuns
is dus ideaal vir seuns tussen 8 en 12 om God se teenwoordigheid,
leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar.
Die 365 dae is verdeel in ’n kort en kragtige dagstukkie vir die oggend
en ’n gebed vir die aand om kinders te help om God te leer ken terwyl
hulle lees en bid oor onderwerpe wat deel van hulle lewe vorm, soos
keuses, gebede, vriendelikheid, uithouvermoë, liefde, respek en vele
meer.
Dit is die ideale manier om seuns te leer om elke dag ’n pad saam met
God te stap terwyl hulle die gewoonte aanleer om daagliks tyd saam met
God deur te bring met stukkies wat net ’n paar minute neem om te lees.
• 365 dagstukke spesiaal vir laerskoolseuns.
• Die teks is ook beskikbaar vir dogters onder die titel 365
Dagstukkies en gebede vir dogters.
|
You may like...
Public Speaking
Sharon Milan
Fold-out book or chart
R292
Discovery Miles 2 920
|