0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (197)
  • R50 - R100 (1,288)
  • R100 - R250 (2,754)
  • R250 - R500 (1,317)
  • R500+ (238)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie En Die Muskiet (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R118 Discovery Miles 1 180 Save R7 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. 

Jy Kan Die Wêreld Verander (Afrikaans, Paperback): Lucy Bell Jy Kan Die Wêreld Verander (Afrikaans, Paperback)
Lucy Bell
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders probeer elke dag om ons aarde 'n beter, veiliger en gelukkiger plek te maak, en nou kan jy ook deelneem!

Ons sien elke dag probleme, iets wat ons aandag verg. Vullis gestrooi in ’n grasgroen park. Plastiekwaterbottels begrawe op ’n strand. ’n Oorvol vullisdrom wat die straat bemors. ’n Maer, verwaarloosde hond. ’n Daklose persoon op ’n koue dag. Sommige van hierdie probleme is so groot, dit lyk onmoontlik vir een mens om hulle op te los. Maar ons kan dit regmaak as elkeen van ons ons deel bydra. Hierdie praktiese gids gee vir kinders hulpmiddels om aksie te neem! Dit bemagtig en inspireer hulle om ’n verskil in die wêreld te maak. Met aktiwiteite en idees wys Jy kan die wêreld verander vir jou hoe om: ’n Plastiekvrye partytjie te hou, ’n Kruietuin te begin, enkelgebruikplastiek te herken en te verminder, by-vriendelike blomme te groei, te leer waarvandaan kos kom, gaaf te wees, te deel en te skenk, en vele meer.

 HET JY GEWEET?

  • Daar is meer plastiek flaminke in die wêreld as regtes.
  • As jy al die stukke plastiek wat in die oseaan is aanmekaar las, sal dit meer as 4000 keer rondom die planeet gaan.
  • Het jy geweet dat jy 3 500 liter water per jaar kan spaar as jy elke dag net een minuut korter stort?
Allergies Vir Skool (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Allergies Vir Skool (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.

Krulkop die feeperdjie (Afrikaans, Paperback): Karen King Krulkop die feeperdjie (Afrikaans, Paperback)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks; Edited by Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Daar’s groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feekoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil so graag gekies word, maar sy’s nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik...

Asterix 18: Caesar Se Lourierkrans (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Asterix 18: Caesar Se Lourierkrans (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help om te wedywer nie en dit loop uit op 'n uitnodiging van Allamapstix: Spoggerix kan 'n bredie wat gekrui is met lourierblare uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met 'n vinkelkrans te ruil?.

Die Krimpvarkies - Te warm vir spring! (Afrikaans, Paperback): Steve Wilson Die Krimpvarkies - Te warm vir spring! (Afrikaans, Paperback)
Steve Wilson; Illustrated by Lucy Tapper; Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Krimpvarkies - Wegkruipertjie (Afrikaans, Paperback): Steve Wilson Die Krimpvarkies - Wegkruipertjie (Afrikaans, Paperback)
Steve Wilson; Illustrated by Lucy Tapper; Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Asterix En Die Vercingetorix Se Dogter (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny, A. Uderzo Asterix En Die Vercingetorix Se Dogter (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny, A. Uderzo
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Pandimonium en opstand wink op die horison!

Die berugte Galliese hoofman Vercinegetorix se dogter word deur die Romeine gesoek. Sy gaan kruip weg in 'n klompie ontembare Galliërs se dorpie - die enigste plek waar sy veilig is. Natuurlik sorg hierdie tienermeisie, Adrenalien, vir naelbytoomblikke!

Die Vercingetorix Se Dogter is die 38ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Ster En Die Skugter Vyf (Afrikaans, Paperback): Henriette Linde-Loubser Ster En Die Skugter Vyf (Afrikaans, Paperback)
Henriette Linde-Loubser
R235 R221 Discovery Miles 2 210 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu. 

Loer Binne: Die Plaas (Afrikaans, Board book): Really Decent Books Really Decent Books Loer Binne: Die Plaas (Afrikaans, Board book)
Really Decent Books Really Decent Books 1
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie op die plaas gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en hulle kleintjies en maak 'n draai by die dam waar jy ganse en eende sal sien!

Loer Binne: Die See (Afrikaans, Board book): Really Decent Books Really Decent Books Loer Binne: Die See (Afrikaans, Board book)
Really Decent Books Really Decent Books
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die see uit te vind. Gaan kuier op die strand en bou sandkastele, kyk na die haai en die seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie swaardvisse! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan by 'n duikspan om te gaan kyk na 'n ou skeepswrak op die seebodem!

Jakkals En Wolf (Afrikaans, Paperback): Pieter Grobbelaar Jakkals En Wolf (Afrikaans, Paperback)
Pieter Grobbelaar
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! 

Die Krimpvarkies - Drukkies (Afrikaans, Paperback): Steve Wilson Die Krimpvarkies - Drukkies (Afrikaans, Paperback)
Steve Wilson; Illustrated by Lucy Tapper; Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Raaiselsee (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Raaiselsee (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R225 R211 Discovery Miles 2 110 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie­, avontuur­ en spookverhaal is.

Ontdek: Die Oseaan (Afrikaans, Paperback): Miranda MacQuitty Ontdek: Die Oseaan (Afrikaans, Paperback)
Miranda MacQuitty
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die nuutste Ontdek­titel, Ontdek die oseaan, bied 'n omvattende blik op dit wat onder ons planeet se waters lê. Hierdie boek gee nuuskierige agies 'n kans om in detail alles rondom die oseaan te leer, met ongelooflike foto's wat daarmee gepaardgaan. Die inhoud dek onder andere oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas, en veel meer. Die boek sluit af met 'n Het jy geweet?­afdeling, wêreldoseane, plekke om te besoek en 'n woordelys. Dit is geskik vir skoolprojekte en om tuis te geniet!

Lotta Se Lewe 11: Slange En Hansworse (Afrikaans, Paperback): Alice Pantermuller Lotta Se Lewe 11: Slange En Hansworse (Afrikaans, Paperback)
Alice Pantermuller
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling­raasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.

In die elfde boek van die Lotta se lewe­reeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh­Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word!

Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.

Jungu Josh 2: Die Kryger Van Aboemondja (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 2: Die Kryger Van Aboemondja (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Josh is ingehuldig as die nuwe koning van Kalimbula. Hy sukkel sonder sy ma en met die idee van koning wees, maar met die ondersteuning van Njeri en Ngandu begin hy moed kry. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy word deur haar eie suster op die plaas aangehou. Sy slaag daarin om te ontsnap en probeer Kalimbula bereik. Intussen maak 'n misterieuse kryger haar verskyning in Kalimbula. Sy dra 'n donker verlede met haar saam en saai verwoesting so ver soos sy gaan. Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels en diep stemme, maar nie een plan werk nie. Op Ngandu se aandrang, besluit Josh om sy aartsvyand – Masjeba, die bose heks – in die tronk te besoek. Masjeba gee hom antwoorde oor die kryger en hoe om haar te verslaan, maar teen 'n prys. Intussen versterk die professor sy magte. Maar waar in Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

Liewe Grapste Grapboek, Boek 2 - Nie Vir Grootmense - Uitgesoekte Grappe Vir Kinders Van Alle Ouderdomme (Afrikaans, Paperback,... Liewe Grapste Grapboek, Boek 2 - Nie Vir Grootmense - Uitgesoekte Grappe Vir Kinders Van Alle Ouderdomme (Afrikaans, Paperback, New title)
Francois Maree; Illustrated by Nico Meyer; Ria Barnard
R75 R70 Discovery Miles 700 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Seerowers 1: Die Seerowers En Die Spookskip (Afrikaans, Paperback): Jonny Duddle Die Seerowers 1: Die Seerowers En Die Spookskip (Afrikaans, Paperback)
Jonny Duddle
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van  Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . .  Dalk vir ewig?

Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae In New York (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R245 R230 Discovery Miles 2 300 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Grilgrypers 6: Die Geheim Van Die Spookwerf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 6: Die Geheim Van Die Spookwerf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R199 R187 Discovery Miles 1 870 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .  

Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback): Alex English Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback)
Alex English; Illustrated by Emma Levey
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
50 Vrae Oor Die Menslike Liggaam (Afrikaans, Paperback): Editions Caramel 50 Vrae Oor Die Menslike Liggaam (Afrikaans, Paperback)
Editions Caramel
R155 R146 Discovery Miles 1 460 Save R9 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor enigiets van die menslike liggaam. Kinders kan alles uitvind oor bene, spiere en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die menslike liggaam geleer kan word. Wat nog, is dat daar 'n bordspel binne­in die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in plakkaat­formaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspelantwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QRkode te skandeer! Die QR­kode word met jou slimfoon se kamera geskandeer.

Dagboek Van 'n Dork 4 - Stories Van 'n Nie-Soelegante Ysprinses (Afrikaans, Paperback): Rachel Renee Russell Dagboek Van 'n Dork 4 - Stories Van 'n Nie-Soelegante Ysprinses (Afrikaans, Paperback)
Rachel Renee Russell
R205 R192 Discovery Miles 1 920 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wereld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.

Nikki se wenke vir ’n perfekte skaatsmaraton:

#1 Kry ’n verdienstelike saak om voor te skaats (Hoe meer Brandon daarvan hou, hoe beter.)

#2 Hê vet pret saam met Chloe en Zoey

#3 Maak seker jy kan skaats . . .

In Dagboek van 'n dork: Stories oor 'n niesoelegante ysprinses doen Brandon vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Binnekort gaan al die diere dakloos wees! Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dorkopys na ’n prinsesopys verander om die kompetisie te wen en die diere te red? Lees Nikki se dagboek en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee!

Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback): Constant Van Graan Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas (Afrikaans, Paperback)
Constant Van Graan
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15­jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Programming Logic & Design…
Joyce Farrell Paperback R1,336 R1,239 Discovery Miles 12 390
Geology and Mineral Resources of Nigeria
Nuhu George Obaje Hardcover R4,238 Discovery Miles 42 380
The Castle - A jolly tale on the use of…
Jurgen Van Gorp Hardcover R1,656 R1,359 Discovery Miles 13 590
Energy and Climate Change - An…
Michael Stephenson Paperback R2,942 R2,461 Discovery Miles 24 610
The Secrets of Western and Eastern…
John Love Hardcover R740 Discovery Miles 7 400
Dynamic Web Application Development…
David Parsons, Simon Stobart Paperback R1,341 R1,245 Discovery Miles 12 450
The Empiricists: A Guide for the…
Laurence Carlin Hardcover R3,541 Discovery Miles 35 410
Examining Developments and Applications…
Saul Emanuel Delabrida Silva, Ricardo Augusto Rabelo Oliveira, … Hardcover R5,224 Discovery Miles 52 240
Tools and Techniques for Software…
Vishnu Pendyala Hardcover R5,757 Discovery Miles 57 570
Open Source Systems - 17th IFIP WG 2.13…
Davide Taibi, Valentina Lenarduzzi, … Hardcover R1,521 Discovery Miles 15 210

 

Partners