![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In Die farao se sigare onderneem Kuifie en Spokie ’n bootreis na die Ooste. Tydens die vaart ontmoet hulle die Egiptoloog Filemoon Sikloon. Hy nooi hulle na Kaïro om saam met hom na die graf van die farao Kih-Oskh te gaan soek. Al die vorige geleerdes wat hierdie missie aangepak het, het geheimsinnig verdwyn. Wanneer Kuifie ’n sigaar met die farao se teken op die etiket vind, wonder hy of die sleutel tot die raaisel dalk daarin opgesluit lê …
Morena loves his new school! There are so many fun extramural activities and games to play that he and his friends have set up their own championship. Before school starts and at break Morena and his friends plays marbles, cards, soccer and shoot hoops. After school they take the soccer online or jump into go-karts. Morena is determined to get all the points! But it isn't just sports that he excels at, he can come up with a rap song on the spot and has a hilarious idea for an assignment that involves bringing your favourite traditional food to school. He can't wait to see the teacher's reaction after the whole class experiences the effects of eating samp and beans! If there's one thing Morena takes seriously it is being the captain of his school's softball team. He is good at pitching and his twin sister Rorisang is an excellent batter. But their team keeps losing! Morena isn't scared of a challenge, he'll try his best at any game to be a superstar. How can he help his team to do their best? A heart-warming story that celebrates family, friendship and working together. The book is also available in isiZulu, isiXhosa and Afrikaans.
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is! Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel. Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie... Die Onderwysersgids sluit in:
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superherotekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom? Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, die voorgeskrewe roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Welkom by Kop In Die Wolke - Ella se gunstelingwinkel op aarde. 'n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en 'n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag 'n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander ... as sy dapper genoeg is. Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit 'n onverwagse oord - alle boekwinkels huisves mos 'n tikkie towerkrag ...
In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete 'n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reel 'n hipnose-konsert en Saartjie kry 'n kerel. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin! Die Onderwysersgids sluit in:
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy
sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n
Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom,
want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste
hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma
byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag
red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.
Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat
ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te
droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol
Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te
ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet
lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . .
. Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit
dalk net oorleef . . .
As kinders van Die Aksie-Bybel gehou het, sal hulle mal wees oor Die
Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie. Dit was nog nooit so lekker of maklik
om die Bybel te leer ken nie. Hierdie prettige speletjie bied:
Die kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat Die Aksie-Bybel geïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem. Die Onderwysersgids sluit in:
|
You may like...
The Quantum Divide - Why Schroedinger's…
Christopher C. Gerry, Kimberley M. Bruno
Hardcover
R1,861
Discovery Miles 18 610
Particle Detection with Drift Chambers
Walter Blum, Werner Riegler, …
Hardcover
R4,406
Discovery Miles 44 060
Africa's Business Revolution - How to…
Acha Leke, Mutsa Chironga, …
Hardcover
(1)
|