0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (262)
  • R50 - R100 (1,397)
  • R100 - R250 (3,022)
  • R250 - R500 (1,406)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R210 R191 Discovery Miles 1 910 Save R19 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.

Drie vreemde kapers (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Drie vreemde kapers (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Talita van Graan
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Klein Grillie Spinnekop: Kom, Ons Speel Skool! (Afrikaans, Hardcover): Diana Amft Klein Grillie Spinnekop: Kom, Ons Speel Skool! (Afrikaans, Hardcover)
Diana Amft; Illustrated by Martina Matos
R140 R130 Discovery Miles 1 300 Save R10 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees?

'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.

Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover): Beatriz Martin Vidal Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover)
Beatriz Martin Vidal; Illustrated by Gustavo Martin Garzo; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

In Die geheim van die woud lees ’n ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en ’n woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook ’n wolf. Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie. Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders as’t ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud. Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken. Die geheim van die woud is nie ’n verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ’n verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswereld van ’n kind en die herstel van die ewewig van die natuur.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 11 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 11 Boek 3: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days
A Wonderful Day (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... A Wonderful Day (Afrikaans English Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Sam Sagolski, Kidkiddos Books
R659 Discovery Miles 6 590 Ships in 18 - 22 working days
Die verraaier (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die verraaier (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden; Edited by Francois Maree
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.

Ons Is Een (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Ons Is Een (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oë kyk,
sien ek myself.
 
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.

Die boek is ook beskikbaar in Isizulu en Engels.

Die Ysmonster (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Ysmonster (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days
Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback): Abigail Wheatley Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback)
Abigail Wheatley; Translated by Amelia de Vaal
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

Hoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie. Op ’n gemaklike verteltrant en met hope foto’s en illustrasies neem Die storie van Planeet Aarde die leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar net ’n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende planeet wat dit vandag is.

Gaap (Afrikaans, Hardcover): Marco Viale Gaap (Afrikaans, Hardcover)
Marco Viale; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Het jy al ooit probeer om op te hou gaap? Dis onmoontlik!. Dis soos om te probeer om die reen te laat ophou val. Of soos om jou ouers te oorreed dat sjokolade jou vinniger sal laat groei as groenbone. As ’n gaap kom, moet dit nie onderdruk nie, want netnou raak jy aan die slaap!. Hierdie is ’n uitstekende boek vir ouers wat sukkel om kleintjies aan die slaap te maak! Niemand kan met hierdie boek ’n GAAP onderdruk nie!. Ever tried to stop a yawn? That’s impossible!. It’s like trying to stop the rain from falling. It’s like trying to convince your parents that chocolate will make you grow faster than soup. When a yawn arrives, don’t hold it back. Just be careful or ... you’ll fall asleep!. This book is the answer for desperate parents trying to get kids into bed early on a school night. No one can stifle this YAWN.

Die Tydtrein (Afrikaans, Paperback): Jenny Jinks Die Tydtrein (Afrikaans, Paperback)
Jenny Jinks; Illustrated by Letizia Rizzo
R70 R65 Discovery Miles 650 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kiesjoueieavontuurstorie propvol avontuur en naelbytaksie!

Jasper speel toneel: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper speel toneel: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 6 - 10 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper.

Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R90 R84 Discovery Miles 840 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe skiet mens n pienk olifant? Hoekom kan 'n spook nie leuens vertel nie? Hoe vertaal n mens "jy mors papier" in Engels? Watter soort renoster het die kleinste ore? Wat het die seekat vir sy meisie gese? Wil jy Weet? Nou waarvoor wag jy? Lekker lawwe lagboek omnibus 1 het al die antwoorde: Dit bevat die eerste twee boeke in die reeks.

Wiplala (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Wiplala (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Amelia de Vaal
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

Lewende planeet - Verstaan en bewaar biodiversiteit (Afrikaans, Paperback): QA International Lewende planeet - Verstaan en bewaar biodiversiteit (Afrikaans, Paperback)
QA International
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 6 - 10 working days

Kom ontdek die aarde se uiteenlopende landskappe en interessante bewoners in hierdie leersame boek. Ook al is die teks met jong lesers in gedagte saamgestel, is hierdie die perfekte bron van inligting vir enigiemand wat belangstel om ons planeet se unieke biodiversiteit te verstaan en te bewaar. Die kombinasie van leersame, toeganklike inhoud (nagevors deur kenners verbonde aan die Montreal Biodome) en treffende visuele materiaal gee lesers 'n naby blik op ons verstommende planeet – en gee ook noodsaaklike insig in die invloed wat menslike aktiwiteite op die aarde het.

My Mom is Awesome (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... My Mom is Awesome (Afrikaans English Bilingual Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Staple bound): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Huistaal (Afrikaans, Staple bound)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R216 Discovery Miles 2 160 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 6 - 10 working days

Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?

Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een Afrikaans: Gr 1: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 5 - 10 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig ’n paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, ’n prinses red, ’n potjie skaak met ’n ou vriend speel … Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot more kan wag.

Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Dolf van Niekerk Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Dolf van Niekerk
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Piekfyn Afrikaans Huistaal (KABV): Gr 7: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback): Piekfyn Afrikaans Huistaal (KABV): Gr 7: Leerdersboek (Afrikaans, Paperback)
R369 Discovery Miles 3 690 Ships in 5 - 10 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 7 is propvol interessante idees en uitdagings. Alles wat graad 7-leerders moet verstaan en ken om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Leerders gaan:

• spontaan gesels oor verskeie interessante onderwerpe en tekste

• vlot en ekspressief praat en puik toesprake lewer

• in verskillende sosiale situasies seepglad kommunikeer

• blitsvinnig verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik

• noukeurig en krities na taalgebruik luister

• taalstrukture deeglik onder die knie kry en foutloos gebruik

• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Art of Golf - A Year With Saul
R A Yeager Hardcover R557 Discovery Miles 5 570
The Citizen Marketer
Joel Penney Hardcover R3,274 Discovery Miles 32 740
Fuzzy, Rough and Intuitionistic Fuzzy…
Tanmoy Som, Oscar Castillo, … Hardcover R3,995 Discovery Miles 39 950
Green Is Not A Colour - Environmental…
Devan Valenti, Simon Atlas Paperback  (3)
R420 R388 Discovery Miles 3 880
Through It All - A Journey of Suffering…
Jamil S Qandah Hardcover R633 R572 Discovery Miles 5 720
Dala Marble Dust - Fine (300g Bucket…
R33 Discovery Miles 330
I See Safari Animals - A Newborn Black…
Victoria Hazlehurst, Lauren Dick Hardcover R622 Discovery Miles 6 220
Generational Gaps in Political Media Use…
Kim Andersen, Jakob Ohme, … Paperback R1,380 Discovery Miles 13 800
Going Fore It - In Golf and Life
Gil Anderson Hardcover R674 R608 Discovery Miles 6 080
Peace Journalism Principles and…
Steven Youngblood Hardcover R5,054 Discovery Miles 50 540

 

Partners