0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (262)
  • R50 - R100 (1,397)
  • R100 - R250 (3,022)
  • R250 - R500 (1,406)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

Best Books Eksamenhulp: Graad 8 Taal- en Leesoefenboek vir Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Alta Engelbrecht Best Books Eksamenhulp: Graad 8 Taal- en Leesoefenboek vir Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Alta Engelbrecht
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie oefenboek sal taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat praktiese taal- en begripsoefeninge, sommer alles-in-een. Dit sal jou taalkennis verryk en jou help om Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke en ander tekssoorte vir lekkerleesgenot terwyl jy leer.

Taalstrukture en -konvensies wat in hierdie boek behandel word, sluit in:

klankleer

woordvorming

selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde

byvoeglike naamwoorde

werkwoorde en bywoorde

ander woordsoorte soos lidwoorde, voorsetsels en voegwoorde

sinsleer

betekenisleer.

Hierdie oefenboek bied begripstoetse in elke hoofstuk met taaloefeninge wat op afdeling volg. Daar is ook agt hersieningsvraestelle vir toetsvoorbereiding sowel as ’n oefenvraestel vir eksamenvoorbereiding. Die toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture in Engels en Afrikaans sal jou voorbereid in die Afrikaans-klaskamer maak.

Onthou, hierdie oefenboek bou op die basiese taalstrukture en -konvensies wat jy alreeds begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal.

Die Best Books Eksamenhulp Graad 9 Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal dek die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring.

Die antwoordstel is gratis op www.bestbooks.co.za beskikbaar.

*Ook vir gebruik deur IEB-leerders.

Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Fiel van der Veen; Translated by Daniel Hugo
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Niemand het nog ooit die Rooi prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in. “Hoe vreeslik!” dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou se sy is die Rooi prinses. En dit gee iemand 'n blink idee...

My Familie - 'n Reis Deur Die Tyd (Afrikaans, Hardcover): Anna De Bode My Familie - 'n Reis Deur Die Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Anna De Bode; Illustrated by Anna De Bode; Translated by Shane Kleyn
R42 Discovery Miles 420 Ships in 6 - 10 working days
I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... I Love to Sleep in My Own Bed (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R661 Discovery Miles 6 610 Ships in 18 - 22 working days
Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op “die buitestander/outcast”. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om “tuis” te kom. Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander – alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is opsoek na lig – hoop, uitkoms, rede. Na sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie – hy is niemand, niks, nerens.

'n Nag in Wemelstad (Afrikaans, Hardcover): Rotraut Susanne Berner 'n Nag in Wemelstad (Afrikaans, Hardcover)
Rotraut Susanne Berner; Translated by Carmen Hansen-Kruger
R58 Discovery Miles 580 Ships in 6 - 10 working days

Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig – oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad erens heen en hulle beleef opwindende dinge soos ’n Boekwurmaand in die biblioteek, ’n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie ’n dief vastrek.

My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback): Mario Boon My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback)
Mario Boon; Fantasi Fantasi
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water. Die stewige papier sal die klein hoeveelheid water wat benodig word, goed absorbeer en die kleure sal helder en lewendig vertoon. Boonop sal die eenvoudige illustrasies die kind inspireer om die werk te kopieer en sy eie, unieke kunswerke te skep. Alle verf is veilige, groentegebaseeerde kleure.

Boxer and Brandon (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print... Boxer and Brandon (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Kidkiddos Books, Inna Nusinsky
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper en die gravin: 7 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die sewende en laaste boek in die reeks, propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras begin al hoe meer hunker na standvastigheid: met ’n vrou en kinders in ’n huis van hul eie – sonder die gevare wat die lewe op see inhou. Gaan Lafras se seeavonture in hierdie laaste titel van die reeks tot ’n einde kom? En belangriker – sal hy uiteindelik die groot liefde vind waarna hy nog al die jare smag? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Boxer and Brandon (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition):... Boxer and Brandon (Afrikaans Children's Book) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Kidkiddos Books, Inna Nusinsky
R660 Discovery Miles 6 600 Ships in 18 - 22 working days
Bella & Bollie En Die Njammie-Njam-Dag, Boek 3 (Afrikaans, Hardcover): Mandy Sutcliffe Bella & Bollie En Die Njammie-Njam-Dag, Boek 3 (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Sutcliffe; Translated by Shane Kleyn
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

In die derde boekie in die reeks oor Bella en Bollie, is Bollie lus vir koek. Vandag is 'n hongerige dag en Bollie is lus vir koek. Maar Bella wil liewer gesond eet. Hoe lank sal Bollie die njammie geure kan weerstaan?

My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback): Mario Boon My eerste kunsboek - Verf met water (Afrikaans, Paperback)
Mario Boon; Fantasi Fantasi
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water. Die stewige papier sal die klein hoeveelheid water wat benodig word, goed absorbeer en die kleure sal helder en lewendig vertoon. Boonop sal die eenvoudige illustrasies die kind inspireer om die werk te kopieer en sy eie, unieke kunswerke te skep. Alle verf is veilige, groentegebaseeerde kleure.

Amanda and the Lost Time (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large... Amanda and the Lost Time (English Afrikaans Bilingual Book for Kids) (Afrikaans, Large print, Hardcover, Large type / large print edition)
Shelley Admont, Kidkiddos Books
R645 Discovery Miles 6 450 Ships in 18 - 22 working days
Merlyn die seemannetjie (Afrikaans, CD): Lochner De Kock Merlyn die seemannetjie (Afrikaans, CD)
Lochner De Kock; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokkems; Poseidon.

Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt 1
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit.

Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie.

Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip.

Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae.

Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.

Agter Die Elande Aan (Afrikaans, Paperback, Revised edition): Willem D. Kotze Agter Die Elande Aan (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
Willem D. Kotze
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days

Die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T’sats-reeks.

T’sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy ’n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen ’n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en ’n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy ’n jong jagter is wat ’n vrou kan vat.

Maar die Kalahari word geteister deur ’n ongekende droogte. Die elande trek weg na groener dele en Tkô!lie se groep moet uitmekaar gaan om te kan oorleef. Só word Tkô!lie en Ta!mi geskei. Hoe gaan Tkô!lie sy eland skiet en weer vir Ta!mi opspoor in die uitgestrekte Kalahari?

Speurder Kwaaikofski 12: Muise En Gespuise (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 12: Muise En Gespuise (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Uiteindelik het Kwaaikofski sy eie rekenaar. Nou hoef hy nie meer sy speursake soos 'n speurder in die Middeleeue op te los nie! En dit is ook nie 'n minuut te laat nie, want Kwaaikofski se nuutste saak lei hom op 'n geheimsinnige dwaalspoor tot diep in die vreemde wereld van kuberkrakers. Hy moet 'n geheimsinnige rekenaarspeletjie genaamd Towertuin opspoor, voor dit dalk te laat is...

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 1: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 1: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 4 - 6 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 4: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 4: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 6 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Leerdersboek (Afrikaans, Staple bound): Alles-in-een huistaal (KABV): Gr R: Leerdersboek (Afrikaans, Staple bound)
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 5 - 10 working days

Die ALLES-IN-EEN-reeks

• is volledig hersien en aangepas volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsver klaring

• is beskikbaar vir die vakke Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede

• kan per vak of as pakket gebruik word

• is beskikbaar vir Graad R-3. Die Onderwysersgidse Daar is ’n onderwysersgids vir elke vak Die Onderwysersgids bevat

• ’n jaarplan vir die vak

• die vier termynplanne vir die vak

• ’n daaglikse rooster en tydskedule vir ’n week

• die weeklikse werkskedules

• daaglikse stap-vir-stap lesplanne vir 40 weke

• wenke en noodsaaklike agtergrondsinligting vir elke tema

• rympies en liedjies vir elke tema. CD Die CD bevat

• die gratis hulpbronne vir die onderwyser

• die gratis voorgeskrewe werkvelle

• ’n temagerigte storie vir elke dag

• assessering en assesseringsvorms

Willem Die Wreedaard (Afrikaans, Hardcover): John Fardell, Shane Kleyn Willem Die Wreedaard (Afrikaans, Hardcover)
John Fardell, Shane Kleyn; Illustrated by John Fardell
R64 R60 Discovery Miles 600 Save R4 (6%) Ships in 6 - 10 working days

Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?

’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Leesboek 2: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 1 Leesboek 2: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 2: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Best Books se gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Leesboek 2: Gr 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se

• taalvermoë

• ontwikkelingstadium

• ervaringswêreld

• belangstellingsveld en

• humorsin.

Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar

• oogspan

• fraseringsvermoë

• ervaringsbesit

• woordbegrip

• sigwoordeskat en

• klankmatige ervaring.

Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou.

'n Onderwysersgids is beskikbaar.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Tax Havens for International Business
Adam Starchild Hardcover R2,636 Discovery Miles 26 360
Amazon Unbound - Jeff Bezos and the…
Brad Stone Paperback R497 R469 Discovery Miles 4 690
How To Win A Trade War - A Friendly…
Soumaya Keynes, Chad Brown Paperback R399 R319 Discovery Miles 3 190
Accounting Services, Growth, and Change…
David L. McKee, Don E. Garner Hardcover R2,532 Discovery Miles 25 320
RLE: Japan Mini-Set E: Sociology…
Various Hardcover R47,733 Discovery Miles 477 330
The Challenge of Front-Line Management…
Carolyn L. Facteau, Katherine A. Jackson, … Hardcover R2,546 Discovery Miles 25 460
When Businesses Cross International…
Harvey S James Hardcover R2,529 Discovery Miles 25 290
Deliver What You Promise - The…
Bali Padda Paperback R425 R385 Discovery Miles 3 850
Managing Diversity in the Global…
Celia de Anca, Antonio Vazquez Vega Hardcover R2,670 Discovery Miles 26 700
Globalization, Regionalization and…
M Schelhase Hardcover R1,399 Discovery Miles 13 990

 

Partners