![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Elmer, die kleurvolle olifant, is ’n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter. Die jagters is op pad en die olifante is bekommerd. Elmer, die lappieskombers-olifant, dink hoe hy die jagters kan uitoorlê, maar dinge verloop nie soos wat hy beplan het nie …
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard se: “Dis nie ’n worshond nie!”, dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is ’n probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op ’n dag wakker word en self ’n hond is?
In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas ... In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos 'n walvis wat kan vlieg. Of 'n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan he net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net 'n grappie van die son is. In jou gedagtes is 'n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe 'n kindjie kan doodgaan, en 'n oupa gebore kan word. "Hierdie boekie het ek geskryf," se Van Veen, "na 'n geselsie met 'n man en 'n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou 'n engeltjie is". 'n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk en oud.
Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer. Met hierdie versameling verse wil Koos jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geïgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter. Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind. Moenie jou verlede vergeet nie. Koos vra jou om die tye van “heilige afsprake” en “ontmoetings met Lig” te koester, want “om jou verlede te ag is die anker van jou toekoms.” Die temas van God en geloof word ook aangeraak en jy kom diep onder die indruk van jou afhanklikheid van Sy genade.
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?
Die sesde boek in die gewilde Asterix-reeks, wat groot en klein wereldwyd bekoor. Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar beste argitek om binne drie maande 'n spoggerige nuwe paleis vir Caesar te bou. Om so 'n onmoontlike taak te verrig, benodig die argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.
Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep
prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis
Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns
se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie,
olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14
bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees. Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.
Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor. Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings. Kry taalleiding:
Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?
Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys. Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …
Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel volgens die KABV om leerders te help om My Japan, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Word elke jaar gekoop. Agtergrond - mites/self-sny-subtema/tsoenami van 2011/Goth-subkultuur/kalligrafie in drama. Opsommings/vrae van tonele. Leer karakters ken. Bespreking van die drama. Post leesverrykingsaktiwiteite. Konsepvraestel.
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1 tot 3 (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) is ontwikkel om te pas by die leerder se • taalvermoë • ontwikkelingstadium • ervaringswêreld • belangstellingsveld en • humorsin. Die doel van die reeks is om die jong leser aan te moedig om vir genot te lees met inagneming van sy/haar • oogspan • fraseringsvermoë • ervaringsbesit • woordbegrip • sigwoordeskat en • klankmatige ervaring. Die leesreeks bestaan uit 16 leesboeke per graad. Dit is volgens vier leesvlakke (van maklik tot moeilik) geskryf. Die leesboeke van 'n vlak toon duidelike progressie met betrekking tot inhoud, woordkeuse, woordeskat en sinsbou. 'n Onderwysersgids is beskikbaar.
Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om 'n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!. Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorle en boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar 'n bedrieer in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?
Die Pharos Grondslagfasewoordeboek Afrikaans–Engels/English–Afrikaans
is geskik vir leerders in graad 1 tot 4. Die woordeboek bevat die
sigwoorde en spelwoorde wat in die taalkurrikulums vir Afrikaans en
Engels in die Grondslagfase gespesifiseer word.
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek? |
You may like...
Talking To Strangers - What We Should…
Malcolm Gladwell
Paperback
(2)
|