![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Hierdie oefenboek sal jou taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat taal- en begripsoefeninge, sommer alles-in-een. Dit sal jou taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) verryk en jou help om Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl jy leer. Hierdie oefenboek - is saamgestel volgens die vereistes van die KABV. - bied begripstoetse. - bied agt hoofstukke met taaloefeninge. - bied oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding. - is gebruikersvriendelik. - bevorder taal- en leesvermoë. - bied toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture. - bevat Engels en Afrikaans as instruksietaal. Hierdie oefenboek bou op die basiese taalstrukture en -konvensies wat jy alreeds begin leer het en ontwikkel jou kennis van Afrikaans as addisionele taal. Die antwoordstel is op www.bestbooks.co.za beskikbaar.
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit. ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)
In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wereld geleef. Tot die dag wat die volmaakte masjiene opgedaag het. Danksy die volmaakte masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wereld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?
Ontdek die fassinerende gediertes wat miljoene jare gelede oor die aarde geheers het in hierdie natuurwetenskapmuseum in drukvorm. Maak kennis met van die kleinste geveerde wesens tot die enorme plantvreters wat die aarde laat skud het wanneer hulle beweeg het. Saamgestel met die deskundige insette van onder andere paleontoloë.
Dis Van Hunks en die Duiwel se skuld dat daar gereeld so 'n swaar kleed oor Tafelberg le, so lui die ou-ou legende. Dit is ook van hulle twee se rookkompetisie waar Duiwelspiek sy naam gekry het. Met speelse, humoristiese teks en prettige, verbeeldingryke illustrasies blaas Roelf van Rensburg en Theo Krynauw moderne woema in 'n tydlose legende. In 'n sewentigtal kwatryne word vertel hoe die pyprokende Van Hunks in die eerste plek in die Kaap beland het – en wat sy rookmanie tot so 'n dawerende crescendo gedryf het. Die feit dat hy oor toorkragte beskik wat hom onsterflik maak, is 'n bron van eindelose frustrasie vir Van Riebeeck en sy kompanjie, maar is beslis die kern van 'n kat-kom-weer-scenario wat lesers sal laat skater. As jy nog nie die storie Van Hunks en die Duiwel gehoor het nie, moet jy hierdie boek lees, so waar as wat Tafelberg plat is. Ken jy dit wel, sal jy hierna opnuut jou oe spits wanneer Duiwelspiek die dag onder 'n wolkkombers verdwyn.
Groenkappie is op pad na Raponsie se partytjie, ver weg in die woeste woud. Die pad is lank en vol gevare, maar Groenkappie weet net hoe om die gevare te vermy. Op haar pad los sy sommer ’n hele paar sprokieslandprobleme op – onder andere een van ’n ondier met ’n gebroke hart. Die boek is ’n verbeeldingryke , wonderlike storie vol sprokieskarakters soos mens hul nog nie vantevore gesien het nie, soos Rooikappie, Duimelientjie, Raponsie, die sewe dwergies, Skoonlief, en nog heelwat ander. Dis pragtig geïllustreer en vol humor – ’n sprokie soos geen ander!
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek? Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar ’n toepassing, ’n verwysing na ’n Bybelteks, ’n gebed asook ‘n prentjie-aktiwiteit.
Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.
Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker! Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat ’n Graad 2- leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou- en taaloefeninge wat die leerder moet voltooi. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en sigwoorde te herken en te benoem. Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne. Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die leerder in staat stel om elke klank korrek te skryf. Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit in die klas sal leer volgens die vereistes van die KABV. |
You may like...
Process Analytics - Concepts and…
Seyed-Mehdi-Reza Beheshti, Boualem Benatallah, …
Hardcover
R2,483
Discovery Miles 24 830
|