![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is
die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets
doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom
moet ek bid?
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Josh (13) woon by sy tannie Verona en haar gesin op 'n plaas in OosAfrika nadat sy ma twee jaar gelede skielik verdwyn het. Op 'n dag daag 'n vreemdeling by die plaas op en probeer Josh ontvoer. Gelukkig red Doris, die huishulp, hom uit die kloue van die bose man. Sy vertel hom dat 'n groep mense sy bloed soek en dat hy moet vlug na 'n magiese geheime vallei, Kalimbula, waar hy veiliger sal wees. Hy moet die wyseman, Ngandu, in sy grot gaan spreek. Josh en Njeri, 'n kanniedood 15jarige meisie, se paaie kruis. Sy help hom om die wyseman te vind – en Josh word met 'n opdrag weggestuur: die opsporing van die goue kalbas. Josh weet dat al sy vrae beantwoord sal word wanneer hy die kalbas kry en hy pak die reis deur Kalimbula alleen aan. Hy ontmoet Masjeba, die heks, wat hom help om die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning bymekaar te sit. Wanneer die kalbas uiteindelik oopgemaak word om die naam van die volgende troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .
Elkeen het sy eie ster, daarvan is Laura seker. Maar hoe staan sake met haar boetie Tommie se Pas-My-Op-Hondjie? Het 'n speelgoedhondjie ook sy eie ster? Om dit uit te vind, bou Laura en Tommie hulle eie ruimtetuig om na die sterre toe te vlieg. Of hulle die ster vind, en die tweetjies se wedervaringe op hule sterrereis, word liefdevol in hierdie verhaal vertel.
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Stout Hond - Stout Hond wil erens sit, maar hy is vol modder! Nee, Nellie, Nee! - Nellie gaan hou piekniek, maar sy will alles behalwe haar eie kos eet! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Die Prentebybel vir kleingoed is ’n versameling van twintig geliefde Bybelverhale waaronder Noag se ark, Daniël in die leeukuil, Die geboorte van Jesus en vele ander. Die kleurvolle illustrasies is kontemporêr sonder om hulle klassieke gevoel prys te gee en sal kleingoed se aandag vasvang terwyl hulle leer dat God alles geskep het, enigiets kan doen, altyd lief is vir ons, altyd goed is, ons gebede verhoor en ons vriend wil wees. Elke verhaal word afgesluit met ʼn toepassing om dit relevant te maak op die kind se lewe. Hierdie verhale sal kinders aanmoedig om hulle eerste geloofstreë te neem. Dit sal hulle help verstaan dat Jesus ons Here en Verlosser is en dat ons nou en vir altyd saam met Hom kan woon! Kinders van vier tot agt sowel as hul ouers sal dol wees oor hierdie pragtige Prentebybel met sy stewige kartonbladsye.
Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Laura gaan haal die sterretjie en vat dit na haar kamer toe. Maar die volgende oggend is die sterretjie skoonveld ... Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief is, moet afskeid neem, word met deernis en begrip in hierdie verhaal van Laura en haar ster vertel.
Xar en Wens het die bestanddele vir die doepa om van hekse ontslae te raak gekry. Nou roep die towerkoning hulle na die Meer van die Verlorenes. Maar hulle moet die doepa eers in die beker van tweede kanse aanmaak. Xar is ’n towenaarseun wat deur ’n gevaarlike heksevlek beheer word. Wens is ’n krygermeisie met sterk towerkrag. Kan hulle die honger Draakwurmmonster verslaan en met die beker ontsnap? En sal die doepa se towerspreuk sterk genoeg wees om die VLOEK VAN DIE WOESTE WOUD te verbreek … of sal die hekse VIR EWIG regeer?
Wonderlike stories wat kinders sal leer van God se liefde vir hulle. Die 18 Bybelstories in hierdie boek vertel van die wonderlike feit van God se liefde en gee elke kind die kans om te leer dat hulle in God se oë uiters kosbaar is. Elke Bybelstorie verwys na ’n bekende Bybelvers wat spesifiek gekies is om die waarheid in elke storie uit te lig. Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak God is liefde Bybel die ideale boekie vir kleingoed. Saam met die pragtige illustrasies, sal hierdie stories aan kinders ’n beter begrip van die boodskap van die Bybel gee, sodat hulle met sekerheid kan sê "God is lief vir my" en ook verstaan hoekom!
Gebede vir my seuntjie bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle
kleinding kan bid.
Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak hierdie kartonboek die ideale eerste Bybel vir kleingoed. Eerste Bybel vir kleingoed bevat van die bekendste Bybelverhale, pragtig geillustreer, wat God bladsy vir bladsy aan kleingoed bekend sal stel. Dit sal kleingoed help om die eerste treë in hul geloof te neem en om die God te leer ken wat hulle liefhet! Kleingoed sal dit geniet om na die mense en diere in die kleurvolle kunswerk op elke bladsy te kyk, wat dit die perfekte keuse maak as jou baba se eerste Bybel!
Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer. Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.
Die gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul
baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal
ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg,
beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.
Ons seuntjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se
eerstelewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle
toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle
aan die slaap te sus.
Louie Giglio bied nog 100 dagstukkies oor God en die wetenskap wat kinders tussen 6 en 10 se nuuskierigheid sal prikkel. Hoe groot is ons God bevat merk-waardige wetenskap like feite, pragtige foto’s, prettige illustrasies en eenvoudige aktiwi teite. Die temas sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en vele meer! Met hierdie dagstukkieboek gaan kinders op ’n reis om meer oor God en sy ongelooflike skepping te leer. Van die Pienk Meer in Senegal en die Aarde se omwenteling om die son tot die waterwyse padda wat tot vyf jaar lank sonder water kan oorleef, sal die wonders van die heelal jou kind ’n nuwe waardering gee vir God se ontsaglike skeppingsvermoë.
’n Pragtige geskenk om enige kleinding se doop te vier.
Kinders tussen 5 en 8 jaar sal dit geniet om op hierdie prettige manier
77 sleutelteksverse in die Bybel te memoriseer. Hulle lees eers die
teksvers, dan skryf hulle dit neer en dan kleur hulle die pragtig
ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en
hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en
Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te
saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.
77 Bybel-aktiwiteite vir kinders is ontwerp om kinders tussen 5 en 8 te
vermaak terwyl daar terselfdertyd ’n liefde vir God se Woord in hulle
vasgelê word. Kinders sal pret hê terwyl hulle die kolletjies verbind
om te sien wat vir Jona ingesluk het en die diere help om Noag se ark
te kry. Hulle sal die speletjies geniet en speel-speel leer.
Ons dogtertjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se eerste
lewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor. |
You may like...
Careers - An Organisational Perspective
Dries A.M.G. Schreuder, Melinde Coetzee
Paperback
(1)R643 Discovery Miles 6 430
Teaching Strategies For Quality Teaching…
Roy Killen, Annemarie Hattingh
Paperback
R164
Discovery Miles 1 640
Teaching Science - Foundation To Senior…
Robyn Gregson, Marie Botha
Paperback
R610
Discovery Miles 6 100
Careers - An Organisational Perspective
Melinde Coetzee, Dries Schreuder
Paperback
Creative Schools - Revolutionizing…
Ken Robinson, Lou Aronica
Paperback
(2)
|