![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag ’n ander seeperdjie ontmoet – ’n maatjie net soos sy … Sy begin in die wye oseaan na ’n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy ’n vis-nar help...
Hannes Joubert en sy Melkbosmaats word betrek by 'n permeloenstroopsindikaat op hulle dorp. Hannes en Zander lei 'n sorgelose longboard-lewe van surf en elke Vrydag milkshakes drink by Goofies, waar hulle vriendin Luna na skool waitress. Zander en Hannes merk een middag 'n paneelwa sonder nommerplate op. Hannes se speurinstink skop in en hulle volg die kar tot by die see, waar verdagte mans uitklim met staalmesse en nette. Die volgende oomblik is hulle vasgebind agterin die paneelwa!
Facto luister wat die Flixies te sê het oor water en hy hoor dat dit 'n wonderstof is! Geen lewe soos ons dit ken is moontlik sonder water nie. Dit is 'n wonderlike oplosmiddel, wat beteken dat die plante en diere se kos eers daarin moet oplos voordat dit deel van die plant of dier se liggaam kan word. Dit is ook 'n was- en spoelmiddel en dit koel af. Ons voorraad vars water wat bruikbaar is, is baie beperk en die Flixies verduidelik hoekom. Die Onderwysersgids sluit in:
Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie... Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders! Die Onderwysersgids sluit in:
Children can explore their world with this fun first dictionary and learn the names of various things around them. Each page is packed with pictures and things to find and talk about. These books are hard back with full colour illustrations. Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge rondom hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat. Dié boeke is hardeband met volkleur illustrasies.
Die Flixies vertel van een van die belangrikste natuurlike hulpbronne, naamlik grond. Hulle gesels oor die waarde van grond vir plante, diere en mense, maar hulle is ook baie bekommerd... Al is die aarde so groot en al word dit met grond bedek, is daar eintlik maar bitter min grond waarin plante kan groei en wat bewerk kan word vir gewasse wat mense nodig het vir voedsel. Flex gebruik 'n bessie om hierdie kwessie aan die Flixies te verduidelik. Die Onderwysersgids sluit in:
'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie! Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie wil 'n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen sodat Kwaggaberg se seuns kan gaan krieket speel.
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …
Daar is 'n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Floris het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Susanna oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Susanna te se wat hy graag vir haar wil se, sal 'n fortuin kos.
Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, die voorgeskrewe roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in ’n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel. Die Onderwysersgids sluit in:
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is! Die Onderwysersgids sluit in:
’n Nuwe gier trek deur die wildpark. Mensekaarte! Kallie die Kameelperd en sy vriende wil al die kaarte bymekaarmaak, maar hulle sal dalk moet saamwerk om die versameling vol te kry! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
As kinders van Die Aksie-Bybel gehou het, sal hulle mal wees oor Die
Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie. Dit was nog nooit so lekker of maklik
om die Bybel te leer ken nie. Hierdie prettige speletjie bied:
Die kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat Die Aksie-Bybel geïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.
Skatlam is g’n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy’t ’n droom – 'n wonderlike droom ... al is sy baie lief vir haar raserige familie. Skatlam wil haar eie hotel he! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe – die honger wolf en 'n sissende slang. En dan’s daar nog die draak agter die hotel ... Geniet Skatlam se soeke om haar droom te bewaarheid in die pragboek. En leer hoe belangrik dit is om jou drome na te volg...
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
|
You may like...
Perspectives Intermediate: Workbook with…
National Geographic Learning
Paperback
R504
Discovery Miles 5 040
Mindful School. Mindful Community…
Frankie Engelking, Rosie Waugh
Hardcover
R741
Discovery Miles 7 410
Designing Authentic Performance Tasks…
Jay McTighe, Kristina J Doubet, …
Paperback
Music for Children with Hearing Loss - A…
Lyn E. Schraer-Joiner
Hardcover
R3,844
Discovery Miles 38 440
|