0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (194)
  • R50 - R100 (1,040)
  • R100 - R250 (2,677)
  • R250 - R500 (1,392)
  • R500+ (233)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Die Mooiste Van Almal - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Mooiste Van Almal - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele wêreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die wêreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin!

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Facto En Die Flixies - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Facto En Die Flixies - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het...

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Diere Kom Help - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Diere Kom Help - Onderwysersgids Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Die Spinnebotte Slaan Toe! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Spinnebotte Slaan Toe! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 11 - 16 working days

​Laerskool Klipdassie kry besoek van Dr. Ragno en sy dogter, wat vir die leerders 'n demonstrasie kom gee van die robotiese spinnekoppe wat hulle bou. Maar 'n juffrou stuur Georgi, Frikkie en Enzo uit die saal! Die drie maats sluip na 'n kamertjie onder die verhoog, vanwaar hulle steeds alles sien.

Skool Vir Talente - Tweede Periode: Kragonderbreking (Afrikaans, Paperback): Silke Schellhammer Skool Vir Talente - Tweede Periode: Kragonderbreking (Afrikaans, Paperback)
Silke Schellhammer
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 11 - 16 working days

In die tweede boek in die reeks hou die kosskool hou 'n filmkompetisie en almal gebruik hulle talente om die wonderlikste tonele te skiet.

Alva en haar vriende wil baie graag wen, maar vreemde kragonderbrekings plaas die groot premieraand in gevaar.

Kan die vriendegroep betyds uitvind wie verantwoordelik is? En sal die geheimsinnige kennisgewingbord weer help om lig op die duisternis te werp?

Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . .

Dieremaats (Afrikaans, Board book): Dieremaats (Afrikaans, Board book)
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Die blou robyn (Afrikaans, Paperback): Gerrie Radloff Die blou robyn (Afrikaans, Paperback)
Gerrie Radloff; Illustrated by Douw van Heerden
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Speurder Kwaaikofski 7: Speurder Teen Speurder (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 7: Speurder Teen Speurder (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralph Butschkow
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 11 - 16 working days

6-10 jaar/years. Kinders is mal oor Speurder Kwaaikofski! Uiteindelik kan hulle nóg ’n heerlike speuravontuur geniet. Kwaaikofski het kompetisie: ’n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself ’Koning’ en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. ’n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 2: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R81 R51 Discovery Miles 510 Save R30 (37%) In Stock
Die Flixies Groet - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Die Flixies Groet - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Klein Grillie Spinnekop - My inkleur- en speletjiesboek (Afrikaans, Paperback): Diana Amft Klein Grillie Spinnekop - My inkleur- en speletjiesboek (Afrikaans, Paperback)
Diana Amft; Illustrated by Martina Matos; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Klein Grillie Spinnekop het baie maatjies en ’n groot familie. Hy kan glad nie verstaan waarom mense bang is vir spinnekoppe nie. Mamma, Pappa, Oom Langbeen, Tant Fiena, Spiere, Pikkie en al die ander spinnekoppe is dan glad nie so grillerig nie! Hulle kuier graag by mekaar, maak prentjies met hul spinnerakke, vertel stories, speel speletjies of bou legkaarte. Speel jy saam? In hierdie boek kan jy saam met Grillie en sy maatjies allerhande dinge maak, prentjies inkleur en raaisels oplos.

Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 1: Gr 1: Leesboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
R95 Discovery Miles 950 Ships in 11 - 16 working days
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Best Books Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 4 Boek 2: Gr 3: Leesboek - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Best Books
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 11 - 16 working days
Die Aksie-Bybel (Afrikaans, Hardcover): Doug Mauss Die Aksie-Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Doug Mauss
R400 R368 Discovery Miles 3 680 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.

Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is.
Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.

Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.

Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!

Obelix & Kie (Afrikaans, Paperback): Rene Goscinny Obelix & Kie (Afrikaans, Paperback)
Rene Goscinny; Illustrated by Albert Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 2 - 4 working days
Ontdek in Afrikaans: Op Aarde (O-Klank) & Zanda Skrik (I-Klank) (Afrikaans, Paperback): Reinette Lombard, Jose Palmer Ontdek in Afrikaans: Op Aarde (O-Klank) & Zanda Skrik (I-Klank) (Afrikaans, Paperback)
Reinette Lombard, Jose Palmer
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks

• Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek.

• 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories.

• Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte

• Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.

Pippie Langkous-Omnibus (Afrikaans, Paperback): Astrid Lindgren Pippie Langkous-Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Astrid Lindgren
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippie-titels in: Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee.

Nuwe alles-in-een wiskunde: Gr 1: Leerderboek (Afrikaans, Staple bound): Mart Meij, Beatrix de Villiers Nuwe alles-in-een wiskunde: Gr 1: Leerderboek (Afrikaans, Staple bound)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R230 Discovery Miles 2 300 Ships in 11 - 16 working days

Die Nuwe alles-in-een reeks kan nou spog met 'n nuwe lees- en klankprogram vir Gr 1 tot 3 om gedeelde, begeleide en selfstandige lees in die klaskamer te bevorder. Dit is ontwikkel volgens doe beginsels en doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Die leerfokus van hierdie boek is om fonemiese bewustheid te bevorder. Leerders moet daarvan bewus wees dat spraak uit 'n reeks klanke bestaan, hulle moet individuele klanke herken, asook die manier waarop klanke woorde en woorde sinne vorm.

Klein Grillie Spinnekop - My plaasvakansie-aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback): Diana Amft Klein Grillie Spinnekop - My plaasvakansie-aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback)
Diana Amft; Illustrated by Martina Matos; Fantasi Fantasi
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Klein Grillie Spinnekop kan al sy eie web spin, net waar hy wil. Hy reis deur die wereld en besoek elke dag ’n ander plaas. Daar is soveel om te ontdek en te verken! Saam met sy maatjies beleef hy spannende avonture. Hy speel wegkruipertjie saam met die kuikens, ondersoek dierespore in die modder en vleg Paula die perd se maanhare. Het jy lus om saam te speel? Gryp jou potlode en kom kleur in, los raaisels op en raak kreatief saam met Klein Grillie Spinnekop!

Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback): Eisteddfod-Pret - Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool (Afrikaans, Paperback)
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer enigiets wat geskik is nie. Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ’n Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ‘n Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Topsy Smith Trompie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Topsy Smith
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 11 - 16 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!

Disney Pixar Lightyear Lees Vir My (Afrikaans, Paperback): Disney Pixar Lightyear Lees Vir My (Afrikaans, Paperback)
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sharing books and stories with your child is fun!

It is a great way to build special memories and moments with your child, and can easily become a favourite part of the day.

Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Nicole & Appelliefie 1: Die Nuwe Maat (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R100 R91 Discovery Miles 910 Save R9 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …

Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback): Jurgen Banscherus Speurder Kwaaikofski 4: Die Nag van die Blou Kaalkoppe (Afrikaans, Paperback)
Jurgen Banscherus; Illustrated by Ralf Butschkow; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R152 Discovery Miles 1 520 Save R18 (11%) Ships in 11 - 16 working days

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig -- hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee -- en nou lyk hy soos ’n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . . Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R280 R263 Discovery Miles 2 630
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R269 Discovery Miles 2 690
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Harry Potter en die Halfbloed Prins
J. K. Rowling Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R260 R244 Discovery Miles 2 440
Harry Potter en die Kamer van…
J. K. Rowling Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Pharos Senior Tweetalige Skoolwoordeboek…
Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100

 

Partners