![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle
toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle
aan die slaap te sus.
Gebede vir my seuntjie bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle
kleinding kan bid.
Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer. Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.
’n Pragtige geskenk om enige kleinding se doop te vier.
Die gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul
baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal
ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg,
beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.
Ons dogtertjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se eerste
lewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir die eerste keer met die van die Slang gekruis het en hy moet 'n vermiste hond opspoor.
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
Daar’s groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feekoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil so graag gekies word, maar sy’s nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik...
Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help om te wedywer nie en dit loop uit op 'n uitnodiging van Allamapstix: Spoggerix kan 'n bredie wat gekrui is met lourierblare uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met 'n vinkelkrans te ruil?.
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry! Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoperkinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.
Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met riglyne vir die onderwyser of ouer. Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en onderwysers lus om te leer spel. Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in. Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
Oupa Flex vertel ’n baie interessante storie oor die eerste werweldiere, visse, en hoe dit gekom het dat hulle uitbeweeg het land toe. Wetenskaplikes het natuurlik geraai hoe die eerste ou lomp visse wat uit die water kon kruip en die lewe op land kon verken, moes gelyk het. Daar is later fossiele gevind om hierdie raaiskote van wetenskaplikes te ondersteun – fossiele van reuse lobvinvisse, waarvan die vinne amper soos primitiewe bene gelyk het! Die Onderwysersgids sluit in:
Klerukodes vir begeleide lees. Daar is verskillende dkleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanbare standaard.
Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties ’n lied moet sing. Voor al die mense! Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australië bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . .
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n
Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die
herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is
baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Die lewe op 'n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is eintlik nogal eensaam. Haar ma is dag in en dag uit aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so 'n krisis wat Anna van haar pragtige eiland na die verste uithoeke van die planeet neem. Net sy kan die wêreld red! |
You may like...
Tesourus Van Afrikaans
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler
Hardcover
|