![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Gewoonlik ondersoek Kwaaikofski nie sake wat iets met honde te doen het nie – dit is vir beginners. As die stad se ander speurders moet uitvind hy loop agter ’n vermiste hond aan, skaam hy hom morsdood! Maar hierdie keer is dit ’n uitsondering – Masker Mike se reusehond, Wotan, is net so geheimsinnig en buitengewoon soos sy eienaar. Maar wie beskuldig vir Wotan van allerlei wandade? Is dit net ’n manier om van hom ontslae te raak, of probeer iemand vir Masker Mike bykom? Speurder Kwaaikofski stel ondersoek in. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik. Dit is die een katastrofe na die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is reeds uiters gewild onder talle jong aanhangers en die sesde boek in die reeks beloof selfs groter pret en verrassings.
Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Vrugte van die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing is die
derde en finale boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer
is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar
die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog ’n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim! Pragtige nuwe uitgawes van hierdie klassieke kinderboeke om Roald Dahl se 100ste verjaardag te herdenk.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n uil, kuiken, hond, olifant, lama, dolfyn, sprinkaan en haas terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees. Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag
- en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan
te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs
stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende
dubbelklanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met
volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du
Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil
en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se
harte kruip.
Riek en Niek het ’n plan …
Integrasie van Bybelverhale met opvoedkundige metodiek om te help met vroeë kinderontwikkeling van kinders in skole of Sondagskole. Integrasie van Bybelverhale met opvoedkundige metodiek om te help met vroeë kinderontwikkeling van kinders in skole of Sondagskole. Elke PRETpak bestaan uit: - Ja! Kleuter Sagteband Bybel - Ja! Kleuter Aktiwiteits-& Gebedsboek - 4 x Nie-giftige Waskryte
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Gerrie Radlof se gewilde Oloff die Seerowerreeks is oorspronklik tussen 1957 en 1961 uitgegee en het daarna reeds vier uitgawes beleef. Die verhale, wat in die 1740's afspeel aan die Kaap de Goede Hoop en die seewee daarom heen, is verwerk om aan te pas by die moderne taalgebruik en aan te sluit by die hedendaagse tiener, maar niks van die oorspronklike sjarme en spanning het in die verwerking verlore gegaan nie. Ook geskik as leesstof vir Afrikaans tweede taal vir ouer leerlinge.
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag ’n ander seeperdjie ontmoet – ’n maatjie net soos sy … Sy begin in die wye oseaan na ’n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy ’n vis-nar help...
Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Vertrek op ’n wonderlike avontuur saam met God!
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor? |
You may like...
Dare to Be More - The Witness of Blessed…
Colleen Swaim, Matt Swaim
Paperback
Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir…
Vickie de Beer, Kath Megaw, …
Paperback
Earth and Space 100 Postcards…
Nirmala Nataraj
Postcard book or pack
|