![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Kinders kry soms nagmerries en word bang vir die donker. Dan het hulle
die versekering nodig dat hulle veilig is omdat God altyd by hulle is.
Jesus en die kindertjies Bybel-legkaart is ʼn 1000-stuk kartonlegkaart, ideaal vir meisies en seuns ouderdom 12 jaar en ouer. Dit illustreer die verhaal waar Jesus die kindertjies seën, soos vervat in Markus 10:13-16, saam met die Bybelvers “Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar” uit 1 Tessalonisense 5:16-18. Die legkaartstukkies en hoë kwaliteit van hierdie Bybel-legkaarte sal jou kind se fynmotoriese vaardighede en waarnemingsvermoë ontwikkel. Kinders word ook nader aan die Bybeltoneel gebring en kan nadink oor die Bybelvers terwyl hulle hierdie pragtige illustrasie voltooi.
Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer
dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie
belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie
saak hoe moeilik dit is nie.
Meer as 150 raaisels, STEM-eksperimente en blokkiesraaisels om die
brein te toets en geloof te bou terwyl kinders meer oor God en die
wetenskap leer. Die aktiwtiteitsboek kombineer Bybelse waarhede en
wetenskaplike feite om kinders ure lank besig te hou en is 'n gesonde
alternatief vir skermtyd.
Leer jou kleinding hoe om God te loof saam met die dierbare Klein
Beertjie wat vir God ’n lied sing terwyl hy God se wonderlike skepping
bewonder!
My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante
gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke,
maande en jaar vas te vang.
Laat jou kleinding saam met Klein Beertjie ontdek wat gebeur het die
aand toe Jesus gebore is!
Dit is soms moeilik om God se wil te ken. Daaglikse wysheid vir dogters
is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid,
leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke
sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te
floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken
en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale
manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.
Kom leer jou kleinding van liefde met Klein Beertjie, wat graag Bybel
lees en daarvan hou om van God te leer.
In hierdie prettige storieboek bevind 12 bekende Bybelfigure uit die Ou
en Nuwe Testament hulself in die verkeerde storie saam met allerlei
voorwerpe wat weggesteek is. Hierdie kleurvolle boek gaan ure se pret
verskaf en kinders meer omtrent die Bybel leer. Elke storie handel oor
'n bekende karakter uit die Bybel soos Noag wat hulself op 'n onbekende
plek, omring deur vreemde voorwerpe, bevind.
Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou
kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.
Stel jou kleinding bekend aan die storie van Saggeus en leer hulle wat
dit beteken om ander deur God se oë te sien.
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek. Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid. Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad. Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
Het jou kind jou al ooit gevra waar diere vandaan kom, of hoekom daar
wolke in die lug is? Trek jou kleinding nader en vertel vir hom of haar
hoe God die lug, see, berge, strande en alles in die heelal geskep het!
Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging.
Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel
te leer nie?
Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel
lees en daarvan hou om van God te leer.
Wil jy graag ’n gesindheid van dankbaarheid by jou kind vestig? Hierdie
pragtige storie is die perfekte manier om vir kinders te wys hoeveel
vreugde ons kan ervaar wanneer ons dankie sê vir God.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Hierdie speel-speel interaktiewe prinsespartytjie-stel met stewige karton speelstukke, is ideaal vir jong nuuskierige kinders wat daarvan hou om prinses-prinses te speel. Pas die 14 speelstukke in die regte spasies of gebruik jou verbeelding terwyl jy prinses-prinses speel daarmee. Die boek het 'n gerieflike oopvouklap met stoorplek vir die 14 los speelstukke.
Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?”
“Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?”
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling. Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red? Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.
George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak.
Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf,
kry hulle skoolhoof, mnr. Mor, dadelik iemand in sy plek: Professor
Poepenpoel. |
![]() ![]() You may like...
Survey Sampling Theory and Applications
Raghunath Arnab
Paperback
Markov Decision Processes in Practice
Richard J Boucherie, Nico M. van Dijk
Hardcover
R7,710
Discovery Miles 77 100
Data Science: Theory and Applications…
C.R. Rao, Arni S.R. Srinivasa Rao
Hardcover
Synchronization in Infinite-Dimensional…
Igor Chueshov, Bjoern Schmalfuss
Hardcover
R3,658
Discovery Miles 36 580
Linear Stochastic Systems - A Geometric…
Anders Lindquist, Giorgio Picci
Hardcover
R4,764
Discovery Miles 47 640
Interest Rate Models: an Infinite…
Rene Carmona, M.R. Tehranchi
Hardcover
R1,666
Discovery Miles 16 660
Index Numbers - A Stochastic Approach
D.S.Prasada Rao, E a Selvanathan
Hardcover
R2,878
Discovery Miles 28 780
|