0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (258)
  • R50 - R100 (1,389)
  • R100 - R250 (3,035)
  • R250 - R500 (1,403)
  • R500+ (224)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Neo se Onsigbare Kombers (Afrikaans, Paperback): Salamina Mosese Neo se Onsigbare Kombers (Afrikaans, Paperback)
Salamina Mosese
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Neo hou van avonture, maar partykeer voel hy ’n bietjie bang. Sy suster, Thandi, is sterk en dapper … en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk! Hy skrik nie eens meer vir die hoogste boom in die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n nuwe skool toe moet gaan … en aan die swemgala deelneem? ’n Inspirerende storie oor dapper wees en glo in jouself.

Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, De Wet Hugo Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, De Wet Hugo
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.

Dance To Your Own Beat (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Dance To Your Own Beat (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Gabi Boy
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Pajamapartytjie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop! Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Barbie Skatkis-Stories Mermaid Power (Afrikaans, Hardcover): Barbie Skatkis-Stories Mermaid Power (Afrikaans, Hardcover)
R89 R60 Discovery Miles 600 Save R29 (33%) In Stock

Unlock the chest and discover the wonderful world of treasure cove stories. These timeless books will nurture a child’s imagination and help develop a lifelong love of reading.

Flaffie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Flaffie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet!

Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …

Polleke (Afrikaans, Hardcover): Guus Kuijer Polleke (Afrikaans, Hardcover)
Guus Kuijer; Translated by Martjie Bosman
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 6 - 10 working days

Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar! Polleke het ’n kerel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou … Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het! Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.

'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli 'n Maat Vir Alle Seisoene (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Nicci Martin
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Vonkel die eenhoring (Afrikaans, Paperback): Karen King Vonkel die eenhoring (Afrikaans, Paperback)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks; Edited by Fantasi Fantasi
R80 R74 Discovery Miles 740 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal se sy’s te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op ’n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud...

Wie Is My Skattebol? (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Wie Is My Skattebol? (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Nila Aye
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

'n Boek om met 'n oulike klein mensie te deel.

'n Heerlike interaktiewe boek, geskep deur die topverkoperskrywer Camilla Reid, en geillustreeer deur die bekroonde Nila Aye.

Heerlike interaktiewe lig-die-flappie boeke om met oulike babas en peuters tedeel. Beide boeke het sagte flappies en as ’n verrassing aan die einde, ’n spieëlwaarin die kleinding hom- of haarself kan bewonder.

Op Safari - Plakker- & speletjiesboek (Afrikaans, Paperback): Op Safari - Plakker- & speletjiesboek (Afrikaans, Paperback)
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Dis ’n nuwe dag in die bosveld en leeu en sy groep dierevriende besluit on saam on ’n avontuur te vertrek.

Wil jy saamgaan? Daar is baie prente om in te kleur, woordsoekspeletjies, blokraaie en ander aktiwiteite.

Daar is ook ’n dubbelbladsy propvol plakkers om die pragtige landskap agter in die boek mee te versier.

Ja! kleuter Bybelstories oor gebed (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Ja! kleuter Bybelstories oor gebed (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Wie Is So Oulik? (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Wie Is So Oulik? (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Nila Aye
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

'n Boek om met 'n oulike klein mensie te deel.

'n Heerlike interaktiewe boek, geskep deur die topverkoperskrywer Camilla Reid, en geillustreeer deur die bekroonde Nila Aye.

Heerlike interaktiewe lig-die-flappie boeke om met oulike babas en peuters tedeel. Beide boeke het sagte flappies en as ’n verrassing aan die einde, ’n spieëlwaarin die kleinding hom- of haarself kan bewonder.

Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman; Illustrated by Nico Meyer; Edited by Francois Maree
R90 R84 Discovery Miles 840 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Die Seerowers En Kaptein Rufus Rottus - Die Seerowers: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Jonny Duddle Die Seerowers En Kaptein Rufus Rottus - Die Seerowers: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Jonny Duddle; Translated by Kobus Geldenhuys
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling.

Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red?

Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.

Ja! kleuter Bybelstories oor liefde (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Ja! kleuter Bybelstories oor liefde (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R35 R33 Discovery Miles 330 Save R2 (6%) Ships in 5 - 10 working days
Meerkatreeks: Faan Haas Land In Die Pot (Graad 1) (Afrikaans, Paperback): Mart Meij Meerkatreeks: Faan Haas Land In Die Pot (Graad 1) (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 5 - 10 working days

Die Meerkat-reeks klaslesers volg 'n fonetiese benadering stap vir stap en stel die voorgeskrewe klanke en latere spelkonvensies bekend. Die vordering van fonetiese vaardighede sal duidelik gesien word. Leesopdragte wat leesbegrip aanmoedig, vergesel elke leesles.

Opwipsprokie: Gouelokkies en die Drie Bere (Afrikaans, Hardcover): North Parade Publishing Opwipsprokie: Gouelokkies en die Drie Bere (Afrikaans, Hardcover)
North Parade Publishing
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n groot verrassing op hulle . . .

Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die knus beerhuisie te verken en Gouelokkies se nuuskierige eskapades te aanskou.

Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback): Anneke Langner Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback)
Anneke Langner
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 5 - 10 working days

Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

Paw Patrol Vorms (Afrikaans, Board book): Paw Patrol Vorms (Afrikaans, Board book)
R70 R60 Discovery Miles 600 Save R10 (14%) Ships in 4 - 8 working days

This bright and colourful book is a great way to introduce babies and toddlers to books and first skills.

Minki Se Boekdag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki Se Boekdag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie. Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is - vir eers - daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie. Maar een van Minki se gunstelingboeke gee haar 'n plan ...

Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover): Jaap Robben Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover)
Jaap Robben; Edited by Daniel Hugo; Illustrated by Benjamin Leroy
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days

Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan ’n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op ’n dag ’n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.

Carike, Ghoempie En Ghoeghoe Kuier in Bybelland (Afrikaans, Hardcover): Carike Keuzenkamp, Ewald Van Rensburg Carike, Ghoempie En Ghoeghoe Kuier in Bybelland (Afrikaans, Hardcover)
Carike Keuzenkamp, Ewald Van Rensburg
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Vir meer as ‘n dekade reeds deel Carike Keuzenkamp en haar geliefde karaktertjies, Ghoeghoe and Ghoempie, waardevolle lewenslesse met Suid-Afrikaanse kinders; vermaak sy hulle en wys hulle terselfdertyd dat die lewe bedoel is om vol pret en geluk te wees. In haar nuutste boek, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland, deel sy van haar gunsteling Bybelstories. Getrou aan haar strewe om geloof in die daaglikse lewe van toepassing te maak, word elke Bybelstorie vergesel van ‘n moderne verhaaltjie waarin Ghoeghoe en Ghoempie kinders op ‘n praktiese manier wys hoe om hulle geloof uit te leef. ‘n Bonus is die gratis CD waarop sy die Bybelstories voorlees, met drie liedjies uit haar gouestatus-CD, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland.

Paw Patrol Seisoene (Afrikaans, Board book): Paw Patrol Seisoene (Afrikaans, Board book)
R70 R60 Discovery Miles 600 Save R10 (14%) Ships in 4 - 8 working days

This bright and colourful book is a great way to introduce babies and toddlers to books and first skills.

123 With Goose (Afrikaans, Board book): Laura Wall 123 With Goose (Afrikaans, Board book)
Laura Wall; Illustrated by Laura Wall; Fantasi Fantasi
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Handbook of Pediatric Brain Imaging…
Hao Huang, Timothy Roberts Paperback R3,531 Discovery Miles 35 310
Everyone Is Still Alive
Cathy Rentzenbrink Paperback R401 R172 Discovery Miles 1 720
Polaroid Bluetooth 35hr Headphones…
R400 Discovery Miles 4 000
Once Upon A Time I Would Grow Old
Hequet Paperback R779 Discovery Miles 7 790
Polaroid Airpad Speaker
R400 Discovery Miles 4 000
Sustainable Development and…
Corrado Clini, Ignazio Musu, … Hardcover R4,094 Discovery Miles 40 940
Laboratory Manual on Soil Physical…
M Singa Rao, Prabhu Prasadini Hardcover R675 R634 Discovery Miles 6 340
Quantifying and Managing Soil Functions…
Donald L. Sparks Hardcover R4,220 Discovery Miles 42 200
Unconventional Water Resources and…
Abdelazim M. Negm Hardcover R10,449 Discovery Miles 104 490
Altruism and Health - Perspectives from…
Stephen G. Post Hardcover R2,605 Discovery Miles 26 050

 

Partners