Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe. Greg, 'n selferkende "binneshuise persoon", ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reëls. Maar Greg se ma se idee van 'n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en "gesinstyd". Wie se idee gaan wen? Of sal 'n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?
Die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T’sats-reeks. T’sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy ’n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen ’n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en ’n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy ’n jong jagter is wat ’n vrou kan vat. Maar die Kalahari word geteister deur ’n ongekende droogte. Die elande trek weg na groener dele en Tkô!lie se groep moet uitmekaar gaan om te kan oorleef. Só word Tkô!lie en Ta!mi geskei. Hoe gaan Tkô!lie sy eland skiet en weer vir Ta!mi opspoor in die uitgestrekte Kalahari?
Muulke, Fing en Jes is glad nie lus om vir die hoeveelste keer te trek nie. Maar wanneer hulle eers die huis van Nege Oop Arms leer ken, wag daar verskeie ontdekkings en avonture op die Nederlandse sussies.
Kyk weer en weer en weer na die gedetailleerde prente in hierdie boek. As jy mooi kyk, sal jy sien dat 'n blou motortjie, 'n boef, 'n fakir op 'n vlieende tapyt en 'n geel ballon die hele reis saam met jou meemaak! Kom saam op 'n wereldreis! 32 pragtig geillustreerde volkleurbladsye sonder teks, wat jonk en oud op 'n verbeeldingsvlug sal meevoer.
Vandat sy 'n geheime towerboek onder haar bed ontdek het, is niks vir Lillie lekkerder as om heksespronge na interessante plekke te doen nie. Maar soms word haar towery ’n bangmaakspulletjie – byvoorbeeld toe sy haar skielik in ’n Egiptiese farao se grafkelder bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop nog die muisteddie waarmee sy haar na die werklikheid moet terugtoor. Deksels! En het sy nie juis voetstappe agter haar gehoor nie?
Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!
Welkom in die gesin – hoe jy ook al daar beland het! Hoe het jou gesin jou gekry? Het jy 'n ma en 'n pa, of 'n stiefma, of pleegouers, of miskien twee pappas of twee mammas? Daar is baie soorte gesinne, en hierdie boek verken almal van hulle. 'n Sensitiewe en noodsaaklike boek om die heel belangrikste element van gesinslewe vir selfs die kleinste kinders te verduidelik: dat jy baie, baie welkom is! Nog 'n uitbundige geselsboek deur die skeppers van die topverkopers Die groot boek van families en Die groot boek van gevoelens.
Avonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom ’n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op ’n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!
Ontdek in Afrikaans: Amki en Zanda leesreeks • Hierdie reeks het ten doel om Afrikaans vir kinders op 'n prettige manier deur middel van 'n oulike storie te leer en is veral gerig op Tweede Taal leerders. Amki en Zanda is van planeet Mars en neem elke kind saam op 'n heerlike avontuur om woordeskat en konsepte in Afrikaans te ontdek. • 5 boeke in die reeks, elk met 2 stories. • Kleurvolle illustrasies, 'n Afrikaans / Engelse woordelys en werksopdragte • Die reeks is gemik op Tweede Taal leerders (Gr 3 - 6) wat Afrikaans as Akademiese taal moet leer. Ook geskik vir kinders (ouderdom 8 - 10) wat reeds goed Afrikaans kan lees.
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan ’n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond – hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry! Nog ’n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wereld. Met totale wereldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Die selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer. Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank he! Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek. Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie, gaan ondersoek instel.
Hoe gemeen is dit! Die ooivaars het Ouma Breinaald se gunstelingtrui gesteel. Nou kan net Vaatjie help. Want Vaatjie het superkragte. En hy help altyd as iemand op die plaas in gevaar is. Vinnig trek hy sy kostuum aan: broek, mantel, masker. Woerts-warts verander Vaatjie in Sarel die Supervark.
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as die klein karnallie.
Dit is die yskoue winter van 1944/1945. Die Tweede Wereldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting. Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om 'n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?
Stout Hond - Stout Hond wil erens sit, maar hy is vol modder! Nee, Nellie, Nee! - Nellie gaan hou piekniek, maar sy will alles behalwe haar eie kos eet! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Wannie woon alleen in ? klein kamertjie op die boonste verdieping van ’n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen. Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie en die Stampertjies beleef hy groot avonture.
Walter raak op die vreemdste plekke aan die slaap; in die middel van ’n hewige storm, in die swembad, selfs op sy eie verjaarsdagpartytjie. Sy bekommerde ouers sleep hom na allerhande dokters toe en probeer alles om hom wakker te maak – van gruwelike spinnekoppe en ’n groot blaasorkes van 65 musikante. Maar niks of niemand kan hom wakker maak nie. Dan gebeur daar egter iets verrassends. ’n Prettige prenteboek oor slaap met groot illustrasies en treffende moderne ontwerp deur Pieter Gaudesaboos.
Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank! Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom. Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …
|
You may like...
Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren
R. Goscinny, A. Uderzo
Paperback
Tesourus Van Afrikaans
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler
Hardcover
|