0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (938)
  • R250 - R500 (877)
  • R500+ (42)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback): Zelda la Grange Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback)
Zelda la Grange 5
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd.

Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem.

Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Francis Wilson Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Francis Wilson; Translated by Aniel Botha
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis.

Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië.

Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.

Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback): Ina Bonnette Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback)
Ina Bonnette
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.

Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Halfpad Een Ding (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis.

Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring.

Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.

Wildekus (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Wildekus (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.

Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans aan om sy verhouding met sy dogter te herbou.

Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.

Hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ’n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke
paradys sy slang.

'n Fontein Voor Ons Deur (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver 'n Fontein Voor Ons Deur (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jaco Jacobs Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jaco Jacobs
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-mag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het? So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie? So verlief dat jy iets baie dom aangevang het? Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! Verlief bevat 11 liefdesverhale deur bekende en gewilde jeugskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Solet Scheers, Christine Neser en Nelia Engelbrecht.

Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht 1
R148 Discovery Miles 1 480 Ships in 4 - 6 working days

Clarissa Mentz is 'n gr. 11-leerder aan 'n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oenskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer. Die verhaal speel af in 'n kontemporere Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans. Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal

Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie.

Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Seisoen Van Vergifnis (Afrikaans, Paperback): Alta Cloete Seisoen Van Vergifnis (Afrikaans, Paperback)
Alta Cloete
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Amanda kry dit nie meer reg om aan Wim as net haar stiefbroer te dink nie. En as sy nie wilde hoop met moontlikhede verwar nie, is sy boonop op haar biologiese pa se spoor.

Die vyfde roman in die Geur- en Seisoen-reeks.

Die Einde Van Die Wereld  - En Hoe Om Dit Te Oorleef (Afrikaans, Paperback): Johannes Bertus de Villiers Die Einde Van Die Wereld - En Hoe Om Dit Te Oorleef (Afrikaans, Paperback)
Johannes Bertus de Villiers
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Die Maja-kalender sê ons einde kom in 2012.

Maar daar was al oorgenoeg ánder eindes vir die wêreld of die menslike beskawing voorspel. Johannes de Villiers ondersoek die aardskuddende gevare wat ons (miskien?) inwag. Die profesieë van die Majas en Nostradamus, ons ontstuimige son, natuurrampe, meteoriete uit die buitenste ruim, selfs zombies en eindvisies eie aan Suid-Afrika word hier saamgevat. Daar is hoop, selfs al gebeur die ergste.

Vind uit wat om te doen in die eerste 5 minute ná die groot ramp, en ’n egte “survivalist” wys ’n bietjie van hoe om in die veld te oorleef. En dan wat van mense wat moet voortleef ná hulle verkeerde voorspellings gemaak het?

Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Tania Brink Tania Brink Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Tania Brink
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerlees-liefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n nuwe wêreld bekend stel ...

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies ...

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

'n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger 'n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Plaaslike spioenasie wipplankrit..

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?

Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer…

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.

Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie. Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.

Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback): Nellie Alberts Reg In Die Middel Van Nerens (Afrikaans, Paperback)
Nellie Alberts
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself

Permanente Ink (Afrikaans, Paperback): Carina Dierericks-Hugo Permanente Ink (Afrikaans, Paperback)
Carina Dierericks-Hugo
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland ’n groepie niksvermoedende tieners in ’n gevaarlike web wat al stywer span..

Thomas@sms.net: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected]: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo 1
R194 Discovery Miles 1 940 Ships in 4 - 6 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop – sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees.

Jy Handle Dit Net (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Jy Handle Dit Net (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drikus voel soos God se afskeepkind. Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in ’n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou?

Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, ’n straatkind met ’n unieke uitkyk op die lewe.

So begin ’n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander.

Wonderlike Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Wonderlike Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Perd wat kan lees en somme doen?
'n Ysbeer wat 'n kat se lewe red?
'n Duif wat met 'n oorlogsmedalje vereer word?
'n Vark wat haar eienaar se lewe red?
'n Perd wat tekkies dra?
'n Papegaai met 'n woordeskat van meer as 150 woorde?
Klink dit te goed om waar te wees?
In die diereryk gebeur gereeld ongelooflike dinge - en in hierdie bundel kan jy van die mooiste en aangrypendste ware dierestories lees.

Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het en wie se storie reeds geslagte lesers bekoor het.

Op 'n mooi somersdag in November 1928 het Huberta die seekoei se groot pote begin jeuk. Nie die soort jeuk wat bedaar as dit gekrap word nie. 'n Jeuk wat net ophou wanneer 'n seekoei stap. Lees die ongelooflike verhaal van Huberta se verstommende reis.

Elke baas dink sy hond is die mooiste en die soetste en die slimste brak onder die son. Maar het jy al gehoor van 'n hond wat lid van die vloot is, 'n seemanspet dra en met sy eie seisoenskaartjie trein ry? Dis presies wat met bevare seeman, of sal 'n mens sê seewoef, Just Nuisance, gebeur het.

Al gehoor van 'n gorilla wat 'n misdadiger so getakel het dat albei met ernstige beserings in die hospitaal beland het? Dis presies wat Max, 'n gorilla van die Johannesburgse dieretuin, een wintersoggend in 1997 gedoen het.

Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 ware dierestories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons dierevriende laat kyk. Wendy Maartens se toeganklike, lewendige vertellings sal jong diereliefhebbers vasgenael hou.

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

Pieksel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Pieksel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.

Die Klein boek van hipercool hondetoertjies - hipercool hondetoertjies (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van hipercool hondetoertjies - hipercool hondetoertjies (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens, Magda Slabbert Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens, Magda Slabbert
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek.

Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

Sypaadjie (Afrikaans, Paperback): Alma Rossouw Sypaadjie (Afrikaans, Paperback)
Alma Rossouw
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Romanse, maar vol millenniër-kinkels

“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”

“Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?”

“Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”

Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae.

Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad?

Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Blueprints to Building Your Own…
Ian J M King Hardcover R595 R539 Discovery Miles 5 390
The Daisy Chain Flower Shop - Dream…
Laurie Gilmore Paperback R295 R219 Discovery Miles 2 190
Kristin Linklater
Bernadette Cronin, Regina Crowley Paperback R1,233 Discovery Miles 12 330
The Pursuit of Acting - Working Actors…
Starra H. Andrews Hardcover R2,045 Discovery Miles 20 450
Contemporary Stage Roles for Women - A…
Sandra Heys Hardcover R1,213 Discovery Miles 12 130
Comedy Acting for Theatre - The Art and…
Sidney Homan, Brian Rhinehart Hardcover R2,850 Discovery Miles 28 500
The Boat Runner
Devin Murphy Paperback R374 R340 Discovery Miles 3 400
The Comrade's Wife
Barbara Boswell Paperback R280 R259 Discovery Miles 2 590
New Times
Rehana Rossouw Paperback  (1)
R280 R259 Discovery Miles 2 590
The Homemade God
Rachel Joyce Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530

 

Partners