![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Hierdie versameling kortverhale bied 'n histeriese kykie op alledaagse situasies: 'n tango-les in die platteland; die tannie so "eenvoudig soos 'n ses-stuk legkaart"; 'n besoek aan 'n tandarts en sy assistent wat meer as net 'n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se debuut is 'n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk een keer deur sy oe na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis. Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom. (Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)
Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers. Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het. Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan tog nie ’n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ... Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk? ’n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed. Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou: - hoe om 'n resep te volg - hoe om te meet - wat kookterme beteken - hoe om kombuisgereedskap te gebruik Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie
talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil
Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
Opregte liefde is onbreekbaar. Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ‘n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ‘n vinger verroer. Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na ‘n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word ‘n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar ‘n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk. Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?
Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?
Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet. Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.
Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.
Die donker het 'n manier om jou in te haal. Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een
lekkerlees-liefdesomnibus!
In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle
nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg
geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral
onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale
Danskampioenskap deel te neem.
Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese gids is ideaal vir
klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die
roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die
konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met
nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne
konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.
Hoekom kry die DA nie steun onder swart Suid-Afrikaners nie? Is hulle gedoem om ’n wit party te bly? Wat doen die DA dan verkeerd? Kan hulle droom van groter steun in 2014? Eusebius McKaiser is bekend daarvoor dat hy geen doekies omdraai nie. In hierdie vermaaklike, ietwat voor-op-die-wa en soms tong-in-die-kies boek, bekyk Eusebius die DA van naderby. Staan hulle hoegenaamd ’n kans in die verkiesing hierdie jaar? Die boek is geskryf in Eusebius se kenmerkende leesbare en hoogs amusante styl. Sy argumente word aangevul deur kleurryke anekdotes en lewendige, soms onthullende vertelling uit sy eie ervaring. Of jy hom nou bewonder of verafsku, g’n Suid-Afrikaner word koud gelaat deur Eusebius se skerp, soms aspris, insigte nie.
Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet! Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar. So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer. Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde. Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ... Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word. Hierdie boek is nie 'n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas. Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed. Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer. Dis'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis. Redigeerder Louis Esterhuizen - ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”
Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag. |
![]() ![]() You may like...
The Handmaid's Tale: York Notes for…
Coral Ann Howells, Emma Page, …
Paperback
R257
Discovery Miles 2 570
|