![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn? Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil. Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei? Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is. Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur? En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm? Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle
nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg
geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral
onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale
Danskampioenskap deel te neem.
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie... Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit. C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde. Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...
’n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor ’n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle “wegkomkanse” vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in ’n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en ’n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word ’n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor ’n “nuwe” Suid-Afrika word ’n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie. “Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.” Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ’n skans teen verlies vorm. Die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: “Hierdie roman, so vertel hulle my, kan ’n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van ’n afgrond te bly dans.” Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings – wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.
In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig? Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind. Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf? Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie. In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.
Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens ’n storm die see ingeswem het om die matrose van ’n sinkende skip te red; en ontmoet ’n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Perd van ’n ander kleur 2. Die matriekheld van Henley-on-Klip 3. Nelson Mandela, ’n leier so na ons hart 4. Nkosi Johnson veg vir hoop 5. Wolraad Woltemade, ’n melkboer met durf 6. Japie Greyling swyg Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde. Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.
In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar! Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie. Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke. Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees? Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar. As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien. En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.
In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi. Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. In Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir Brandon, die ekspedisieleier, en leer ken ook die aantreklike blondekop Konrad Malan. Nou wonder sy: Watter man laat nou eintlik haar hart vinniger klop? In Dokter Draak kruis Livia Naudé se pad ná vier jaar weer dié van die broeiende Anton Duvel in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal. Hy het egter in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia steeds teen die roepstem van die liefde in haar hart.
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie 2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee 3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen 4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar 5. Zackie Mostert en die spokerige storie
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin: Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig haar seun Leo met sy liefde vir geweld en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid. Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Al wat Dienkie wil hê, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy nié wil hê nie, is die drama wat volg op ’n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke. Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan. Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is. Maar Dienkie beland weereens – per ongeluk – in die middel van ’n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak. Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus: - Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...? - Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG! - Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan! - Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lê van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.
Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste
vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder
het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen
op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.
Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders
bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is
propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en
gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander
staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy
Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul
deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae. Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak? Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary. |
You may like...
Facing Up to Thatcherism - The History…
Michael Ironside, Roger Seifert
Hardcover
R2,029
Discovery Miles 20 290
|