0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Droomwewer (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Droomwewer (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.

Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk.

Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.

Dubbelspel vir haar hart (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Dubbelspel vir haar hart (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskundeonderrig en om geld in te samel vir die matriekafskeid.

Sy wil nie weer ’n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde ’n kans gee, en Neels soek ’n vr ou wat orrel kan speel.

Wie gaan haar hart wen?

Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 6 - 10 working days

Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

Skimme En Spoorsoekers (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Skimme En Spoorsoekers (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R320 R265 Discovery Miles 2 650 Save R55 (17%) Ships in 7 - 11 working days

Alles voel verkeerd hier ...

’n Man staan op ’n brug, reg om te spring. ’n Geheimsinnige vrou verskyn snags langs die Knysna-meer. Twee tieners volg ’n vreemde lig en maak ’n donker ontdekking. ’n Stiefpa hou aan terugkom. ’n Boemelaar word wakker in ’n veranderde wêreld. ’n Meisie probeer haarself weer aanmekaarlas. ’n Ander een probeer haarself vermom. ’n Derde een worstel met die dood.

Alles voel verkeerd hier …

21 stories wat uit die donker verbeelding van Martin Steyn gekruip het, insluitend sy eerste gepubliseerde storie en ’n vervolgverhaal met AO Colin Menck (Donker spoor, Skuldig). Stories oor hunkering, trauma en onmoontlike keuses.

Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair vir die Demetriou-gesin werk.

Daar ontmoet sy die aantreklike professor Nikolas Demetriou. Karla en Nikolas voel aangetrokke tot mekaar, maar beide het slegte skeisake agter hulle en iemand anders wat in hulle belangstel.

Kan hulle die hindernisse in hul pad oorkom en ’n tweede kans vir liefde vind?

Langpadliefde (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Langpadliefde (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.

Renise het ’n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie. Sal hul liefde hier die nuwe toets deurstaan?

Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback): Liezl Nel, Rolien Viljoen Die ABC Van Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Liezl Nel, Rolien Viljoen
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied?
Hoe leer jy gedigteterme vir die leerders en wat ís die regte terme?
Ek het gedigte vir drie grade nodig - waar kry ek dit?
Hoe moet ek leerders vir die Eisteddfod voorberei?
Hoe leer ek my leerders om gedigte te skryf?

Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret!

Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.

Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie ....

Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback): Louis Jansen van Vuuren Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback)
Louis Jansen van Vuuren
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.

Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.

Dit is ’n moet vir Frankofiele!

'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover): Elsa Joubert 'n Wonderlike Geweld - Jeugherinneringe (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Joubert
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Elsa Joubert Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Elsa Joubert
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.

Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Ouma Mollie Gaan Terug Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Johann Strauss Ouma Mollie Gaan Terug Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Johann Strauss
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. En nou is ouma Mollie op pad terug skool toe. Gaan sy soet wees? Of gaan sy die arme onderwysers moedeloos maak? Maar, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.

Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe.

Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

Benru se Boomskok - Die geheim van sy spesiale magte (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit Benru se Boomskok - Die geheim van sy spesiale magte (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit; Illustrated by Luan Serfontein
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.

Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie ...

Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.

• Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS?
• Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop?
• Het Benru magte waarvan hy nie weet nie?

Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!

Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Ruan Kemp Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Ruan Kemp
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.”

George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue.

Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan.

Die Strokiesprent-Kompetisie (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Strokiesprent-Kompetisie (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!

Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...

Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.

Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback): Grace Barth-King Eerste Wals - Verhale & Verse (Afrikaans, Paperback)
Grace Barth-King
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 6 - 10 working days

Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geïnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief.

Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar.

Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.

As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.

By haar broer op sy wildreservaat, Enigma, ontmoet sy vir Phillip de Necker, ’n aantreklike blonde veearts met die mooiste blou oë.

Phillip doen snaakse dinge aan haar. Hy maak haar woedend, laat haar lag en vir die eer ste keer in jare voel sy spesiaal. Sy’t nie liefde kom soek nie, maar sy kan dit ook nie ontwyk nie. Gaan die liefde die som van haar lewe laat klop?

Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie.

Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig?

’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.

Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Veronique Jephtas Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Veronique Jephtas
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe): Adinda Vermaak, Marieta Nel Sweef en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback, 5de Uitgawe)
Adinda Vermaak, Marieta Nel
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).

Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof.

Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning.

Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Computer and Information Science
Roger Lee Hardcover R3,795 Discovery Miles 37 950
Complex Networks
Ronaldo Menezes, Alexandre Evsukoff, … Hardcover R2,676 Discovery Miles 26 760
Artificial Intelligence in the Age of…
Robert Kozma, Cesare Alippi, … Paperback R3,594 R3,405 Discovery Miles 34 050
Diagnostic Biomedical Signal and Image…
Kemal Polat, Saban Ozturk Paperback R2,952 Discovery Miles 29 520
Deceitful Media - Artificial…
Simone Natale Hardcover R2,435 Discovery Miles 24 350
Autonomic Network Management Principles…
Nazim Agoulmine Paperback R1,840 Discovery Miles 18 400
Self-Repair Networks - A Mechanism…
Yoshiteru Ishida Hardcover R3,533 R3,273 Discovery Miles 32 730
Intelligent Edge Computing for Cyber…
D. Jude Hemanth, Bb Gupta, … Paperback R2,954 Discovery Miles 29 540
Challenges and Opportunities for the…
Sathiyamoorthi Velayutham Hardcover R5,960 Discovery Miles 59 600
Computational Intelligence for…
Arun Kumar Sangaiah, Zhiyong Z,Zhang, … Paperback R3,164 R2,964 Discovery Miles 29 640

 

Partners