|
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike
somerskoolvakansie?”
Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel
alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom
moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak.
Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek – en maak ’n
paar reëls vir die vakansie:
• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie.
Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ...
’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing,
legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen – dit alles maak ’n
legendariese somer.
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?
Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone
winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê
dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding
aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.
Alles werk goed uit tot sy ryk en sjarmante Marnus Bailey ontmoet.
Hy aanvaar Franzelle vir wie sy op die oog af is, maar sy ma is ’n
ander storie.
Sal Franzelle en Marnus se liefde oorleef ?
Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy
weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied
oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het
bymotiewe.
Anja sien oom Ernst se troeteldiere tree vreemd op en besef iets is
verkeerd. Sy oorreed die oom om vir mediese toetse te gaan, wat tot ’n
vroeë kanker diagnose lei.
Maar kan oom Ernst se positiewe benadering tot sy toestand Stiaan en
Anja se houding teenoor mekaar en die lewe verander?
Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...
In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa
Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat,
maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan
psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters
gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.
’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann,
geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.
Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese
hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil
sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van
die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis
Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy
nuutste boek geplagieer het.
Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord,
obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se
stilswye?
Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen
die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.
San-Marie Crafford se drie vriendinne is getroud met die mededirekteure
in ’n maatskappy. Nou is die vierde direkteur, Jacques Myburgh, skielik
heeltyd onder haar voete. Sy weet uit ervaring gelukkige eindes bestaan
nie en stel nie belang in romanse nie.
Jacques het geweet iets aan San-Marie hinder hom, maar die dagin haar
werkswinkel besef hy eers hoekom. Iemand met sy agtergrond kan mos nie
dink aan trou en gelukkige eindes nie? Of kan ’n Kersboom van hout
alles verander?
Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy
’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met
gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende
kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar
half onder die stuurwiel in.
Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy
gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.
’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer
Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die
begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.
Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as
maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies
van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid
van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en
’n oulike vierjarige.
Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein
Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.
Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie.
'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei.
Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.
Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar
hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n
titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.
Tot hul families se skok weier Claire.
Om ’n skandaal te vermy reël haar ouers vir Claire passaat op die Swart
Pêrel om vir haar vriendin Prinses Mary te gaan kuier.
Is Luca Bovien, die aantreklike kaptein van die Swart Pêrel, dalk die
een wat haar hart gaan verower?
Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te
vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin
wou hê. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste
wildernisse op aarde.
Maar elke reisiger is in ’n sekere sin ’n vlugteling, en elke
voortvlugtige ’n ontdekkingsreisiger wat soveel meer met hom saamdra as
net die dinge in sy rugsak ...
Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later
sê.
Onwetend hoe vreemd sy ware storie eintlik is. Want dit was ’n
waterwese wat hy as kind in ’n droom raakgeloop het, wat hom gelei het
na die spikkel op ’n kaart, Noord van Lamu.
Met ’n nuwe naam was hy op soek na lewe ná die dood. En soos met amper
elke ware ontdekkingsreis, sou sy vlugtog oor land en see ook na ’n
afgeleë eiland lei. ’n Plek waar hy uiteindelik alleen kon wees, weg
van alles en almal.
Of so het hy gedink.
Sy lewe was nie een lang uitgerekte storie nie, maar eerder ’n bondel
erg teenstrydige verhale, in chaos verweef. Van hulle naïef en selfs
onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en boos . . . en
van hulle, so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.
Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog
groter familie!
Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en
niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone
hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees!
Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats, se lammertjies skielik
wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek
nie.
Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af ... Sal hy die raaisel kan oplos
en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Bastian versamel graag vreemde goed, soos:
- valstande,
- ou brille,
- posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar
is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
- skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot,
glad nie.)
- porselein-uile,
- en boeke met spookstories.
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy
vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.
Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.
“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!
Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van
hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle
verhouding met Jesus Christus verdiep.
Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons
nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle
gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas
ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om
meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.
Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif,
skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy
herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van
onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy
koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor
God neerbuig, lig Hy ons op.
Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende
krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van
hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die
deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die
Drie-enige God.
Die opwindende avonture van Keegan en Samier.
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se
tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook
Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma.
Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent
Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André
Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig,
identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal
hou.
Die sokker-fiasko.
Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle
vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is
'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en
hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog
steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar
vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling
vir haarself en almal soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man,
Jan, niksnut van ʼn seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die
versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.
Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue,
sy swanger meisie van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende
tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte
geldskieter op Pop se spoor.
Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van
haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen
staande bly? Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle
smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste
vertroueling, ook haar tuiskoms kry?
Feite wat jou sal laat RIL en GRIL ... Eeuw! Jig! Sies! Bleg! Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK! Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef? Kan 'n gorilla puisies kry? Wat laat miere in zombies verander? Wat is 'n snotvis? Watter voëltjie los winde om sy prooi te vang? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling,
weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee
goed, nee drie:
- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie
seker dat dit goeie nuus is nie.
- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …
Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit 'n
geraamte is, 'n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke
onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid
hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is 'n mooi
vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...
Alet het per ongeluk 'n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië
is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom
het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op
pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op.
Binnekort is hulle op soek na 'n tweede lyk, en binne in sy eie lyf
bewe die geraamtes in hulle kaste.
Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter se perspektief
aangebied en die skrywer kry dit reg om ʼn lieflike onbeholpe karakter
met 'n goeie hart en vergeefbare tekortkominge te skep wat enige vrou
se knieë lam sal maak. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en lekker
sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters sorg vir suiwer
leesplesier.
Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Isa Konrad se boeke
vergelyk goed met Sandra Brown s'n.
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar
ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te
waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek
in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak.
Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie.
Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe
gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe
ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of
melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog
nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n
Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en
hulle hoendervleis sal gee!
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)
In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied.
Kaalkop 3 sluit in:
- 54 Kaalkop-rubrieke
- 19 SARIE-kosstories
- 5 voorheen ongepubliseerde verhoogstories
- Swanemeer: die ware verhaal
Voorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!
Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander.
Binne hierdie droomstorie, of sekerlik eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. Daar is gelukkig ‘n weg (Tao) uit die doolhof van hierdie skynlewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen.
Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ‘n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.
Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die
behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra
oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek
lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te
respekteer.
Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie
avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep.
Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat
hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling
verdien wat mense hulle gee nie.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie
in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland.
Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in
Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk
in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die
onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die
voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil
Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten
slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na
Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van
hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte
in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir
altyd.
|
You may like...
Vrydagaand
Elsa Winckler
Paperback
R433
Discovery Miles 4 330
|