![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld. Suider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.
Hierdie boek behandel vier hooftemas: Die toekoms van Afrikaners in `n uiters onseker land; Die aard van Afrikaans-wees en Afrikaner-wees - verlede, hede en toekoms; Sleutelvoorwaardes vir `n vooruitstrewende Suid-Afrika; Wat staan ons as Afrikaners te doen om `n goeie toekoms te help skep?
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur ’n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?
Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie. Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria. Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het. Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie. Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?
“Jou nuwe haarstyl vang vlieë!” sê Ronita Snotnagel.
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop,
het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie.
Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om
te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan!
“Mmm… Kaalgat swem in die middel van die nag. Lekker scary boeke deur Stephen King. Jy raai tot op die laaste bladsy wie wat gedoen het. Dan is daar mense wat sê seks is nommer een. Ek kan nie sê nie, want ek is nog ’n virgin. En dit is ’n Godswonder, want ek moes lelik keer vir my wickets vir die ouens wat by ons kom kuier het. Veral as hulle lelik getarrie was.”
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so
’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk
Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy hartjie
voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die
Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie.
Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.
Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die
buitelig.
Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir ’n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want haar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig.
Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van
Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis
immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se
enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon
verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar
broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van
die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma
wat deesdae by haar woon.
Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy
’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met
gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende
kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar
half onder die stuurwiel in.
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak? Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke! Die Groen Hand Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het? Vampierfoto's Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees! Hollywood-mummie Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan? Weerwolfprobleme Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ... Die perfekte monster Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie! Kinderspeletjies Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenootdae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy selfondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van SuidAfrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”
Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings
na die onlangse warrelwind van gebeure.
Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragtig en voedsaam is. Pretkos bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei – met groot pret! Van slaaie, peuselhappies, kosblikkos en toebroodjies, aandete, teetyd en pieknieks tot groente en vrugte word ingesluit. Die hoofstukke bevat heelwat kreatiewe idees vir verbeeldingryke geregte wat kinders vir hulself kan berei. Al die resepte is gestileer om alledaagse maaltye pret te maak, soos Slaaihasie, Vrolike frittatas, Pers pasta, Ryskoekie-uile en Soesji-broodjies.
’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...
Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel. Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie. Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar
vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling
vir haarself en almal soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man,
Jan, niksnut van ʼn seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die
versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers. |
You may like...
|