0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Ons Laaste Legendariese Somer (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ons Laaste Legendariese Somer (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somerskoolvakansie?”

Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak.

Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek – en maak ’n paar reëls vir die vakansie:

• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie.

Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ...

’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen – dit alles maak ’n legendariese somer.

Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe alles behalwe 'n fees. Sy het 'n man se loopbaan verongeluk - 'n man vir wie sy omgee ook nog. Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas 'n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word 'n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat 'n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie.

Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Vincent Carruthers Sasol Eerste Veldgids tot Paddas van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Vincent Carruthers
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek. Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe.

Frikkadel die Spookhond (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Frikkadel die Spookhond (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Straus
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit ’n hond? ’n Deursigtige Jack Russell? Soos ’n ... spookhond?

Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al ’n spookhond gesien?

Dis mos ongelooflik!

Maar dit is net die begin van die storie ...

Frikkadel moet ’n nuwe huis kry.

Daar is net een probleem: Hoe kry mens ’n vir-altyd-huis vir ’n spookhond?

Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word.

Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier. Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land. Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland.

Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer dieselfde wees nie.

Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.

Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback): Andre Christof Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback)
Andre Christof
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days

Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word.

In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat.

Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker.

Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.

Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback): Adele Vorster Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback)
Adele Vorster 1
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days

Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het.

Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.

Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou.

En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.

Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben moet sy eerste groot toets skryf, en hy is bang hy gaan nie al die spel-woorde kan onthou nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie, en dit gee hom nuwe moed. Zuléka Smit se pragtige storie oor die angstigeheid van skool en toetse is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.

Doodsengel (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Doodsengel (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?

Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Weg (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers Weg (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae pad gevat om te gaan skilder.

Maar haar kêrel, Zack, word al hoe meer bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Toe hy boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd.

Intussen word Niekie in ’n vreemde bed wakker; vasgemaak en vol kneusplekke. En by haar is ’n man. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.

Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Rekonstruksie - Die Naoorlogsjare In Suid-Afrika, 1902-1905 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R472 Discovery Miles 4 720 Ships in 4 - 6 working days

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog, en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee ‘nuwe kolonies’, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 4: Die Geheime Van Zenkion (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie.

Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar?

Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie?

Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.

CAPS Vis en tjips (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs CAPS Vis en tjips (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Aandag, alle onderwysers wat CAPS-boeke vir volgende jaar moet kies! Wil jy graag boeke deur ons drie heel gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die klas behandel? Wat van ’n supergewilde Thomas@-boek om jou graadneges aan die lees te kry? Of slaan jou graadagts se asem weg met Jaco Jacobs se Perfek (waarvan tienduisende kopieë reeds verkoop is) of die lekkerleesboek Vis en tjips, wat beloof om net so gewild soos die topverkoper Suurlemoen! te word. En Fanie Viljoen se splinternuwe jeugboek Spring sal hulle laat naels kou tot die einde! Hier is LAPA se CAPS-goedgekeurde boeke vir graad 7, 8 en 9. Die CAPS-uitgawes van hierdie gewilde boeke bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige aktiwiteite!Graad 7 EAT: Zackie Mostert druk ’n drie (Jaco Jacobs)Graad 8 EAT: Perfek (Jaco Jacobs)Graad 9 EAT: Spring (Fanie Viljoen)Graad 7 Huistaal: Gevaarlike lopies (Jaco Jacobs) Graad 8 Huistaal: Vis en tjips Graad 9 Huistaal: [email protected]

Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback): Noreen Nolte Sterre Vir Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Noreen Nolte
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie. En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg. Gelukkig bring die nuwe jaar ’n paar veranderinge wat Helena so ’n bietjie ligter laat voel. Haar viool begin weer sing, en sy besluit om self antwoorde te begin soek. Ongelukkig is ’n antwoord egter nie altyd goeie nuus nie ... Hoe kón sy Luca met die duifgrys oë se gesels, sy hand om hare, so heeltemal verkeerd verstaan het? Kan een dom-onnosele besluit se gevolge regtig so ver uitkring dat dit iemand se toekoms sal vernietig? Ergste nog, wat presies moet sy met al hierdie antwoorde doen? Helena begin dink dat om nie te weet nie, dalk tóg beter is. Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?

Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughê. Of Joshua gaan sterf.

Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.

Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!

Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!

Pasop vir die feetjies

Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam! Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!

Borrels

Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.

Superboetie

Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?

Koebaai Gorilla

WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!

Die probleem met dinosourusse

As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!

Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Briewe Van Mieliepit (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Megan Bird
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hallo Liefsteling!

Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang.

Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.

Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Stillewe (Afrikaans, Paperback): Marie Spruyt Stillewe (Afrikaans, Paperback)
Marie Spruyt
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die ware betekenis van la dolce vita ...

In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi.

In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.

Gifbeker (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Gifbeker (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?

Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie.

Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief 1
R340 R250 Discovery Miles 2 500 Save R90 (26%) Ships in 5 - 7 working days

Dié boek is rock ’n roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer, Anton Goosen. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal – van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings . . . tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970
Christo Wiese - Risiko en Rykdom
T J Strydom Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of…
Wynand Harmse Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Moord Op Stellenbosch - Twee Dekades Se…
Julian Jansen Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n…
Portchie Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R252 Discovery Miles 2 520
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R441 Discovery Miles 4 410

 

Partners