0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (52)
  • R50 - R100 (105)
  • R100 - R250 (872)
  • R250 - R500 (957)
  • R500+ (50)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Onvoorspelbare Liefde (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen Onvoorspelbare Liefde (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karla is ’n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is ’n vlieënier en ’n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa, sê sy ja.

Maar toe trou hulle regtig, want Regardt se oupa wil by die troue wees. Met elke soen en liefkosing val Karla al hoe meer vir haar nuwe man.

Gaan sy Regardt se hart kan wen, of gaan hy haar altyd net as ’n vriendin sien?

Onwillige Held (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Onwillige Held (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het bymotiewe.

Anja sien oom Ernst se troeteldiere tree vreemd op en besef iets is verkeerd. Sy oorreed die oom om vir mediese toetse te gaan, wat tot ’n vroeë kanker diagnose lei.

Maar kan oom Ernst se positiewe benadering tot sy toestand Stiaan en Anja se houding teenoor mekaar en die lewe verander?

Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 5 - 7 working days

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie.

Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig?

’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.

Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.

Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly.

Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is t eenoorgesteldes.

Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R280 R234 Discovery Miles 2 340 Save R46 (16%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied.

Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.

Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.

Alles werk goed uit tot sy ryk en sjarmante Marnus Bailey ontmoet.

Hy aanvaar Franzelle vir wie sy op die oog af is, maar sy ma is ’n ander storie.

Sal Franzelle en Marnus se liefde oorleef ?

Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt 1
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit.

Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie.

Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip.

Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae.

Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.

Haar Italiaanse Prins (Afrikaans, Paperback): Beatrix Smith Haar Italiaanse Prins (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Smith
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

As jy wag vir ’n ridder op ’n wit perd gaan jy lank wag, want hulle bestaan nie. Dis Ma Amelia se motto.

Na ’n onvergeetlike nag in Vittorio Mancini se arms, word Claudette alleen wakker. Ontnugter moet sy erken haar ma is reg: Geen man is te vertrou nie. Van haar pa wat voor haar geboorte reeds die hasepad gekies het, haar eksverloofde wat haar gelos het, tot en
met Vittorio se verraad.

Voortaan sal sy ’n man niks anders as vriendskap bied nie. Sy leer egter gou, die hart laat hom nie voorskryf nie. Sal sy die aantreklike Vittorio kan weerstaan?

Doug (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Doug (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy aanhet.

Hy kyk op na haar. Terwyl hy stadig regop kom, beweeg hy sy hande bo-oor die jeans teen haar bene op. Stadig kom hy regop en vou sy hande om haar middel. In die sagte lig van die woonkamer blink haar oë. “Doug ...”

“As jy nie wil hê ek moet jou soen nie, is nou die tyd om weg te stap.”

Vir ’n oomblik staar hulle na mekaar. “Malligheid, absolute malligheid,” prewel sy voor sy sy hemp in haar hande vasgryp en hom nadertrek.

Dis al waarvoor hy gewag het. Hy buk af en gryp haar lippe met syne vas. Haar rose- en nartjiegeur vou om hom en half bedwelmd, glip sy hande onder haar T-hemp in. Satyn. Sag. Maar dis nie genoeg nie, lank nie meer nie.

Mieke stap tussen sy bene in, trek-trek aan sy hemp. Hy wil haar help, maar hy is te besig. Eers toe die gespe van haar bra los is, lig hy sy kop en pluk sy hemp oor sy kop.

“Ek wil jou sien. Ek moet jou sien,” hyg hy, sy hande op die onderkant van haar T-hemp. Sy lig haar arms op.

“Bliksem ...” Hy lig die hemp oor haar kop, trek haar bra eenkant toe. Met ontsag, vou sy hande om haar sagte kurwes. “Hierdie ... ek droom al ’n week lank hiervan,” fluister hy.

Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop.

Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk.

Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?

Vlam (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Vlam (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha.

In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama.

Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk?

Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.

Goue Gloed (Afrikaans, Paperback): Anna van Tonder Goue Gloed (Afrikaans, Paperback)
Anna van Tonder
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Erica se man sterf in ’n motorongeluk en sy vind kort daarna met ’n skok uit sy is swanger. Boonop ontdek sy haar man het haar in ’n geldelike verknorsing agtergelaat.

Uit desperaatheid gaan bly sy by haar niggie, maar swyg oor haar swangerskap en soek naarstig na werk. Uiteindelik kry sy ’n pos as boekhouer by ’n goudmyn en deel van haar diensvoordele is verblyf op die myn se perseel.

Braam, ’n enkelloper, is haar baas en ’n regte brombeer. Almal trap in hul spoor wanneer hy in die omtrek is. Mettertyd kan sy nie meer haar swangerskap wegsteek nie en die mense begin oor haar skinder: Hoe raak ’n weduwee dan swanger?

Maar Braam, wat in die mynhuis reg langs haar woon, leer haar beter ken en begin met ander oë na haar kyk. Sy voel self aangetrokke tot hom, maar waak teen haar gevoelens. Sal die baba se koms hulle nader aan mekaar bring of hul lewenspaaie finaal laat skei?

Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Robey Leibbrandt - 'n Lewe van Fanatisme (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Sy ekstremisme, opvlieënd-heid en onverdraagsaamheid was tipies van ’n politieke fanatikus. Leibbrandt het ’n aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militêre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang. Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is ná een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem. Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal. Dié biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Joga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde kom behandel, bly nié Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al is sy self een.

Kan twee mense wat so eender s is werklik ’n gesonde verhouding bou? En wat van Alex se moeilike ma en Lexi se oom Danny?

Karoowals (Afrikaans, Paperback): Alicia Hanekom Karoowals (Afrikaans, Paperback)
Alicia Hanekom
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sonja is woedend toe ’n verwaande vent een dag haar parkeerplek steel. Dat hy die mooiste seegroen oë het, maak geen verskil nie.

Toe loop sy hom weer raak, op haar beste vriend se troue. Sy vang die ruiker en hy die kousband. Hul beloning? Twee dae saam op ’n Karooplaas – ’n geskenk van die bruidspaar.

Gaan dit twee dae van hel wees of sal hulle ’n ander kant van mekaar leer ken? En gaan hy haar van gevaarlike renosterstropers kan red?

Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek.

Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.

Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man.

Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.

Sebastian Die Leeuwelpie (Afrikaans, Paperback): June Botha Sebastian Die Leeuwelpie (Afrikaans, Paperback)
June Botha
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In die leeuwelpie-kamp word Sebastian, 'n avontuurlustige leeuwelpie tot tropleier gekroon nadat hy in veilige bewaring gebring is toe hy nieserig, vieserig en knieserig onder die toesig van die groot waaksame leeutrop, weggeglip het. Vir wat blaas jy soos 'n omgeelliede plaaseend?" vra 'n ou, swaar, diep stem dig duskant Sebastian se sitvlak. Sebastian kreun saggies hulpsoekend en wil net ongemerk by die gat se ingang uitsluip toe die stem hom met wysheid bejeen. Ek sal dit nie doen as ek jy is nie," waarsku die stem goedmoedig. Daar is 'n bosbrand oppad hierheen." Sebastian luister na die geskuifel binne die gat voordat die stem rustig voortgaan." En jy gaan soos 'n klein bondeltjie misoes met swart donsies lyk as jy in daardie vlamme beland," koggel die stem en lag sag en diep in sy keel.

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Elsa Pooley Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Elsa Pooley
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Somersoen (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Somersoen (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Chrisjan Grey op Nicolene verlief raak, tel sy lewe as rykmanskind teen hom. Nicolene se broer glo nie Chrisjan sal die mas opkom as die plaas sou ondergaan nie. Chrisjan verbreek noodgedwonge kontak met Nicolene, maar kan haar nie vergeet nie.

Nicolene daag met ’n ander kêrel by haar broer se troue op, oortuig dat sy net afleiding vir Chrisjan was. Vol jaloesie besluit Chrisjan om homself te bewys deur self sukses te behaal.

Sal hy Nicolene kan terugwen voor dit te laat is?

Dol Heuning (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Dol Heuning (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Johannesburgse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic neem ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende laaste aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin – ’n jong wiskundige vir wie elektroniese musiek ’n meditasie is – saam ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n donker poel vol glimmende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor

Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Two very different nocturnal creatures learn the give and take of friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.

Aardvark, impulsive and full of ideas, is the perfect foil to Pangolin's calm and careful nature. The tempo of each chapter follows a pattern:

Aardvark, the dreamer, suggests a halfbaked idea. Pangolin refuses for rational reasons, then falls under Aardvark's spell, with the inevitable conflict that follows. Funny and adventurous, the story explores friendship and individuality. In the end it's the tiny gifts left by the animals who came to stay that help Pangolin appreciate what true friendship means.

Santa Gamka (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Santa Gamka (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 2 - 4 working days

Lucky is 'n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal - man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester - bied hy die ekstases van die lyf. En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot 'n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.

Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback): Pieter Hugo Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Hugo
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Alchemie van my muse is ’n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-enbloot ontredderd, berym en ontrym.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Stalked by Socialism - An Escapee from…
Jana Kandlova Paperback R476 Discovery Miles 4 760
The Communist Manifesto
Karl Marx, Friedrich Engels Paperback R154 Discovery Miles 1 540
State and Revolution
Vladimir Ilich Lenin Hardcover R662 Discovery Miles 6 620
The Perfect Dictatorship – China in…
Stein Ringen Hardcover R1,638 Discovery Miles 16 380
Instead of a Book - by a Man Too Busy to…
Benjamin Ricketson 1854-1939 Tucker Hardcover R1,133 Discovery Miles 11 330
Ten Days that Shook the World
John Reed Hardcover R891 Discovery Miles 8 910
Fabianism and the Empire A Manifesto by…
Bernard Shaw Hardcover R841 Discovery Miles 8 410
Armageddon Averted - Soviet Collapse…
Stephen Kotkin Hardcover R3,225 Discovery Miles 32 250
The Tomato Smuggler - How One Man Stood…
Mark Lee Myers Hardcover R701 Discovery Miles 7 010
Satan is a Socialist - Free Enterprise…
Dennis Clark, Jennifer Clark Hardcover R820 Discovery Miles 8 200

 

Partners