0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (932)
  • R250 - R500 (878)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Jorsie die Worsie 2: Die Putponie-penarie (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie die Worsie 2: Die Putponie-penarie (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die reeks!

In hierdie opwindende vervolg kom Jorsie te staan teen 'n nuwe uitdaging die onder die aarde, waar die dapper putponies ondergronds werk om goud na die oppervlakte te vervoer. Maar wanneer 'n reeks onvoorsiene voorvalle lei tot 'n katastrofiese instorting van 'n mynskag, word een van die ponies diep ondergrond vasgekeer.

Sal Jorsie en sy maats betyds slaag in hul brawe reddingsmissie, of gaan hulle uit tyd uit hardloop?

Sluit aan by Jorsie op hierdie opwindende reis vol moed, vriendskap, en die onwrikbare vasberadenheid om nooit op te gee nie.

Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Martin Steyn Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Martin Steyn
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen sal die donker spoor hom lei?

Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie.

Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor ...

Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde:

Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei?

Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman.

In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.

Die Nuwe Vriend (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Nuwe Vriend (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort!

Daar is 'n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou.

Hierdie reeks vul 'n belangrike gaping in die mark vir diverse en verteenwoordigende stories vir beginnerlesers.

Toevlug (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Toevlug (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tydens ’n staatsgreep in die Kongo, val ’n ekstremis en sy handlangers ’n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe deur die reënwoud by die kuslyn af tot haar paaie haar terug lei na Suid Afrika.

Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, ’n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie.

’n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers ’n verrassende vonds by ’n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem.

Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ...

“U is ’n toevlug … ’n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding, en die verbete houe van die noodlot, vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.

Die Ware Avonture van Adelie & Riley 1 - Die Swembadmonster (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker Die Ware Avonture van Adelie & Riley 1 - Die Swembadmonster (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman-Du Toit, Nike Bekker
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...In “Die Swembadmonster” verander ’n prettige dag in die swembad in ’n avontuur waarin ’n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang.Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom is daar ’n stuk slymerige poot wat agter bly?

Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal, vat dit weg. As jy ongemaklik voel en wil stop, sê my. Ek is in jou hande.”

Sy knik haar kop en vat inisiatief om sy kop nader te trek vir ’n soen. Bliksem, hierdie vrou weet nie wat sy aan hom doen nie! Haar hande is oral op sy bors en arms en hy stut homself so dat sy die toegang het na wat sy verlang. Hy probeer seker maak sy is gewoond aan hom voor hy sy eie verkenningstog begin waarna hy so smag. Hy sis deur sy tande toe sy liggies met haar naels oor sy rugspiere trek en eis weer haar mond op. Sy hand skuif onder haar toppie in en hy sprei sy hand gretig oor haar plat maag en heupe.

Sy kreun toe hy die soen verbreek om sy kop in haar nek te druk en haar sagte vel daar te soen en proe. Stadig, sonder om haar te laat skrik, vou hy sy hand oor haar bors. Die materiaal is van kant en haar bors pas perfek in sy hand. Hy beweeg oor na haar ander bors en dit is haar beur t om deur haar tande te sis.”.

Liham Vermaak, ’n suksesvolle entrepreneur, se streng reëls en koue houding keer dat ’n vrou deel word van sy lewe. Tot Landrie in sy lewe instap.

Landrie wil die wêreld gaan sien en nie gering geskat word as ’n ernstige besigheidsvrou nie. Al maak Liham dit hoe moeilik, gaan sy haar nie laat afgeskrik nie. Maar haar behoef te om hom te leer liefkry word groter as haar droom om die sakewêreld te verower.

Gaan hulle ’n plek in mekaar se harte kan vind?

Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Professor Fungus Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Johann Strauss
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Losprys (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Martin Steyn Losprys (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Martin Steyn
R350 R279 Discovery Miles 2 790 Save R71 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys.

’n Hoëprofielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak—en te verbreek—kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken.

Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?

Prinses Pampoenpit (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders Prinses Pampoenpit (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.

Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moor dtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadiger s wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.

Winterwens (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Winterwens (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Lianca op haar broer se troue met Paul van Huyssteen dans, weet sy hy is haar trouman, maar Paul het net oë vir die bruid.

Twee jaar later gee Paul se ouers Lianca werk én reël vir haar verblyf in die woonstelletjie op Paul se werf. Hy weet nie Lianca is die man wat sy verloofde gesteel het se suster nie.

Wat gaan gebeur as hy uitvind? Sal Lianca se omgeehart Paul se skanse kan oorkom?

Liefdesleuens (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefdesleuens (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maya is ’n suksesvolle eiendomsagent by haar flambojante verloofde, Douw, se agentskap. Een die kliënte vir wie Maya huis soek, is dokter Reinhardt Enslin. Hulle is aangetrokke tot mekaar, maar hy rou nog oor sy vrou wat dood is, en hy het twee kinders op universiteit.

Toe Maya uitvind Douw is ontrou aan haar en knoei met die agentskap, sneuwel hul verhouding. Is daar vir haar ’n toekoms saam met die aantreklike, innemende Reinhardt, of droom sy verniet?

Dominique (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Dominique (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan.

Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Soen My, Cowboy (Afrikaans, Paperback): C M Christians Soen My, Cowboy (Afrikaans, Paperback)
C M Christians
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma keer ná sestien jaar na Silver Creek Ranch terug, salig onbewus van die chaos wat sy op die plaas veroorsaak. Sy was James, die eienaar se oudste seun, se jeugliefde, maar hy het nou ’n ander meisie. Emma en James het albei verander, en hul onskuldige kinderliefde verander stadigaan in iets onstuimiger.

Gaan Emma se gladde mond haar en James vir altyd uitmekaar dryf? Of gaan James dit reg kry om Emma finaal te tem?

Jock van die Bosveld en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jock van die Bosveld en Ander Ware Dierestories (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Alex van Houwelingen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories:

1. Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het.

2. Visvriende Big Red en Blackie: ’n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse.

3. Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het.

4. Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is!

5. Gregory Peck die brilpikkewyn: Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee.

Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Passie in Parys (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Passie in Parys (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Margaux is op pad Parys toe. Sy wil ’n kunstenaar word, daarom draai sy haar rug op haar familie, hul besigheid en ’n amper se gereëlde huwelik.

Met Saint-Émilion se oesseisoen op hande is die Kaapse wynboer Dawid Malan te besig om hom deur ’n p aar sexy bene te laat verlei. Veral nie die bene van ’n kunstenaar nie – daardie les het hy op die har de manier geleer.

Maar Parys word nie verniet die Stad van Liefde genoem nie …

Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Shaun Samuel
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Gerook (Afrikaans, Paperback): Eldridge Jason Gerook (Afrikaans, Paperback)
Eldridge Jason 1
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar dié Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam sê nie ...

Is dit sy verbeelding, of hou iemand hom dop?

Wie is die geheimsinnige Lady Zee wat hom skielik op Mxit kontak?

En is dit waar dat Vaalberg saans ná sononder in ’n gevaarlike tik-nes verander?

Hierdie opwindende, spannende jeugroman stel die leser bekend aan ’n skemerwêreld van dwelms en tienergevare waaroor daar nog baie min in Afrikaans geskryf is.

Swartval (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Martin Steyn Swartval (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Martin Steyn
R350 R279 Discovery Miles 2 790 Save R71 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou.

Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel.

Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Nagblind (Afrikaans, Paperback): Francis Grobler Nagblind (Afrikaans, Paperback)
Francis Grobler
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Francis Grobler skuif die sluier van ’n verskuilde wêreld met ’n afgerigte werklikheid en konformiteite oop met ’n moderne benadering tot digkuns. Die digbundel se outentieke benadering dra by tot ‘n skaars, maar nodige kommoditeit in Afrikaanse poësie.

Nagblind is ’n kragtige, eiesoortige en eenmalige leserservaring. Die woord word verhelder deur retoriek en metafore wat vonk en word sterk beeldend verwoord. Dit delf in die geestelike dimensie en verfyn en rond die eindproduk tot ’n “andersheid” af wat ver verby die grense van konvensies gaan en aan die geskrewe woord ’n nuwe betekenis gee.

Nagblind breek behoorlik die skedels tot nuwe denke.

Vertel My Nog 'n Grappie (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Vertel My Nog 'n Grappie (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R70 R66 Discovery Miles 660 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoekom doen Kersfeesvader so goed karate? Want hy het ’n swart belt.

As jy wil grappies vertel by jou volgende partytjie, hier is die boek!

Maritha Snyman se Vertel my ’n grappie was BAIE pret. Hier kom nog vetter pret in Vertel my nog ʼn grappie!

Wat het die krimpvarkie die kaktus gevra? “Is jy my mamma?”

Kinders sal dol wees oor hierdie grappieboek. Koop dit vir hulle, maar lees dit eers self!

Maritha Snyman is ’n kenner en navorser op die gebied van kinderhumor. Die grappies is daarom gepas vir die ouderdomsgroep.

Die Reünie (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Reünie (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Jy lyk ongelooflik. Sensueel. Ek het nie eens besef daar skuil so ’n ongelooflike figuur onder daardie onooglike slaaphemp wat jy gisteraand aangehad het nie.”

Sy wip haarself regop. “Wat bedoel jy met onooglik?!”

“Trust me. ’n Xtra large, verlepte ou hemp met ’n teddiebeertjie op het nog geen man lus gemaak vir enigiets nie.”

“O, regtig. Is dit so? Vir iemand wie glo afgesit was deur ’n teddiebeerhemp, was jy gisteraand taamlik voor op die wa en vol idees.”

Hy lag. Trek haar nog nader. “Ek het nie gesê ek was nie aangetrokke nie. Ek was net nie bewus van al jou versteekte bates nie. Om die waarheid te sê, vir jou sal ek begeer al dra jy ’n goiingsak .”

In ‘n flitsmoment vind sy lippe haar mond. Sy soen deurdring haar, sy lyf stoot haar agtertoe, nader, al hoe nader aan die aantrekhokkie se muur wat sy met ’n slag tref. Haar oë vlieg oop. Daar is sy en hy in die spieëls. Oor en oor word hulle herhaal. Dit. Is. ’n. Publieke. Plek.

Dié woorde refrein saam met die spieëlbeelde in haar kop. Sy druk hom weg, maar hy pen haar arms bo haar kop vas teen die muur.

“Jy gaan nêrens nie.”

Andrea is min lus vir haar skoolreünie, tot sy hoor Stiaan Smith gaan beslis daar wees. Hy het haar hart gebreek toe hy haar ná universiteit vir ’n ander vrou gelos het.

Die saak is uitgemaak: Sy gaan Kaap toe vlieg vir die reünie. Daar gaan sy Stiaan se hart uit sy bor skas pluk, dit braai en afsluk saam met ’n goeie glas rooiwyn. Dit is nou wel jammer sy het nie ’n met gesel nie, maar nou ja.

Die noodlot het egter ander planne.

Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam, die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.

Zoey neem haar gay vriend as haar kamma-verloofde saam om haar waardigheid te beskerm, maar sy kom gou agter dat haar hart steeds na Liam smag, al is hy nou weer verloof.

Nou moet sy besluit of sy haar hart of kop moet volg.

Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe): Tania Brink Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe (Afrikaans, Paperback, 20 Jaar-Uitgawe)
Tania Brink
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener – en ouens is min of meer die laaste ding waarin sy belang stel.

Haar beste vriendin, Nadia, raak egter gereeld halsoorkop verlief – op ouens soos Armand Hattingh, die rugbykaptein wat glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit.

Maar dan begin sy uit die bloute e-posse van ’n geheimsinnige anonieme digter kry wat lyk asof hy weet hoe meisies se harte klop ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
A Treatise on the Higher Plane Curves…
George Salmon Paperback R573 Discovery Miles 5 730
Die Geometrie und die Geometer vor…
Carl Anton Bretschneider Hardcover R805 Discovery Miles 8 050
Mathematical and astronomical tables…
William Galbraith Hardcover R896 R821 Discovery Miles 8 210
Mechanics, Or, the Doctrine of Motion
William Emerson Paperback R419 Discovery Miles 4 190
The Secrets of Triangles - A…
Alfred S. Posamentier, Ingmar Lehmann Hardcover R619 Discovery Miles 6 190
Inventional Geometry - a Series of…
William George Spencer Paperback R377 Discovery Miles 3 770
Note-book on Plane Geometrical Drawing…
Robert Harris Hardcover R870 Discovery Miles 8 700
The Fourth Dimension Simply Explained…
Henry Parker Manning Paperback R499 Discovery Miles 4 990
The Metaphysics of the Pythagorean…
Robert Hahn Paperback R1,368 R826 Discovery Miles 8 260
Problems in the Different Branches of…
Miles Bland Paperback R572 Discovery Miles 5 720

 

Partners