0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (44)
  • R50 - R100 (82)
  • R100 - R250 (809)
  • R250 - R500 (900)
  • R500+ (61)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy ’n grootpad soek wat ’n grondpad is, en daarlangs moet jy ry…

Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.

Tant Miem Fischer se kampdagboek Mei 1901 - Augustus 1902 (Afrikaans, Hardcover): Maria A. Fischer Tant Miem Fischer se kampdagboek Mei 1901 - Augustus 1902 (Afrikaans, Hardcover)
Maria A. Fischer
R90 Discovery Miles 900 Ships in 6 - 10 working days

In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.

Klip En Klei (Afrikaans, Paperback): Marthinus Versfeld Klip En Klei (Afrikaans, Paperback)
Marthinus Versfeld
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

In die eerste opstel, “Oor huise”, beskryf hy hoe hy self 'n huis van klip in die Kouga gebou het. So 'n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is. Hy skryf verder oor die vreugde van kook en goeie kos, oor die verwantskap tussen die skepping van poesie en die skepping van 'n eenvoudige meubelstuk, oor jag, visvang en ons belewing van die natuur. Die laaste opstel, “Oor patriotisme”, kry opnuut betekenis in 'n tyd waarin ons verhouding met ons geboorteland en ons medemens geproblematiseer word. Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur 'n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word. So skryf hy byvoorbeeld oor klip: “Die engel uit die klip is die engel wat alreeds in die klip gesit het, en aan hom is die kliphouer onderdanig. Laat die engele dus jou huisie bou, maar hulle sal net met jou hande bou, en net met jou eie hande sal jy aan hulle raak.”

Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback): Erik Holm Insektopedie - Die Geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte (Afrikaans, Paperback)
Erik Holm
R370 R342 Discovery Miles 3 420 Save R28 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Insektopedie lę die betowering en ryke verskeidenheid van die węreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue.

’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou.

Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geďllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R495 R382 Discovery Miles 3 820 Save R113 (23%) Ships in 5 - 7 working days

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback): Riaan Manser, Murray Williams My Eerste Ysland-Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Riaan Manser, Murray Williams; Translated by Nandi Lessing-Venter; Illustrated by Martinus van Tee
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland!

In hierdie avontuur sluit Dan Skinstad, wat dapper die uitdagings van ligte serebrale verlamming trotseer, by Riaan aan. Saam pak hulle ‘n kajakreis deur die ysige water van Ysland aan, waar hulle massiewe golwe, stormagtige winterweer en selfs ‘n aktiewe vulkaan trotseer.

Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sal laat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen die ontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland.

Maak jouself gereed vir ‘n avontuur wat jou hart uit jou borskas sal laat spring van opwinding!

Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): P.G. du Plessis Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
P.G. du Plessis 3
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie.

Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm?

Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou.

VEELS GELUK, OUMA!

Gesant van die Mispels - Gedigte by Skilderye van Adriaen Coorte (Afrikaans, Paperback): Marlene Van Niekerk Gesant van die Mispels - Gedigte by Skilderye van Adriaen Coorte (Afrikaans, Paperback)
Marlene Van Niekerk
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poetiese kragtoer”.

Alten Akkedis se Sewe Sterte (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Alten Akkedis se Sewe Sterte (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R190 R165 Discovery Miles 1 650 Save R25 (13%) Ships in 7 - 11 working days

Alten die akkedis met sewe sterte is 'n storie van vriendskap en avontuur. Alten, 'n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in 'n tuin vol gevare.

Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. Saam droom hulle van 'n plek waar hulle veilig kan wees, weg van die bedreigings van die menslike węreld. Ontdek hoe Alten se unieke
talent hom help om die dag te red en leer meer oor die wonderlike verdedigingsmeganismes van akkedisse. 'n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.

Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Louis Liebenberg Sasol Eerste Veldgids tot Spore in die Veld in Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Louis Liebenberg
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die boekie stel die leser bekend aan die vaardighede en metodes wat nodig is om diere se spore in die veld te herken, en dit bevat 48 spesies met verspreidings kaarte en foto's. Die dier word beskryf en daar word gekyk na habitat, spoor en gewoontes.

Toorberg (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Toorberg (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

Droomhuisavonture (Afrikaans, Paperback): Lauren O?Connor-May Droomhuisavonture (Afrikaans, Paperback)
Lauren O’Connor-May; Illustrated by Nadine Wiese
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elke aand as sy in die bed klim, word Verity se towerhuis wakker en neem haar op asemrowende avonture: van strande tot woude. Maar soos Verity ouer word, word die huis nie meer wakker nie. Net toe sy dink haar avonture is verby, ontdek Verity ’n nuwe tipe towerkrag: om die węreld saam met haar familie te ontdek! Van berge uit klouter tot in branders baljaar, word Verity se dae met opwinding en plesier gevul.

Toe haar jonger sussie, Max, die een word wat troos nodig het, word dit tyd om die geheim van die Droomhuis oor te gee.

Kom ontdek saam met Verity dat die beste avonture dié is wat jy kan deel met die mense vir wie jy lief is. Perfek vir dromers van alle ouderdomme! Beskikbaar in Afrikaans en Engels.

Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback): Amy Jephta Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback)
Amy Jephta
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Somsisdaar eilandjies vrede,soosin enige goeieoorlog. Maar oorlog is soosliefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht seMutter Courage und ihre Kinderbied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.

Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback): Louis Jansen van Vuuren Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback)
Louis Jansen van Vuuren
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.

Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.

Dit is ’n moet vir Frankofiele!

Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Lisa Liefbesie se Sewe Verlore Kolle (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos!

Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle.

Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?

Zombiesokker (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Zombiesokker (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Luan Serfontein
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir ’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n stem wat roep: “HONGER-R-R-R”?

Gaan Tibs en Elroy betyds die zombies kan keer wat dreig om die sokkerwedstryd te ontwrig?

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R36 Discovery Miles 360 Ships in 6 - 10 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 2 - 4 working days

Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het ’n boustof wat getuig van ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk.

Dit is ’n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ’n leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Alan Weaving Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Alan Weaving
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe.

Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R212 Discovery Miles 2 120 Ships in 2 - 4 working days

Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog ’n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer ’n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is ’n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

Die Seerowers van die Silwer Sardien 1: Oogsterretjies (Afrikaans, Paperback): Jacolene du Plooy Die Seerowers van die Silwer Sardien 1: Oogsterretjies (Afrikaans, Paperback)
Jacolene du Plooy; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte.

In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!

In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?

?n Jaar in my lewe (Afrikaans, Paperback): Louis Pretorius ’n Jaar in my lewe (Afrikaans, Paperback)
Louis Pretorius
R200 R173 Discovery Miles 1 730 Save R27 (14%) Ships in 7 - 11 working days

1996.

Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwęreldbeker.

Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet.

Liam is ’n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan ’n lelike Brad Pitt. Wat nog steeds mooi is.

Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare. En hy is irriterend slim.

’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ‘n oomblik in die fliek.

’n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel.

’n Vonk.

Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is. Hy hoort nie in hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam. Liam droom van meisies en seuns. Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin.

Die vraag is, mag hy?

In hierdie dorp?

In hierdie tyd?

Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?

Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R180 R159 Discovery Miles 1 590 Save R21 (12%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!

Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hę.

Teen die agtergrond van 'n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?

Die Seerowers van die Silwer Sardien 2: Die drie swaarde (Afrikaans, Paperback): Jacolene du Plooy Die Seerowers van die Silwer Sardien 2: Die drie swaarde (Afrikaans, Paperback)
Jacolene du Plooy; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue, pratende katte en geheime skatte.

In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is om te doen!

In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry. Gaan hulle betyds die skat kan vind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Embedded Systems Design Based on Formal…
Ivan Radojevic, Zoran Salcic Hardcover R2,656 Discovery Miles 26 560
Exploring Future Opportunities of…
Madhulika Bhatia, Tanupriya Choudhury, … Hardcover R6,683 Discovery Miles 66 830
How to Write Your First Novel
Sophie King Paperback R409 Discovery Miles 4 090
Power Maths 2nd Edition Practice Book 2A
Tony Staneff, Josh Lury Paperback R136 Discovery Miles 1 360
Plus 1 - The Introductory Coaching…
David Joseph Sharp Paperback R626 Discovery Miles 6 260
Pearson Mathematics for the Middle Years…
Digital product license key R1,468 Discovery Miles 14 680
The Passenger
Ulrich Alexander Boschwitz Paperback R386 R360 Discovery Miles 3 600
Computational Finance: A Scientific…
Cornelis A. Los Hardcover R2,520 Discovery Miles 25 200
The Jane Austen Society
Natalie Jenner Paperback R395 R371 Discovery Miles 3 710
Valuations, Mergers & Acquisitions
Greg Beech, Dave Thayser Paperback R798 Discovery Miles 7 980

 

Partners