0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Uittogboek (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Uittogboek (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans. Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 4 - 6 working days

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?

Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.

Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se
gedagtes klink wanneer sy naby is.

Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepte-artikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.

Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?

Twee Vir 'n Stuiwer (Afrikaans, Paperback): W.A. Hickey Twee Vir 'n Stuiwer (Afrikaans, Paperback)
W.A. Hickey 1
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi.

Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse.

Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …”

Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.

Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .

Weerlose Meganika (Afrikaans, Paperback): Anton Roodt Weerlose Meganika (Afrikaans, Paperback)
Anton Roodt
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfees­opvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater bo­op Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis!

Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud.

En hiervandaan raak die intrige net méér interessant.

Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.

Die Heimat Projek - 'n Reis van Toeka tot Toekoms (Afrikaans, Paperback): Andre De Villiers Die Heimat Projek - 'n Reis van Toeka tot Toekoms (Afrikaans, Paperback)
Andre De Villiers
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Konrad werk vir DMK, 'n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van 'n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), 'n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen.

Hy en sy vier metgeselle beleef 'n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beďndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot 'n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote 'n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom 'n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand.

Die projek neem 'n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet 'n kopskuif asook moeilike besluite maak.

Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Dalene Matthee Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Dalene Matthee
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Houtkapper met 'n rustelose siel. 'n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop . . . In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer - saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word."

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Dromers (Afrikaans, Paperback): Irize Loots Dromers (Afrikaans, Paperback)
Irize Loots
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Wat gebeur eintlik wanneer reisigers mekaar raakloop, maar dalk miskyk? Kry hulle dan ’n tweede kans om weer te begin of het die noodlot altyd die oorhand?

Die verhaal speel af in die węreld van Marleen, ’n jong vrou wat snags deur “verdwaaldes” wakker gehou word. Gideon, die blinde man wat die toekoms in visioene sien, is sentraal in Marleen se lewe, maar net sy weet dit. Wat kan Gideon haar oor die “verdwaaldes” vertel en wat weet hy wat sy nie weet nie?

Wat vir sommige mense vreemd is, is vir ander deel van die lewe. ’n Siener wat in geheimsinnige węrelde leef en wat lig en insigte kan bring vir die wat soek na antwoorde, sal dalk verstaan wat ná die dood met die agtergeblewenes gebeur. Hy weet ook wat word van die wat die oorgang na die ewige lig moet maak. Marleen sal doodeenvoudig met hom moet gaan praat, maar sy vrees vir dit wat hy weet. Soms is dit moeilik om die werklikheid van drome te onderskei.

Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback): Gerard Scholtz Hier Gaat Ons! - Reise En Rampe (Afrikaans, Paperback)
Gerard Scholtz
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis.

Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflę. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet.

In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …

Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback): Lidia Theron Jy Bly My Kind - 'n Ware Verhaal (Afrikaans, Paperback)
Lidia Theron
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Die ware verhaal van 'n ma se stryd om met onvoorwaardelike liefde te aanvaar dat haar kind gay is. Die skrywer se doel met hierdie boek is om ander gesinne in soortgelyke omstandighede hoop te gee. Sy vertel van die skok wat sy en haar man moes verwerk toe hulle lieflingdogter aankondig sy is verlief op 'n vrou. Lidia Theron beskryf die pad wat hulle moes loop om tot volle aanvaarding te kom.

Klip En Klei (Afrikaans, Paperback): Marthinus Versfeld Klip En Klei (Afrikaans, Paperback)
Marthinus Versfeld
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

In die eerste opstel, “Oor huise”, beskryf hy hoe hy self 'n huis van klip in die Kouga gebou het. So 'n huis moet by die bewoners daarvan pas, beweer Versfeld, en dit hang af daarvan of jy met jouself tuis is. Hy skryf verder oor die vreugde van kook en goeie kos, oor die verwantskap tussen die skepping van poesie en die skepping van 'n eenvoudige meubelstuk, oor jag, visvang en ons belewing van die natuur. Die laaste opstel, “Oor patriotisme”, kry opnuut betekenis in 'n tyd waarin ons verhouding met ons geboorteland en ons medemens geproblematiseer word. Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur 'n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word. So skryf hy byvoorbeeld oor klip: “Die engel uit die klip is die engel wat alreeds in die klip gesit het, en aan hom is die kliphouer onderdanig. Laat die engele dus jou huisie bou, maar hulle sal net met jou hande bou, en net met jou eie hande sal jy aan hulle raak.”

'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Zirk van den Berg 'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Zirk van den Berg 1
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie.

En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim.

Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie...

Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders!

#PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes.

Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.

Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Herlewing - Transvaal En Die Grensgebiede In Die Naoorlogsjare, 1902-1910 (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 6 - 10 working days

In die vierde deel van die reeks Imperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van blankes na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer 'n belangrike bydrae tot 'n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal 'n wye leespubliek en nie net vakkundiges nie boei.

Die Vergete Wetenskaplike - Die Verhaal Van Saul Sithole (Afrikaans, Paperback): Lorato Trok Die Vergete Wetenskaplike - Die Verhaal Van Saul Sithole (Afrikaans, Paperback)
Lorato Trok
R170 R157 Discovery Miles 1 570 Save R13 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Unrecognised, ignored and forgotten. The Forgotten Scientist: The Story of Saul Sithole is the untold story of a pioneering black scientist who made a great contribution to the fields of anthropology and ornithology in South Africa. Saul Sithole was so committed to his craft that even the weight of apartheid did not stop him from giving 62 years of his life to the scientific world of birds and fossils. Saul never received the official recognition he deserved - until now. This book validates his contribution, sharing his life's work and laying out a story that will inspire future generations of scientists. This book would not have been possible without the support of Biblionef and funding from the National Heritage Council.

Klink Klaar - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Klink Klaar - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Toeganklike, klankryke, geslepe, fyn afgeronde verse van ’n woordsmid wat slim speel met klank, taal, beelde en verwagtinge.

Op toeganklike, klankryke wyse ontgin Daniel Hugo verskillende temas – verblyf in die Lae lande, liefdesverhoudings, die seisoene, die natuur, die dood, die skryfproses, die taal waarin hy skryf, die pandemie wat ons tans ervaar, die rol van die digter – op speelse wyse en sonder om te skroom om met homself die draak te steek.

Met enkele verbluffende vertalings van klassieke gedigte.

Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R260 R227 Discovery Miles 2 270 Save R33 (13%) In Stock

In Eiland in die son​ begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenęrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nęrens te vinde is nie.

Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Seńor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . .

In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser, Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser, Tracey Hawthorne
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek.

Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.

Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback): Yvonne Retief Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback)
Yvonne Retief
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.

Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.

Toorberg (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Toorberg (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949?1981 (Afrikaans, Paperback): Stephanie Voss,... Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949–1981 (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Voss, Stephanus Muller
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days

Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.

Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geďnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Faansie Se Voelboek 2 - 'n Volledige…
Faansie Peacock Paperback R520 R480 Discovery Miles 4 800
The Shepherd And The Beast - The Hero's…
Tramayne Monaghan Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Agony in Education - The Importance of…
Edward Kuhlman Hardcover R2,535 Discovery Miles 25 350
Word Search - The Giant Book Of Word…
Puzzlebooks Press Paperback R655 Discovery Miles 6 550
Catholic Higher Education in the 1960s…
Anthony J. Dosen Hardcover R2,813 Discovery Miles 28 130
The Strain of Representation - How…
Robert Rohrschneider, Stephen Whitefield Hardcover R3,079 Discovery Miles 30 790
DJI Mini 2 SE Grey Shockproof Carrying…
R1,046 R747 Discovery Miles 7 470
My Spiritual Journey - Life as an Empath
Jacinta Yang Hardcover R754 Discovery Miles 7 540
Crossbody Handbag Shoulder Bag Organizer…
R1,330 R950 Discovery Miles 9 500
Soulful Wisdom & Art - 101…
Acharya Shree Yogeesh Hardcover R854 Discovery Miles 8 540

 

Partners