0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (932)
  • R250 - R500 (878)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Hanlie Retief Gesels Met (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief
R95 Discovery Miles 950 Ships in 6 - 10 working days

Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word.

Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk.

Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek.

Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.

173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback): Marizanne Knoesen 173 - 'n Oorlewingsgids Vir Volwasse Kinders Van Egskeiding (Afrikaans, Paperback)
Marizanne Knoesen
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Die koeël is deur die kerk. Die huweliksbootjie het gesink. Hy kry die bed en sy die tafel. Hoekom skei hulle en hoekom skei hulle nóú dat jy ’n volwasse kind is?

Jou ouers is besig om te skei of hulle is klaar geskei. Almal fokus op hulle, maar jy suffer ook. Volwasse kinders kry swáár wanneer hulle ouers skei. Net so swaar, indien nie swaarder as jong kinders nie.

’n Eerste in Afrikaans — ’n handleiding vol raad oor hoe om die sleg en gesukkel van ’n egskeiding te hanteer waar volwasse kinders van egskeiding (18 jaar en ouer) hulle eerstehandse ervaring, verwarring, onsekerheid, woede en hartseer deel wat begin die oomblik as Ma en Pa sê: dis verby.

Die slegte nuus? Die egskeiding sal altyd ’n wond wees. Die goeie nuus? Jy kan leer hoe om dit beter te hanteer en met tyd kan dit net ’n letsel word. Soos Gretha (26) sê: “Time makes all wounds bearable.”

Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Hester van der Walt Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Hester van der Walt
R330 R305 Discovery Miles 3 050 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Set in McGregor in the Klein Karoo where she bakes bread in a wood-fired oven, this book reflects Hester’s intuitive feeling for the connections between the soul and food, particularly food that is prepared with care, according to traditional principles and methods.

Hester se Brood is infused with a fine sense of humour, helpful hints and mouth-watering recipes. It’s a book as irresistible as the smell of bread fresh from the oven.

Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Liz de Villiers Tjoppie Se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Liz de Villiers
R125 R112 Discovery Miles 1 120 Save R13 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.

Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom 1
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis.

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.

Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Avonture Van Speurhond Willem (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle reis na Istanbul, Parys en Londen, 'n seerower-avontuur op 'n passasierskip en die Bosveld-vakansie waarin hulle 'n bende renosterstropers vastrap. 

Saartjie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit! In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enigeen van hulle donkie ry. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan! En in Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie... Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Dis My Naam (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Dis My Naam (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Katlego Keokgale
R140 R127 Discovery Miles 1 270 Save R13 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rorisang en haar tweelingbroer, Mo, moet die skooljaar by ’n nuwe skool begin nadat hulle ma besluit het dat die gesin uit hulle gemaksone moet kom.

Die tweeling is al sedert hulle kleuters was in die skool oorkant die pad. Al hulle vriende is daar en die skoolhoof is hulle pa se beste vriend. Die nuwe skool is ver van hulle huis af en soggens sit hulle in die verkeer vas. Die buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word, is dinge waarvan Rorisang nog nooit eens gehoor het nie, en alhoewel sy goed gevaar het in atletiek in haar ou skool, verloor sy ver teen haar nuwe klasmaats.

Maar gelukkig maak sy sommer vinnig vriende, leer hoe om sagtebal te speel en neem deel aan die Eisteddfod. Sy oorleef selfs die lang ritte in die motor saam met haar irriterende broer deur speellyste saam te speel wat in elke lid van die gesin se musieksmaak val!

’n Storie oor die belangrikheid van vriendskap en familie en om jou stem te vind te midde van verandering.

Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.

Skatryk - Waarom On Beter Leef As Ons Voorsate (Afrikaans, Paperback): Johan Fourie Skatryk - Waarom On Beter Leef As Ons Voorsate (Afrikaans, Paperback)
Johan Fourie
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het 'n Indonesiese vulkaan met die Groot Trek te doene? Hoe wen jy 'n Wêreldbeker? En wat het Karel die Grote gemeen met koning Zwelethini? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapportrubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot vandag.

Skatryk is 'n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar 'n ander bly 'n sukkelbestaan voer?

Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van 'n samelewing - eerder as dié wat afbreek - uiteindelik seëvier.

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Afrikaans Taal en Leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Juf.... Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Afrikaans Taal en Leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Juf. Marilize Swanepoel
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 5 - 10 working days

Die Best Books Eksamenhulp Graad 10 Taal- en leesoefenboek sal Eerste Addisionele Taal-leerders help om hul taal- en leesvaardighede met behulp van taal- en begripsoefeninge te verbeter en Afrikaans makliker onder die knie te kry.

Die taal- en begripsoefeninge is gebaseer op uittreksels uit onlangse jeugboeke en ander tekstipes wat leerders se belangstelling sal prikkel.

Die taal- en leesoefenboek

- dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies, waaronder klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer.

- is geskryf in taal wat leerders sal verstaan, met Engelse vertalings van begrippe en verduidelikings en toeganklike opsommings met voorbeelde.

- bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.

- bevat tweetalige woordelyste.

- sluit oefenvraestelle in.

- bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Die boek is saamgestel volgens die vereistes van die KABV en die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe): Braam van Wyk, Piet van Wyk Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Bygewerkte Uitgawe)
Braam van Wyk, Piet van Wyk
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie.

Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:

- Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boomidentifikasie.

- Deel 2 bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe, gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Dit gee ’n duidelike oorsig van elke groep, sowel as die Suider-Afrikaanse boomfamilies wat in die onderskeie groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak.

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ’n goeie begrip van die bou van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer.

Also available in English as How to Identify Trees in Southern Africa .

Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids.

Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks.

’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende wêreld van hierdie wydverspreide reptiele.

Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback): George Claassen Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback)
George Claassen
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal, of dat gesprekke met dooies moontlik is? Dis die soort vrae wat George Claassen in hierdie boek stel. George Claassen is dosent in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van die By-rubriek "Kwakoskoop" waarin hy vreesloos alle vorme van kwaksalwery onder die soeklig plaas. Hierdie teks bestaan uit vyftig hoofstukke waarin ’n verskeidenheid onderwerpe aangeroer word, van evolusie en die kartering van die menslike genoom tot supersnaarteorie en sieninge oor die ontstaan van die heelal.

Disteltyd - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Disteltyd - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Met haar nuutste bundel, Disteltyd, neem die digter Marlise Joubert bestek op haar lewe; die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld.

Dit is gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ’n introspektiewe, selfs nostalgiese, toonaard. Soos die distel as onkruid ’n saadpluim lewer wat lig, dartelend en lieflik is, is hierdie gedigte ook.

Disteltyd is ’n bundel wat weens die geskakeerdheid daarvan ’n belangrike bydrae lewer tot die steeds groeiende korpus van laatwerke; gedigte wat meestal ontroer weens die menslikheid en humor daarin verwoord, maar terselfdertyd ook die leser konfronteer met die maatskaplike onregte kenmerkend van ons tyd.

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa... Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Inspirerende Sangers, Skrywers & Kunstenaars (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Sindikaat (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sindikaat (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 6 - 10 working days

Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam?

Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep.

In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.

Die Skandalige Susters Smit (Afrikaans, Paperback): Adeline Radloff Die Skandalige Susters Smit (Afrikaans, Paperback)
Adeline Radloff 1
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?

Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback): Lize Albertyn-du Toit Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback)
Lize Albertyn-du Toit
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Pappa, die sterre is dieselfde hier.”

Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is.

Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom, dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Want Milano was dan net die een dag laat vir skool. Maar juffrou Meintjies het ander nuus. Dis Geelsuiker wat raad gee:

“Jy moet nou gaan doen wat die regte ding is, Mieta. Daardie klong,” en hy wys na waar Milano die perd inspan, “vat nou die grootpad. Moenie hom in ’n klein kampie ingekeer hou nie.”

Die kinders van Spookwerwe is ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo oral inkruipplek kry en diep in jou hart kom lê. Dis ’n roman oor ma-wees, oor grootword, en oor verliese. Maar ook van weer vol word.

Klikbek (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Klikbek (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier. 

Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Shan Fischer
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud.

Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.

Grilgrypers 4: Die Meisie in die Maanlig (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 4: Die Meisie in die Maanlig (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?

Ons Moet Spoeg Om Te Sien Hoekom Ons Nie Kan Sien Nie (Afrikaans): Gerhard Ferreira Ons Moet Spoeg Om Te Sien Hoekom Ons Nie Kan Sien Nie (Afrikaans)
Gerhard Ferreira
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

‘n Seun word groot met ‘n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings en uitsonderings vir hom gemaak word. By die Skool vir Blindes, Worcester, is hy vir die eerste keer gelukkig tussen ander soos hy.

Sy humorsin en lughartige lewensuitkyk laat hom sy aandag vestig op die dinge wat hy kan doen. Hy voltooi die Comrades-, New York City- en vele ander maratonne. Hy klim Kilimanjaro en stap tot by Mt Amadablam-basiskamp in die Himalajas. Sy vrou en twee kinders motiveer hom om ‘n “normale” en gelukkige lewe te lei.

Hierdie stories is ‘n beligting van frustrasies, uitdagings en insidente wat hy as blinde ervaar. Dit gee vir die leser ‘n insig in die alledaagse konfrontasie en uitdagings, maar ook in die komiese en humoristiese aspekte van blindwees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Closing The Gap - The Fourth Industrial…
Tshilidzi Marwala Paperback R559 Discovery Miles 5 590
Engineering Design Synthesis…
Amaresh Chakrabarti Hardcover R6,028 Discovery Miles 60 280
I Am Jessica - A Survivor's Powerful…
Jamie Collins Hardcover R804 Discovery Miles 8 040
Systems Analysis Approach for Complex…
Priscilla Mensah, David Katerere, … Hardcover R4,055 Discovery Miles 40 550
DARK PSYCHOLOGY AND MANIPULATION MASTERY…
Robert Goleman, Jason Covey Hardcover R947 Discovery Miles 9 470
Variation-Aware Adaptive Voltage Scaling…
Martin Wirnshofer Hardcover R2,628 Discovery Miles 26 280
Computational Statistics and…
Ricardo Lopez-Ruiz Hardcover R3,087 Discovery Miles 30 870
Modeling and Computer Simulation
Dragan Cvetkovic Hardcover R2,552 Discovery Miles 25 520
New Perspectives on Applied Industrial…
Jorge Luis Garcia-Alcaraz, Giner Alor-Hernandez, … Hardcover R6,091 R4,959 Discovery Miles 49 590
Extremisms In Africa
Alain Tschudin, Stephen Buchanan-Clarke, … Paperback  (1)
R330 R305 Discovery Miles 3 050

 

Partners