0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (929)
  • R250 - R500 (876)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

This collection consists of 29 stories – 5 in English, 24 in Afrikaans. Several of the stories have been adapted from stage productions over a period of three years: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 and PASSI PASSIO.

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

Goedsmoeds (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Goedsmoeds (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days
Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg): Elbie Lotter Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg)
Elbie Lotter
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.

Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Van Humpata Tot Upingtonia (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte aan die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het.

Die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.

Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback): Talbot Cox Agtergat Se Mense - Hul Kaskenades En Dinge (Afrikaans, Paperback)
Talbot Cox
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Klein dorpies is elkeen uniek met sy eie karakter en dinge.

Vanweë die klein gemeenskappe word mense in dieselfde smeltkroes gegooi; hetsy na gelang van kulturele afkoms of ras, verskillende godsdienste of oortuigings. Om te oorleef moes hulle die lewe se uitdagings so goed moontlik saam met mekaar aanpak, en so ontwikkel ’n algemene soort kultuur deur die jare heen; baie prakties, sonder onnodige nonsies en met baie humor.

Plattelandsemense aarsel nie om dinge te sê soos dit is nie; dikwels in plat taalgebruik wat vir ander miskien stuitig mag wees of selfs aanstoot sal gee. Die skrywer is ’n gebore en getoë “boytjie” van die platteland wat nie kan verhelp om met sy tong in die kies te skryf en te skets nie.

ʼn Groot knippie sout is gewis nodig. Lag of huil gerus lekker saam!

Swart Goud (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Swart Goud (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R255 Discovery Miles 2 550 Ships in 6 - 10 working days

Aan die einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot 'n einde. 'n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid-Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as 'n speurder.

Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in 'n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel.

Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke.

Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.

Die Otters se Koshuisstreke (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se Koshuisstreke (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Spertyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Spertyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert 1
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Elsa Joubert - Biografiese inligting

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” sê die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Die Kappiekommando, of Boerevroue in geheime diens - Boerevroue in geheime diens (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe): Johanna... Die Kappiekommando, of Boerevroue in geheime diens - Boerevroue in geheime diens (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)
Johanna Brandt
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Die Boereheldin Johanna Brandt, wat bekendheid verwerf het met haar boeke Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappiekommando (1913) was 'n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou.

Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?

Zip! (Afrikaans, Paperback): Nataniel Zip! (Afrikaans, Paperback)
Nataniel 1
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.

Liewe Heksie: Leesboek 1 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 1 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.

Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Lynthia Julius Kinderle - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Lynthia Julius
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kinderlê kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod. Die titel is die naam van ’n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan ’n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het – ’n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie.

’n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat dié verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in ’n psigiatriese instelling, en van ’n miskraam. Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met ’n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literêre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.

Soos met Uit die kroes, haar bekroonde debuutbundel, verruim sy Afrikaans met die gebruik van Gariepafrikaans en Nama-woordeskat in haar jongste bundel.

Olga Kirsch (Afrikaans, Paperback): Egonne Roth Olga Kirsch (Afrikaans, Paperback)
Egonne Roth
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hoewel Olga Kirsch die enigste Joodse stem in die Afrikaanse digkuns is, is dit skaars bekend onder lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Olga Kirsch was, na Elisabeth Eybers, maar die tweede vrou wat ‘n digbundel in Afrikaans laat verskyn het.

Die doelwit van hierdie biografie is om te keer dat haar werk vergete raak en om te wys waarom haar werk belangrik is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Israel.

Dit ondersoek nie net Kirsch se rol as Afrikaanse Joodse digter nie, maar ook haar as voorbeeld van ‘n grensoorsteker tussen kulture en veeltalige immigrante-digter. Daarom is van haar Engelse en Hebreeuse digkuns ook ingesluit in hierdie werk.

Geboortereg (Afrikaans, Paperback): Mona van der Schyff Geboortereg (Afrikaans, Paperback)
Mona van der Schyff
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Geboortereg se tema handel oor die feit dat elke baba die reg het tot ouers, twee oumas en oupas. Ruan die hoofkarakter se grootouers aan vaderskant weier om hom te aanvaar as hul kleinkind. Ruan word groot by sy ma en haar man, wat nie die grootouers se seun is nie.

Albei sy ouers sterf. Ruan ontmoet twee vroue tot wie hy aangetrokke voel. Die verhaal stel die leser bekend aan die families en stories van die twee vroue.

Die boek is geskik vir manlike en vroulike lesers.

Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback): Niki Daly Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback)
Niki Daly
R150 R139 Discovery Miles 1 390 Save R11 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.

Suurlemoen! (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Suurlemoen! (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin …

1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak.
2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies.
3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie.

Ons het al die reëls oortree …

Toneelspel 2 (Afrikaans, Paperback): Frances Frans Toneelspel 2 (Afrikaans, Paperback)
Frances Frans
R249 R230 Discovery Miles 2 300 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Toneelspel 2 handel oor die manier van dink en doen binne die bruin gemeenskap.

Die uniekheid van die mense word getrou geskets deur die skrywer wat die polsslag van haar dorp ken en ’n diep liefde vir sy inwoners het.

Voorbeelde hiervan is:

  • Die stout weduwees
  • Die anderster kind
  • GO George
  • Okkapyp
Seisoene Op Parool (Afrikaans, Paperback): Hans Pienaar Seisoene Op Parool (Afrikaans, Paperback)
Hans Pienaar
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: “Kenmerkend is die ironiese, selfs sardoniese, toon terwyl die stem se personasie in die gedigte dikwels skollieagtig is; iets wat direk verband hou met die titel se verwysing na parool: Iemand wat voorwaardelik vrygelaat is, dog streng by beheermaatreëls moet hou ten einde daardie gewaande vryheid te handhaaf en hernieude tronkstraf te voorkom. Die digter slaag om indrukwekkende wyse daarin om dié filosofiese beskouing van vryheid vs gebondenheid verteenwoordigend van die mens se algehele lewenslot te maak.”

Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Klaskameraad Studiegids: Wolk (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Klaskameraad Studiegids: Wolk (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard; Compiled by Hannes Barnard
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) In Stock

Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids sal leerders help om die roman Wolk se letterkundige aspekte beter te verstaan en die roman in geheel te geniet. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word. Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, moontlike temas word uitgewys, interessante en moeilik woordeskat word uitgelig, en besprekingspunte en navorsingsonderwerpe word gegee.

Wals met Matilda (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh Wals met Matilda (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.

Uittogboek (Afrikaans, Paperback): Johan Myburg Uittogboek (Afrikaans, Paperback)
Johan Myburg
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 6 - 10 working days

Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans. Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
ESD Program Management - A Realistic…
G. Theodore Dangelmayer Hardcover R4,199 Discovery Miles 41 990
Modern Filter Design - Active RC and…
Mohammed S. Ghausi, Kenneth R Laker Hardcover R2,724 Discovery Miles 27 240
Physiological Aspects of Legged…
Giovanni Cavagna Hardcover R4,059 Discovery Miles 40 590
Computational Continuum Mechanics of…
Esmaeal Ghavanloo, Hashem Rafii-Tabar, … Hardcover R3,814 Discovery Miles 38 140
Elementary Continuum Mechanics for…
Esben Byskov Hardcover R5,259 Discovery Miles 52 590
Eigenvalue and Eigenvector Problems in…
Sorin Vlase, - Marin Marin, … Hardcover R3,806 Discovery Miles 38 060
Sensors and Techniques for 3D Object…
Fabio Menna, Fabio Remondino, … Hardcover R2,171 R1,854 Discovery Miles 18 540
Geospatial Intelligence - Concepts…
Information Reso Management Association Hardcover R8,483 Discovery Miles 84 830
Interdisciplinary Applications of…
Andres Kecskemethy, Veljko Potkonjak, … Hardcover R2,664 Discovery Miles 26 640
Radio-Frequency Microelectronic Circuits…
Yannis E. Papananos Hardcover R2,781 Discovery Miles 27 810

 

Partners