0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (876)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback): Athambile Masola, Xolisa Guzula Imbokodo: Vroue Wat Ons Vorm - 10 Uitvinders, Genesers & Opvoeders (Afrikaans, Paperback)
Athambile Masola, Xolisa Guzula
R180 R167 Discovery Miles 1 670 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Imbokodo: Women Who Shape Us is a groundbreaking series of books which introduces you to the powerful stories of South African women who have all made their mark and cleared a path for women and girls. These books recognise, acknowledge and honour our heroines and elders from the past and the present. South African women are silent no more on the roles that we have played in advancing our lives as artists, storytellers, writers, politicians and educationists. The title 'Imbokodo' was been chosen as it is a Zulu word that means "rock" and is often used in the saying 'Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo!', which means "You Strike a Women, You Strike a Rock!" These books were made possible with the support of Biblionef and funding from the National Arts Council. In 10 Curious Inventors, Healers & Creators you will read about the women who shape our world through education, science and maths. You will read about women who became teachers, nurses, social workers, scientists and community workers, overcame obstacles and through their work fought for social change.

Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): K.... Duitser Aan Die Kaap, 1724 - 1765 - Die Lewe En Loopbaan Van Hendrik Schoeman (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
K. Schoeman
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.

Melk & Vleis // Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback): Marina Albertyn Melk & Vleis // Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback)
Marina Albertyn
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 6 - 10 working days

Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.

Melk & Vleis

Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...

Bloed & Bodem

Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie... ’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

Taking Selfies With a Sheep (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Taking Selfies With a Sheep (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R230 R213 Discovery Miles 2 130 Save R17 (7%) Ships in 5 - 10 working days

A troublemaker about to get kicked out of school. An eccentric grandmother with a canary yellow Land Rover and a camera. A girl who loves books. A sheep that turns into an internet sensation overnight. A long dusty road. An unforgettable journey.

Trust me. If you steal a sheep at a small-town church bazaar, your life will never be the same again...

This humorous, heart-warming novel will open your eyes to the things that really make life worthwhile.

Voortrekkerstamouers 1835?1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition): Jan C. Visagie Voortrekkerstamouers 1835–1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition)
Jan C. Visagie
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Dié tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 214 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan, in plaas van die oorspronklik geskatte 20 000.

Wat hierdie databasis van Voortrekkers nog meer besonders maak, is die versameling uiters skaars foto’s en portrette wat aangebied word.

In hierdie fotokabinet kan ongeveer 150 afbeeldings van Voortrekkers gesien word.

Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok.

Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld …

In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.

More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback): Johan Badenhorst Krieket, Kerrie En Gandhi - 'n Voetspore Storie (Afrikaans, Paperback)
Johan Badenhorst
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days
Land Van Skedels (Afrikaans, Paperback): Nicola Hanekom Land Van Skedels (Afrikaans, Paperback)
Nicola Hanekom
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days
Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover): J.W. Meijer Generaal Ben Viljoen, 1868-1917 (Afrikaans, Hardcover)
J.W. Meijer
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.

Toneelspel 3 (Afrikaans, Paperback): Frances Frans Toneelspel 3 (Afrikaans, Paperback)
Frances Frans
R249 R230 Discovery Miles 2 300 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Toneelspel 3 vir skole handel oor die lief en leed van mense binne die gemeenskap waarin die skrywer grootgeword het. Sy draai nie doekies om as sy reguit en op die man af gebeure weergee nie.

Die uniekheid van haar mense word weerspieël in die kleurvolle taalgebruik en eiesoortige karaktertrekke van die mense wat diep onder haar vel ingekruip het.

Voorbeelde hiervan is:

  • Hofsaak
  • Hondegevegte
  • Matriekhartseer
  • Neurokliniek
Water, wonderlike water Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie... Water, wonderlike water Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Facto luister wat die Flixies te sê het oor water en hy hoor dat dit 'n wonderstof is! Geen lewe soos ons dit ken is moontlik sonder water nie. Dit is 'n wonderlike oplosmiddel, wat beteken dat die plante en diere se kos eers daarin moet oplos voordat dit deel van die plant of dier se liggaam kan word. Dit is ook 'n was- en spoelmiddel en dit koel af. Ons voorraad vars water wat bruikbaar is, is baie beperk en die Flixies verduidelik hoekom.

Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Marius Crous Brief Uit Die Kolonies (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Marius Crous
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Marius Crous se debuutbundel is ‘n moderne Suid-Afrikaner se reis deur koloniale Afrika. Dit le ‘n sonderlinge verband tussen hede en verlede, tussen Afrika en Europa, die geskiedskrywer, die joernaalskrywer en die digter. Hierdie uitstekende versameling gedigte is in 2004 met die UJ-debuutprys bekroon.

Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.

Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Anderman Se Vrou - 'n Wim Kellerman-Roman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie.”

Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar ná die dood
van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in
die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar
dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf
jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak
het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van
Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geïdentifiseer nie?

Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy
beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis
maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop ’n kaartjie
Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die
meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse
Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis ’n lewenstaak – vir Portis, en vir Wim.

Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Los Gedagtes (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 6 - 10 working days

Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.

Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord. Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

Voorbeelde:

  • Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
  • Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
  • Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
  • Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
  • 'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
  • As julle trou, word julle een. Watter een?
  • Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
  • Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.
Simoelegri (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Simoelegri (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld.

Aangrypend. Simoelégri is die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd.

Die Huisapteek (Afrikaans, Paperback): Barend J. Toerien Die Huisapteek (Afrikaans, Paperback)
Barend J. Toerien
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.

Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback): Debbie Loots Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback)
Debbie Loots
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak.

Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe?

Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Gone To The Edges (English, Afrikaans, Paperback): Leon De Kock Gone To The Edges (English, Afrikaans, Paperback)
Leon De Kock
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

A distinctive volume of poetry by a talented poet and highly acclaimed translator.

Although the themes and ideas explored are mostly personal, De Kock's voice ensures a universal resonance in his poetry.

Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.

Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.

Die Kremetartekspedisie (Afrikaans, Paperback): Wilma Stockenstrom Die Kremetartekspedisie (Afrikaans, Paperback)
Wilma Stockenstrom
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verhaal van 'n slavin wat as die enigste oorlewende van 'n mislukte ekspedisie in die hart van Afrika haar terugtrek in die hol stam van 'n kremetartboom. In toenemende verlatenheid herleef sy haar vroeëre bestaan: hoe sy as kind in haar tuisdorp gevange geneem en weggevoer is, haar lewe in 'n hawestad aan die ooskus as dienares van verskillende meesters, haar reis saam met haar laaste eienaar en beskermheer, haar lewe in die kremetartboom.

Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels deur J.M. Coetzee. Die Italiaanse vertaling word bekroon met die Grinzane Cavour-prys in 1988 en in 1995 word die Franse vertaling verwerk vir die verhoog en opgevoer in die Thèâtre de l'Ante in Parys.

"Solank Afrikaans bestaan, sal dié boek waarskynlik die essensie daarvan bly verwarm." – Antjie Krog

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Suzuki Cello School 1 - International…
Alfred Music Paperback R413 Discovery Miles 4 130
Origins of Terrorism - The Rise of the…
Godfrey Garner, Maeghin Alarid-Hughes Hardcover R4,485 Discovery Miles 44 850
Freddie Mercury in New York Don't Stop…
Thor Arnold, Lee Nolan Hardcover R1,061 Discovery Miles 10 610
Decision Making in Risk Management…
Christopher O. Cox Paperback R1,712 Discovery Miles 17 120
My Name Is James
James B. Sinclair Hardcover R718 Discovery Miles 7 180
The Inheritors - An Intimate Portrait Of…
Eve Fairbanks Paperback R320 R286 Discovery Miles 2 860
An Essay Concerning Human Understanding
John Locke Paperback R782 Discovery Miles 7 820
The Origin Of Others
Toni Morrison Hardcover  (3)
R498 R459 Discovery Miles 4 590
The First Time You Smiled (Or Was It…
Cat Sims Hardcover R332 R306 Discovery Miles 3 060
Adidas WKF Karate Mitt With Thumb…
R299 R253 Discovery Miles 2 530

 

Partners