0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (54)
  • R50 - R100 (243)
  • R100 - R250 (827)
  • R250 - R500 (591)
  • R500+ (13)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . .  'n been?  En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal­ En Leesoefenboek Vir Huistaal (Afrikaans, Paperback): Isabella Venish Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal­ En Leesoefenboek Vir Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Isabella Venish
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die gebruikersvriendelike Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal maak dit maklik en lekker vir leerders om taalbegrippe in te oefen en te hersien, en vir die eksamen voor te berei. Hierdie oefenboek bevat agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê.

Help! My Dorp Hou 'n Kunstefees! (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Help! My Dorp Hou 'n Kunstefees! (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R240 R188 Discovery Miles 1 880 Save R52 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Koos se nuutste roman soos net hy dit kan skryf, maar ook meer.

Dit is ‘n donker komedie gebore uit die wanhoop en isolasie van die afgelope twee jaar se grendeltyd.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R480 R375 Discovery Miles 3 750 Save R105 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser, Tracey Hawthorne Sasol Eerste Veldgids tot Natuurlewe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser, Tracey Hawthorne
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek.

Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en ongewone eienskappe.

Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Grilgrypers 5: Die Groen Watergraf (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Shan Fischer
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud.

Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.

Buit (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Buit (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach 1
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ’n kleindorpse joernalis, is dit ’n kans om eindelik ’n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ’n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna.

Sy hoop om ’n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie.

Gou bevind Phoebe haar in die middel van ’n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ’n bloeddorstige reeksmoordenaar.

Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Wie ry saam? Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R78 Discovery Miles 780 Save R21 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie...

Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders!

Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee
R370 R186 Discovery Miles 1 860 Save R184 (50%) Ships in 5 - 7 working days

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor liefde wat oor alle grense heen strek.

“Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom.” - André P. Brink, Rapport

Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R56 Discovery Miles 560 Save R9 (14%) In Stock

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Die Generaal - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Hans Pienaar Die Generaal - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Hans Pienaar
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek?

Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg.

Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.

Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Elf Dae Op 'n Eiland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.

Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949?1981 (Afrikaans, Paperback): Stephanie Voss,... Sulke Vriende Is Skaars - Die Briewe Van Arnold van Wyk En Anton Hartman 1949–1981 (Afrikaans, Paperback)
Stephanie Voss, Stephanus Muller
R377 Discovery Miles 3 770 Ships in 4 - 8 working days

Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.

Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.

Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Godin Van Die Jag (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok.

Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld …

In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.

Rookskerm (Afrikaans, Paperback): Joubert Odendaal Rookskerm (Afrikaans, Paperback)
Joubert Odendaal
R220 R172 Discovery Miles 1 720 Save R48 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Wouter Wessels praktiseer as prokureur vanuit ’n omskepte woonhuis in ‘n voorstad van Pretoria. Na ‘n reeks terugslae in sy lewe, is beide sy regsloopbaan en persoonlike lewe weer besig om op koers te kom. Totdat daar op ’n gewone werksdag ‘n skynbaar gewone klient by sy praktyk instap.

Sy het egter nie die deursnee regsprobleem nie. Nadat hy haar begin bystaan, kom hy onverwags op ’n katnes van bedrog en swendelary af waarby hooggeplaastes en invloedrykes betrokke is. Skielik bars alle hel rondom hom los en sy lewe is in gevaar.

Hy betrek spoedig ’n vriendin, wat ’n joernalis by ’n dagblad is, asook ’n eksentrieke forensiese wetenskaplike om hom by te staan om dié bedrogspul te probeer ontrafel. Hy het egter nie die luukse van tyd nie, en boonop verdwyn sy sleutelgetuie skielik spoorloos.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Bloedsteen (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Bloedsteen (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R340 R266 Discovery Miles 2 660 Save R74 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.

Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare op tot ’n histerie.

Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook ’n teiken.

Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.

Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.

Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback): Niki Daly Aitsa! Thoko (Afrikaans, Paperback)
Niki Daly
R140 R110 Discovery Miles 1 100 Save R30 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Here comes Thoko again! Thoko is resourceful! Thoko is full of fun! Thoko is kind-hearted! Niki Daly makes reading about life as a kid entertaining and realistic with his delightful new local heroine, Thoko. Thoko skips through life, leaving behind a trail of laughter. With adorable illustrations and four heart-warming easy-to-read stories, Niki Daly has created a second book about Thoko - who is sure to become one of his most beloved characters. Look out for Hooray! Thoko.

Getuie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Christine Barkhuizen le Roux Getuie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Christine Barkhuizen le Roux
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing - en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid.

'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R270 R219 Discovery Miles 2 190 Save R51 (19%) Ships in 5 - 7 working days

Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?

Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback): Jacques Le Roux Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback)
Jacques Le Roux
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.

Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.

Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.

Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Tuimeltrein (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Resepte
Suzellediy Suzellediy Paperback  (2)
R295 R231 Discovery Miles 2 310
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050
Low Carb Is Lekker Drie
Ine Reynierse Paperback R340 R266 Discovery Miles 2 660
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam…
Ilse Verster Paperback  (1)
R300 R258 Discovery Miles 2 580
Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante…
Carla van der Spuy Paperback R315 R229 Discovery Miles 2 290
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R258 Discovery Miles 2 580
Laat die Potte Prut
Piet Marais, Frik Oosthuizen Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010

 

Partners