![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie. Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria. Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het. Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie. Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?
Hulle is in dieselfde skool, maar lewe in twee teenoorgestelde wêrelde. Sy is vet en vaal; hy is ‘n joller en die skoolhartebreker. Deur ’n simpele insident vang en hou Evie per ongeluk Joshua se aandag. Tyd om haar te bekommer oor die lang lys gebroke harte op Joshua se kerfstok is daar nie, want om soos ‘n voëltjie te eet en terselfdertyd te oefen vir ‘n onmoontlike halfmarathon is blerrie harde werk. Tog begin die lewe baie interessant lyk. Maar dan daag Joshua se dinamiese, befoeterde ouer broer op om ‘n breek te neem van sy mediese studies en Evie se wêreld draai heeltemal op sy kop. Hierdie splinternuwe jeugroman is ‘n goed verdoeselde hardloopgids geskryf vir enige tiener wat moed, kennis of motivering nodig het om na ‘n paar tekkies te reik!
Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan.
Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan ’n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ’n mens jou daarin kan inleef.
In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met parkinsonsiekte gediagnoseer word. Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met parkinsons: die ervaring om die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat te aanskou, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ’n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik? Voeg hierby ’n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en ’n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole. Dit is voorsien van ’n register volgens liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling, waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.
Dit is my storie, maar dit is ook die storie van elke ouer wat al 'n keer gestruikel het," se Saskia de Coster by geleentheid oor Nagouers. De Coster (1976 - ) is 'n prominente figuur in die hedendaagse Vlaamse prosa. Danksy haar optrede by verskillende kunstefeeste is sy geen onbekende in Suid-Afrika nie. Nachtouders (2019) is intussen reeds in meer as tien tale vertaal. Dit is die verhaal van "nie-biologiese ouerskap" waarby die sielkundige spanning uiteindelik maar te herkenbaar sal wees vir ook diegene wat al met "biologiese ouerskap" gekonfronteer is. Saskia word onder verswee teensinnigheid moeder saam met haar groot liefde en eggenote, Juli. Laasgenoemde dring daarop aan om 'n eie kind in die wereld te bring. Vervolgens raak 'n skenker betrokke, Karl, 'n Kanadese homo- vriend van Saskia. Terwyl die skenkerproses self nie sonder moeite en selfs skaterende humor verloop nie, raak duidelik dat dit ondanks die kliniese aard daarvan nogtans die individuele agtergrond van elk van die betrokkenes op die spel bring. Sake word op die spits gedryf wanneer die gesinn etjie Karl se moeder op die eiland Portes aan die Kanadese Weskus besoek, 'n van die moderne wereld afgeslote plek bewoon deur 'n vergrysende hippie-gemeenskap en 'n afkerige Indiane-groep. Ouerskap, liefde en die stryd om individuele lewensruimte bly onderliggend aan die gebeure met alle eienskappe van 'n riller. Hoewel die hooffiguur ook Saskia heet en die boek eienskappe van 'n ego-dokument het, is dit 'n meesleurende roman wat uitnooi tot 'n besondere leeservaring.
In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige TV-reeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. 'n Visuele fees vir die oog.
Unrecognised, ignored and forgotten. The Forgotten Scientist: The Story of Saul Sithole is the untold story of a pioneering black scientist who made a great contribution to the fields of anthropology and ornithology in South Africa. Saul Sithole was so committed to his craft that even the weight of apartheid did not stop him from giving 62 years of his life to the scientific world of birds and fossils. Saul never received the official recognition he deserved - until now. This book validates his contribution, sharing his life's work and laying out a story that will inspire future generations of scientists. This book would not have been possible without the support of Biblionef and funding from the National Heritage Council.
Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so? Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.
Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geïnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief. Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar. Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.
Aantrekkingskrag is 'n kosmiese wet wat sowel vir hemelligame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op 'n verbluffende wyse uit in 'n meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word een laatnag, ná 'n opvoering van Hamlet, gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. Die wêrelde van die wetenskap en die kuns word aanvanklik met mekaar gekontrasteer, maar ten slotte versoen in die volgende insig: 'Religie is so onwetenskaplik, maar elke religie op aarde het tot die besef gekom: God is liefde. Liefde - alomteenwoordig soos die aantrekkingskrag tussen alles in die heelal, so onkenbaar soos 'n atoom, en so seker soos die spoed van lig.'
Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns (2010) M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (2010) Inspekteur Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die brutaliteit van misdaad in Johannesburg. Hy kom soek rus en vrede op ’n klein dorpie aan die rand van die Kalahari, waar hy ’n nuwe veediefstal-eenheid op die been moet bring. Dan word ’n grusame dubbele moord op ’n plaas gepleeg. Gou kry Beeslaar egter met veel meer as ’n “gewone plaasmoord” te doen. Hy word gekonfronteer met ’n koelbloedige veediefstalsindikaat, Afrika-towerkuns, ’n ou grondeis in ‘n plofbare politieke klimaat wat deur ’n regse wit vigilantegroep uitgebuit word. En dit is maar net die begin. ’n Naelkou-misdaadroman met ’n nuwe, eg Suid-Afrikaanse speurheld. Plaasmoord is in Nederlands vertaal as Moord op Huilwater.
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswereld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reen, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Italie toe.
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om om kinders in ander Afrikalande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word. Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na SuidAfrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig … As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …
Insektopedie lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geïllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s.
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.
In die magiese woud van die Grootrivier woon duisende feetjies, elkeen met haar eie spesiale taak. Maar die sonskynfeetjie, Christelientjie, is anders — sy is ‘n Downsindroom-feetjie met ‘n hart van goud. Sy bring lig en warmte waar sy gaan, en leer die ander bewoners van die woud dat geduld, deursettingsvermoë en vriendelikheid kragtiger is as perfeksie. Toe die trotse Kolonel Wolhuter Wurm haar as “dom” uitskel, wys sy hom dat moed en deernis die ware maatstaf van wysheid is. ’n Warm, humoristiese verhaal oor aanvaarding, diversiteit en die mooi van elke kind se unieke lig.
Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Somsisdaar eilandjies vrede,soosin enige goeieoorlog. Maar oorlog is soosliefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht seMutter Courage und ihre Kinderbied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.
Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste
en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland! |
You may like...
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
Paperback
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
|