0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (921)
  • R250 - R500 (883)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin 5: Redding op die Rooi Planeet (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!

Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hê.

Teen die agtergrond van 'n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?

Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback): Cas van Rensburg Mans En Hulle Wonde - 'n Eeu Van Woede (Afrikaans, Paperback)
Cas van Rensburg
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Cas van Rensburg se oeuvre kom op ’n klimaks tot afsluiting met Mans en hulle wonde. As Jungiaan kyk hy vroeër na drome (Jou drome – die onbewuste het al die antwoorde) en na die vroulike psige (Die prinses in elke vrou). Hier kom hy as bejaarde tot ’n uiteindelike evaluering van sy eie groei tot manwees. Petrovna Metelerkamp het ’n besondere diens verrig deur hierdie finale werk van Cas toeganklik te verwerk en só mooi postuum uit te gee. (Daar’s ’n aangrypende en gepaste skildery deur Van Rensburg op die voorblad.) Die boek is beslis nie net vir bejaardes of vir mans bedoel nie, “maar ook vir vrouens wat hulle mans wil verstaan, vir ma’s en pa’s wat hulle seuns wil verstaan en vir jong mans wat probeer om hulself te verstaan” (agterplat).

Die man is om verskillende redes in die 21ste eeu in die moeilikheid, of dit is as gevolg van “die opkoms van die feminisme en gays wat hulle regte opeis” of omdat “die Kerk sy houvas op die Westerse samelewing begin verloor (het) en daarmee saam die patriargale ingesteldheid wat so lank die botoon gevoer het”. Metelerkamp noem dat Van Rensburg navorsing vir sy boek begin doen het tydens die verhoor van Oscar Pistorius. Pistorius se verhaal van woede en geweld word ’n argetipiese Suid-Afrikaanse (Afrikaner-) storie wat deurlopend weerklank vind in die lig van ander stories, mites en sprokies.

Bybelse gelykenisse en verhale en hulle karakters word ook vanuit die perspektief van die analitiese sielkunde gelees. Dit sorg vir verfrissende interpretasies waarin Van Rensburg byvoorbeeld deur die lens van pa-en-seun-verhoudings na Bybelverhale kyk. Dis opvallend hoe dikwels Bybelkarakters die teenhangers van ander vorm (Kain en Abel, Abraham en Lot, Moses en Aäron, Eli en Samuel, Dawid en Saul, Dawid en Jonathan, Jesus en Johannes, Jesus en Petrus, Paulus en Timoteus). Dit sluit aan by droomontleding wat die besef bring dat verskillende karakters in dieselfde droom verskillende aspekte van dieselfde persoonlikheid kan verteenwoordig. Só is dit ook met sprokies die geval.

Vernaam in Van Rensburg se ontleding is dat die “moederkompleks” in die manwordproses aangespreek word sodat die “stryd met die moeder” op ’n manier besleg word. Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n “heldereis” gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook “begin by jou pa” en jou pa “agterlaat” deur hom te leer ken of verstaan.

Woede, eensaamheid en pyn kom volgens Van Rensburg algemeen onder mans voor te midde van hulle hunkering na geborgenheid en sekuriteit. Dis dikwels vir hulle moeilik om los te breek uit die gevangenskap waarin patriargie en gemeenskapsverwagtings hulle dompel. Dis juis die onvermoë van mans om met hulle gevoelens in aanraking te kom en dit te verwoord wat deurbreek moet word. Sprokies leer ons dat die skadukante van die persoonlikheid integrasie nodig het en dat mans die vrou in hulleself moet ontdek en omhels.

Van Rensburg sê dat Mans en hulle wonde nie ’n selfhelpboek met kitsresepte of -oplossings is nie. Hy is selfs nie baie krities oor Angus Buchan se Mighty Men-beweging nie en beskou dit as simptomaties van die krisis waarin mans verkeer en hulle behoefte aan geleenthede om uiting aan hulle emosies te gee. Hy vertrou dat dit wat in die boek ’n indruk maak, “in die onbewuste (sal) bly spook” met antwoorde wat mettertyd oprys.

Pampoenpit en die geheime Helde (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders Pampoenpit en die geheime Helde (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders; Illustrated by Zinelda McDonald
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is ...

“Hulle doen hul werk soms stil-stil, hier reg onder jou neus.

As jy Geheime Helde raaksien, kan jy leer om een te wees!

Hulle maak menselewens beter, maak ’n verskil waar hulle kan.

Hulle vind uit wat gedoen moet word en DOEN dit – dis hul plan.”

’n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar geheime helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!

Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Elise Bishop Twee Lewens - 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Elise Bishop
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

Rookskerm (Afrikaans, Paperback): Joubert Odendaal Rookskerm (Afrikaans, Paperback)
Joubert Odendaal
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Wouter Wessels praktiseer as prokureur vanuit ’n omskepte woonhuis in ‘n voorstad van Pretoria. Na ‘n reeks terugslae in sy lewe, is beide sy regsloopbaan en persoonlike lewe weer besig om op koers te kom. Totdat daar op ’n gewone werksdag ‘n skynbaar gewone klient by sy praktyk instap.

Sy het egter nie die deursnee regsprobleem nie. Nadat hy haar begin bystaan, kom hy onverwags op ’n katnes van bedrog en swendelary af waarby hooggeplaastes en invloedrykes betrokke is. Skielik bars alle hel rondom hom los en sy lewe is in gevaar.

Hy betrek spoedig ’n vriendin, wat ’n joernalis by ’n dagblad is, asook ’n eksentrieke forensiese wetenskaplike om hom by te staan om dié bedrogspul te probeer ontrafel. Hy het egter nie die luukse van tyd nie, en boonop verdwyn sy sleutelgetuie skielik spoorloos.

Dinge Wat Ek Nie Van Skape Geweet Het Nie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Dinge Wat Ek Nie Van Skape Geweet Het Nie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ...

Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.

In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer.

Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.

Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel.

Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra.

En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.

Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ...

Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Ek lees self-omnibus 3 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Ek lees self-omnibus 3 (6-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Zinelda McDonald
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.

Omnibus 3
Jakkals en Wolf en die klip; Rooi hen bak brood; Die drie rammetjies rof; Padda word kwaad; Muis red leeu se lewe; Die gans wat goue eiers kon lê; Sprinkaan leer werk

Skattejag En Skadukante (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skattejag En Skadukante (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Elara Steyn, ’n navorser aan Stellenbosch Universiteit, besoek Kaap Nyala waar die marine-argeoloog Rowan Carter se duikspan die skeepswrak Eclipse verken. Die span hoop om die kroon van Almani in die wrak te vind.

Elara en Rowan voel aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie. Die soektog verloop ook nie sonder probleme nie. Smokkelaars soek die kroon vir ’n ryk versamelaar en daar is ’n verraaier in Rowan se span. Al die drama vertroebel die water vir Rowan en Elara.

Sal die liefde oorwin?

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.

In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Lea Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe boek en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal vind. Hierdie lieflike boeke word geïllustreer deur Johann Strauss en Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea, wat net soos haar boetie Ben, ook nou moet skool toe gaan.

Lea hou so min van skool dat haar magie sommer pyn. Niemand by die skool wil met haar speel nie. Juffrou kondig ’n kunswedstryd aan ... miskien is daar ander maatjies wat ook soos Lea hou van teken?

Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Vuur (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Vuur (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge. Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.

Vasbyt Vyf 2: Die Renosterhelde (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Vasbyt Vyf 2: Die Renosterhelde (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Ships in 7 - 11 working days

Die Vasbyt Vyf is almal op Handré se oom se wildsplaas vir ’n ontspannende vakansie na hulle ontvoering en ontsnapping. Altans, dis veronderstel om een te wees – tot hulle pens en pootjies in nog ’n avontuur beland.

Nadat hulle op ’n velduitstappie verdwaal en op ’n pas gestroopte renoster met ’n babakalfie afkom, besluit hulle om die renosterstropers te probeer keer. Hulle het vinnig ’n verdagte en leidrade, maar die grootmense wil hulle nie glo nie: hulle dink die kinders jaag spoke op na hul eie traumatiese ervaring.

Dit hang van die Vasbyt Vyf af om weereens hulle eie helde te wees en die renosters te red.

Gesant van die Mispels - Gedigte by Skilderye van Adriaen Coorte (Afrikaans, Paperback): Marlene Van Niekerk Gesant van die Mispels - Gedigte by Skilderye van Adriaen Coorte (Afrikaans, Paperback)
Marlene Van Niekerk
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poetiese kragtoer”.

Net Ek (Afrikaans, Paperback): Zinet Oosthuizen Net Ek (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oosthuizen
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem.

Toe Wian se erfhuis in ’n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek.

Gou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.

Innie Shadows (Afrikaans, Paperback): Olivia M. Coetzee Innie Shadows (Afrikaans, Paperback)
Olivia M. Coetzee
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

A page turning, gender and genre-bending novel set on the Cape Flats; a story of people who live in a place of violence which involves drugs, corrupt clergy, queerness, friendships - and how these survive in a society that is dysfunctional due to historical social problems; very much a novel of now, the 21st century.

A book that will change the literary landscape of this country.

Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Noodlot - Die Ontwaking Van Winter: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.

Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou.

Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind.

“Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.”

Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!

Die Lysie-man (Afrikaans, Paperback): Salma Swanepoel Die Lysie-man (Afrikaans, Paperback)
Salma Swanepoel
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Louisa het ’n lysie met die eienskappe van haar droomman. Vir daardie man bid en wag sy.

Haar mede-onderwyser, Bernard, het nie donker hare en blou oë soos Louisa se droomman nie. Boonop loop hy ná ’n slegte ervaring maar lig vir meisies.

Toe hulle saam op ’n skooltoer na die Karoo gaan, leer Bernard en Louisa mekaar werklik ken. Louisa leer gou die liefde steur hom nie aan lysies nie.

Nou moet sy kies tussen haar lysie-man en haar hart.

'n Skatkis vol drome (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen 'n Skatkis vol drome (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word. Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n dobbelb aas beloof om sy skuld af te betaal.

Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot haar redding kom met ’n vreemde huweliksaanbod.

Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke.

Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?

Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ouma Mollie se Verkeerde Verjaarsdag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Strauss
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie.

Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm?

Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou.

VEELS GELUK, OUMA!

In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?

Man met 'n Plan (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Man met 'n Plan (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel om net ’n huwelik in naam te wees, maar op ’n vakansie saam met haar pa op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok ’n bed deel.

Boonop soen Dawid haar skielik ty dig en ontydig en wil nie aan sy kant van die bed bly nie. As sy moet eerlik wees, sy ook nie.

Maar die nagmerries uit haar kinder dae pla nog steeds. En wat van Henko, die vriend uit haar verlede?

Stadsmeisie en die plaasjapie (Afrikaans, Paperback): Beatrix de Villiers Stadsmeisie en die plaasjapie (Afrikaans, Paperback)
Beatrix de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Marina vra of sy haar derde roman in die stilte van die bos op sy plaas kan kom skryf, sê Hugo ja. Marina was altyd ’n vaal meisietjie met haar neus in die boek, maar dit pas hom.

Hugo is self stil, met dikwels net sy hond Brutus vir geselskap op die plaas in Zimbabwe.

Maar Marina is deesdae alles behalwe vaal. Sy is nou beroemd en gewoond aan die stadslewe. Gaan hulle in vrede kan saamleef?

Kersbosliefde (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Kersbosliefde (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná trauma en verlies vlug Kayla na Dwarskersbos om rigting te soek. Jack kom ook na die vissersdorpie om oor sy toekoms te besluit. Op die strand sien Kayla hom elke dag op die rotse, maar steur haar nie aan hom nie. Toe sy haar voet sny, moet sy Jack se
hulp aanvaar. ’n Vriendskap ontwikkel en hulle leer lew enslesse by Liza die kersmaker. Hulle neem lesse in hangsweeftuigvlieg en ontdek vryheid. Durf hulle hoop om saam geluk te vind dié Kersfees?

Breinlabirint (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Breinlabirint (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …

Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is.

Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos ’n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos ’n gevangene in die groot, koue huis. Hy het ’n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke.

Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?

Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is ’n boek wat op ’n nuwe manier geskryf en gelees moet word!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Fearless - Platinum Edition
Taylor Swift Vinyl record R645 Discovery Miles 6 450
The Ancient History of the Egyptians…
Charles Rollin Paperback R711 Discovery Miles 7 110
Cloud Security - Concepts…
Information Reso Management Association Hardcover R8,949 Discovery Miles 89 490
The Ruin of the Eternal City - Antiquity…
David Karmon Hardcover R2,737 Discovery Miles 27 370
How to Start Your Own Cybersecurity…
Ravi Das Hardcover R3,784 Discovery Miles 37 840
Internet of Things. Technology and…
Luis M. Camarinha-Matos, Geert Heijenk, … Hardcover R2,452 Discovery Miles 24 520
Advanced Healthcare Systems - Empowering…
Tanwar Hardcover R5,092 Discovery Miles 50 920
CompTIA Security+ Guide To Network…
Mark Ciampa Paperback R1,389 R1,288 Discovery Miles 12 880
Kenny Chesney - Life On A Rock
Kenny Chesney CD R122 Discovery Miles 1 220
Music and the Muses - The Culture of…
Penelope Murray, Peter Wilson Hardcover R6,668 Discovery Miles 66 680

 

Partners