![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
Karla is ’n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is ’n vlieënier en
’n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om
voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa,
sê sy ja.
In hierdie fantastiese leesreeks, met pragtige illustrasies, vertel
Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs
die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Elke boek bevat ook
nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te
wakker, en het dus baie goeie opvoekundige waarde.
Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied? Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret! Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.
Jani is ʼn nuuskierige en avontuurlike meisie wat mal is oor die
buitelig.
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair
vir die Demetriou-gesin werk.
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Celeste is die jongste kind en voel haar familie onderskat haar. Toe sy
hoor van ’n pos by ’n seunskoshuis op die kleinhoewe Hemel-op-aarde wat
dringend gevul moet word, gryp sy die geleentheid aan.Maar die
aantreklike Arno Hougaard meng met haar werk in en laat haar aan haar
vermoëns twyfel. Haar vriendinne beskou hom as ’n vangs, maar in haar
oë is hy sommer net ’n pyn. Gaan Celeste haar voete en liefde kan vind?
Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker
onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome
uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die
reeks!
Alinda is vasbeslote om haar sterfbedbelofte aan haar ma na te kom voor
sy trou. Maar watter man sal sewe jaar vir haar wag, soos Jakob vir
Ragel?
Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde
Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar
lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n
beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al
die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit
Noordpool toe.
Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer. In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.
Eerste Wals is ‘n bundel van verhale en verse. Die verhale is geïnspireer deur die memoirs van die outeur se moeder, sowel as die outeur se lewenservarings en verbeelding. Die name van die karakters in die verhale is gevolglik fiktief. Die verhale handel oor die lewe van die dogtertjie, Jantjie wat by haar grootouers aan vaderskant groot word. Sy is onder die indruk dat hulle haar eie ouers is. Groot is die skok toe sy op sesjarige ouderdom uitvind, dat die persoon wat sy gedink het haar oudste broer is, eintlik haar pa is. Die verhale beskryf die lief en leed van Jantjie, van kleinsaf, totdat sy haar laaste kind baar. Die gedigte handel oor vyf verskillende temas, naamlik, Familie, Godsdiens, Biografie, Natuur en Allerlei.
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance: Het jy al gehoor van ’n hond wat lid van die vloot is? Of ’n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie: ’n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld: Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat: Die merkwaardige verhaal van ’n katjie wat op ’n dag in die ysbeerpoel by ’n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn: Vind uit hoe ’n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig? ’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.
Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue
van alle ouderdomme sal vind.
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?
Met haar prokureur se hulp, vind Lizzy onder ’n nuwe identiteit ’n
toevlug op ’n plaas by die see. Daar versorg sy die visser shuisies en
bly naweke in die eienaar, Reuben, se huis terwyl hy in Mauritius is.
Isla Vosloo se lewe word bedreig ná sy haar nuwe baas aangekla het van
teistering. Toe hy haar dreig en begin agtervolg, moet sy teen haar
wense haar vriendin se broer, Janco Watermeyer, toelaat om by haar in
te trek tot haar woonstel beveilig is.
“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.” George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue. Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan. |
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
(4)
|