0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (934)
  • R250 - R500 (877)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Hoe Lank Is Vir Altyd? (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Hoe Lank Is Vir Altyd? (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Belladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer ’n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur ’n groot erfporsie. Toe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om ’n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie. Die hart weet egter wat die hart wil hê en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?

Sneller (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Sneller (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een oomblik.
Twee mense.
Drie skote.
In ’n oogwink kan alles verander.

Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Dit neem nie lank voordat hulle dolverlief op mekaar is nie.

Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Dit stel dalk net iemand uit haar verlede in staat om haar op te spoor by haar nuwe skool. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan?

Kan Inneke ongeskonde van haar verlede ontsnap of is dit ’n sneller wat wag om af te gaan?

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover): Philip de Vos Die Tantes van Atlantis - plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders (Afrikaans, Hardcover)
Philip de Vos; Illustrated by Piet Grobler
R190 R119 Discovery Miles 1 190 Save R71 (37%) In Stock

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.

Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet.

Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Vlam In Die Sneeu (Beperkte uitgawe) - Die Liefdesbriewe Van Andre P Brink & Ingrid Jonker (Afrikaans, Hardcover): Andre Brink Vlam In Die Sneeu (Beperkte uitgawe) - Die Liefdesbriewe Van Andre P Brink & Ingrid Jonker (Afrikaans, Hardcover)
Andre Brink
R950 R810 Discovery Miles 8 100 Save R140 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai.

’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding.

In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.

Die Dogters Van Casalina (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Die Dogters Van Casalina (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.

Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.

’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.

Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

Dis 'n Belofte (Afrikaans, Paperback): Zia Lee Dis 'n Belofte (Afrikaans, Paperback)
Zia Lee
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Eiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het nog nooit ’n klimaks ber eik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel verstuit.

Die aanraking van haar fisioterapeut, Clark Kensington, dryf haar tot raserny. Sy gee haarself aan hom oor en vind bevryding in sy arms. Maar niemand het Eiv a voorberei op die gevoelens wat saam met die die vr yheid kom nie.

Clark se geraamtes in die kas maak dat hy nie beloftes wil maak nie. Maar as hy Eiv a wil behou, sal hy w eer moet dink .

Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johann Strauss
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die derde Sanri Steyn-omnibus het ’n bekostigbare prys EN sluit ’n splinternuwe storie in. Die titels in hierdie omnibus is:

• Die rustelose mummie
• Die geraamte se geheim
• Die besoek van die meerminne

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Gif (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard, Franco v. Heyn Gif (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard, Franco v. Heyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.

Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook.

Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

My Hart Is Oppi Plaas - Idioom & Gesegde-Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens My Hart Is Oppi Plaas - Idioom & Gesegde-Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ’n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek idioom-inkleurboek.

Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Ben en die Groot Toets (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben moet sy eerste groot toets skryf, en hy is bang hy gaan nie al die spel-woorde kan onthou nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie, en dit gee hom nuwe moed. Zuléka Smit se pragtige storie oor die angstigeheid van skool en toetse is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Yolandi van Rooibos (Afrikaans, Paperback): Jaco Versfeld Yolandi van Rooibos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Versfeld
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma is en Kruger haar hoërskoolliefde.

Gou is haar loopbaan aan skerwe en haar lewe word deur ’n klomp booswigte bedreig. Haar romanse met Kruger vlam weer op, tot sy ontdek dat hy en haar familie jare lank vir haar gejok het oor sy verdwyning. Kan sy hom weer vertrou?

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur.

Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos.

Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.

Haai Karoo (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Haai Karoo (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verhale uit die hartland.

Al die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste.

Heerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne ’n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.

Pandora (Afrikaans, Paperback): Marie Spruyt Pandora (Afrikaans, Paperback)
Marie Spruyt
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pandora se kruik is oop ...

Ná ’n liefdesteleurstelling en ’n moeilike inperktyd, is Emma uiteindelik reg om weer uit haar dop te kruip. Net betyds vir baas Wim se aanloklike aanbod: ’n Projek neem hom Midde-Ooste toe en hy kort haar ondersteuning. Binnekort verdaag Emma na Siprus onder die voorwendsel om by haar suster te gaan kuier.

Maar die skone Siprus is nie net kristablou waters, sonnige strande en Griekse oudhede nie. Emma is immers daar om internasionale geldwasnetwerke oop te vlek, en gou ontdek sy dat die gevaar nader is as wat sy of Wim besef.

Wat kom maak die superseiljag saans naby die seegrotte? Waar lê hulle plaaslike agent Nikos se lojaliteit? Weet die vissermanne dalk meer as wat hulle voorgee?

Skielik lyk dit asof Pandora al die wêreld se euwels opnuut vrygelaat het. As Emma ooit weer vir Wim wil sien, en hom wil vertel hoe sy oor hom voel, sal sy een stappie voor moet bly.

In haar derde boek soek Marie Spruyt in die antieke wêreld na liefde en hoop vir al ons moderne euwels.

Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Struik Nature Sasol Oorsiglys Van Voëls In Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Struik Nature
R85 R79 Discovery Miles 790 Save R6 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Al lank ’n gewilde hulpbron, die nuwe, opgedateerde Oorsiglys van Voëls in Suider-Afrika is nou beskikbaar. Dit bevat ’n lys van al die voëls wat in die streek te sien is, en bied ’n eenvoudige metode om aan te dui waar en wanneer jy hulle waargeneem het.

In gerieflike sakformaat bied dit:

  • Kruisverwysings na die nuwe Sasol Voëls van Suider-Afrika (vyfde uitgawe)
  • Ses kolumme vir veelvuldige waarnemings op ses verskillende plekke
  • Jongste name van alle Suider-Afrikaanse voëls
  • Endemiese en bedreigingstatus

Sal verwelkom word deur die streek se voëlkykers wat hulle waarnemings in Afrikaans wil nasien en opteken.

Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy ’n grootpad soek wat ’n grondpad is, en daarlangs moet jy ry…

Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.

'n Soen Op Sy Tyd (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk 'n Soen Op Sy Tyd (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin.

Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke. Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig.

Sal hulle die vuurproef deurstaan?

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Elsa Pooley Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Elsa Pooley
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto's en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe.

Volbloedliefde (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedliefde (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alicia van Aarde is tuis in haar werk as bibliotekaresse en in Amsterdam. Toe haar ma, Elizabeth, vir Alicia na haar troue uitnooi, word hulle bande weer versterk.

Alicia is aanvanklik geïrriteerd met Ruben Retief, die neef van Elizbeth se aanstaande, wat ook in Europa werk en vir die troue Suid-Afrika toe reis. Tog verras Ruben, ’n operasanger, haar met sy andersheid.

Hulle families het verwagtinge oor hulle twee, maar albei is versigtig vir seerkry. Sal die liefde die gaping tussen hulle kan oorbrug?

Rolbosliefde (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Rolbosliefde (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.

Mark Lessing is plat geslaan ná ’n groot verlies en klop slegs op aandrang van sy ma by Lize aan. Lize verstaan moeilike ma’s en groot verlies, maar Mark is hardkoppig en eiesinnig.

Lize fassineer Mark en maak hom weer lus vir die lewe.

Uiteindelik oorreed sy hom om w erk te soek. Sy nuwe baas is egter ’n beeldskone blondine, en dis toe dat die poppe begin dans.

'n Doodgewone meisie (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete 'n Doodgewone meisie (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n ongemaklike situasie.

Die insident beland op die internet en Anton word as ’n held gesien, wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al hou sy nie daar van om “gered” te word nie.

Gaan sy hom die kans gee om ’n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?

Leer my vertrou (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my vertrou (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans.

Tot sy een aand op aandrang van haar vriendinne ’n spoedafspraak-geleentheid bywoon en vir Jacques ontmoet.

Jacques is aantreklik, selfversekerd en laat haar hart vinnig klop. Ná sy egskeiding, het hy net op sy werk gefokus, maar ’n ligte hartaanval het hom sy prioriteite laat heroorweeg.

Van die eerste ontmoeting spat die vonke tussen Riana en Jacques. Maar kan hulle dit waag om weer te vertrou en lief te hê?

Operasie: Spinasie-situasie (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Operasie: Spinasie-situasie (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers; Illustrated by Pippa Pereira
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!”

Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord.

Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout.

’n Groot fout.

Want ’n rilling rol deur sy hele lyf.

Sy ore slaan toe.

Sy lyf voel warm en koud gelyk.

En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie ... hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê?

BEGIN HY STEMME HOOR?!

Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Toward Predicate Approaches to Modality
Johannes Stern Hardcover R2,810 Discovery Miles 28 100
Sheets, Diagrams, and Realism in Peirce
Frederik Stjernfelt Hardcover R4,135 Discovery Miles 41 350
Collected Papers - Volume 3: 1945-1957
Alfred Tarski Hardcover R4,881 Discovery Miles 48 810
Descriptor Revision - Belief Change…
Sven Ove Hansson Hardcover R3,078 R1,907 Discovery Miles 19 070
Logic on the Track of Social Change
David Braybrooke, Bryson Brown, … Hardcover R1,459 Discovery Miles 14 590
Conceptual Notation and Related Articles
Gottlob Frege Hardcover R3,313 Discovery Miles 33 130
Ordinal Computability - An Introduction…
Merlin Carl Hardcover R3,649 Discovery Miles 36 490
Commentary on the Jumal on Logic by…
Ibn Wasil al-Hamawi Hardcover R3,836 Discovery Miles 38 360
Reading Frege's Grundgesetze
Richard G. Heck Jr Hardcover R1,940 Discovery Miles 19 400
Modal Logic
Alexander Chagrov, Michael Zakharyaschev Hardcover R7,053 Discovery Miles 70 530

 

Partners