0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (45)
  • R50 - R100 (97)
  • R100 - R250 (930)
  • R250 - R500 (875)
  • R500+ (43)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Kantelpunt (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Kantelpunt (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte.

Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef.

“Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul

Nie vir sensitiewe lesers nie.

Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback): Andre Trantraal Die Sokker-Fiasko (Afrikaans, Paperback)
Andre Trantraal
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die opwindende avonture van Keegan en Samier.

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Die sokker-fiasko.

Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?

Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Help! My Kind Is Anders - Ontdek Die Ster In Jou Anderster Kind (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?

In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.

Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.

’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?

Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.

Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Die Bok Wat Sy Spring Verloor Het (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Gwendolyn de la Harpe
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok?

Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.

’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephan Wallace
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.

Stryd vir Liefde (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Stryd vir Liefde (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar.

Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ...

Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit ’n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. Sy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lilja se hoop – die messias – kruisig.

Albei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe. Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...

Op die plaas-emosiereeks: Karamel se bene bewe (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Op die plaas-emosiereeks: Karamel se bene bewe (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Megan Bird
R130 R122 Discovery Miles 1 220 Save R8 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Monsterrugby (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Monsterrugby (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Thomas@sms.net KABV (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] KABV (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Jaco Jacobs Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!

Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Justin Fortuin, Skattejagter (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Justin Fortuin, Skattejagter (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Seekaptein, ’n skattejag en spoke...

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. En wat daarvan as tannie Mary in ’n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.

Maar tannie Mary maak Justin se dag toe sy vir hom ’n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit Kaptein Kraakbeen is nie sommer énige papegaai nie, en kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.

Spook dit in Kasteel Boekanier?

Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?

Immer Wes (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Immer Wes (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis met 'n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.

Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback): Pieter Hugo Alchemie Van My Muse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Hugo
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Alchemie van my muse is ’n veelvlakkige debuut oor die lewe, die liefde en die lettere waarin die spel met die tradisie van die digkuns ontgin word.

Die digter besin oor digterskap en tree postmodernisties in gesprek met ander digters soos Louw, Kirsch, Boerneef, gert vlok nel, e.a. Daar word satiries gekyk na die posisie van Afrikaans. Die liefde word weerloos besing en oor besin, met nostalgie, humor en pyn. Die lewe en die onafwendbare dood word, soms tong-in-die-kies, ander kere oop-enbloot ontredderd, berym en ontrym.

Veilige hawe (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Veilige hawe (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar romanses. In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naude afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter - sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy - haar hart of haar verstand? ’n Beskermengel vir Marlene is die drie-en-twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy is bang en vertrou niemand nie - totdat Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet en hy baai haar in sy omgee en sorg … Tot die verlede hulle inhaal.

Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Wilde Wikus (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?

Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.

Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.

Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?

Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.

Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.

Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?

Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Smit Motors (Afrikaans, Paperback): Reney Warrington Smit Motors (Afrikaans, Paperback)
Reney Warrington; Narrated by Cintaine Schutte
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jou buurman dink hy besit die polisie ...

Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is 'n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so 'n persoon verkoop nie en 'n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, 'n reus van 'n man met die psige van 'n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen?

Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog 'n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s'n?

Die Dao van Daan van der Walt (Afrikaans, Paperback): Lodewyk G. du Plessis Die Dao van Daan van der Walt (Afrikaans, Paperback)
Lodewyk G. du Plessis 3
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Daan van der Walt, ’n eerstydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

In Die Dao van Daan van der Walt word die Afrikaner-dilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek.

AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover): A.B. De Villiers AB: Die Outobiografie (Afrikaans, Hardcover)
A.B. De Villiers 3
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

AB de Villiers is een van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hy is sedert 2011 kaptein van die Suid-Afrikaanse eendagspan asook ’n lid van die nasionale span sedert hy op 20 Desember 2004, op 20-jarige ouderdom, sy buiging vir die Proteas gemaak het. AB het reg deur sy lewe op die sportveld uitgeblink én word vandag as een van die beste kolwers ter wêreld, in alle aspekte van die spel beskou.

AB: Die Outobiografie, sal insig bied oor die man agter die kolf en onder die kopskerm, asook oor deurslaggewende oomblikke tydens sy loopbaan en sy verhoudingsbande met verskillende mentors. Die leser sal teruggeneem word na die agterplaas van AB se ouerhuis waar hy as kind die eerste keer saam met sy broers leer krieket speel het, en sal voorgestel word aan al die kleurvolle karakters en sportlui wat paaie met AB gekruis het.

AB se belangstelling in musiek en in die sakewêreld word ook onder die loep geneem asook hoe hy hierdie belangstellings van hom saam met sy internasionale krieketloopbaan uitleef.

Landluisteraar - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Carina van der Walt Landluisteraar - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Carina van der Walt
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Landluisteraar is Carina van der Walt se debuutbundel in Suid-Afrika.

Die bundel bevat toeganklike gedigte soos strome klank deur ’n dorre landskap.

Die Geheime Van Effektiewe Gebed (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Die Geheime Van Effektiewe Gebed (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R290 R240 Discovery Miles 2 400 Save R50 (17%) Ships in 7 - 11 working days

Baie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg? Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word ...”

Hierdie is eeueoue vrae wat meeste gelowiges hulself al gedurende hulle wandel met die Here afgevra het. Is dit omdat God meer vir ander omgee as vir jou, of dalk net sekere geheime gebede verhoor wat jy nie van kennis dra nie? En indien dit die geval is, waarom dan bid as God reeds besluit het of Hy gaan antwoord, of nie. Die vraag is egter: Weet jy wat God van jou verwag wanneer jy bid?

In Die geheime van effektiewe gebed ondersoek en beantwoord Stephan Joubert hierdie vrae en meer, en lei die leser op ’n heerlike en interessante ontdekkingsreis deur Habakuk in die Woord waar die geheime van effektiewe gebed gevind kan word. In hierdie gebedsgids sal jy die sleutels ontdek van hoe om waarlik volgens God se wil te bid, Hom in die proses te eer en te verheerlik, en jou daaglikse kommunikasie met Hom na nuwe vlakke van vreugde en vervulling te neem.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Voetspore In Suid-Afrika 2 - 'n Reisgids
Johan Badenhorst Paperback R399 Discovery Miles 3 990
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R441 Discovery Miles 4 410
Hartebreker - Christiaan Barnard En Die…
James Styan Paperback  (4)
R283 Discovery Miles 2 830
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Ongeskonde
Alwyn Uys Paperback R252 Discovery Miles 2 520
Hierdie Land - Daar Is Iets Aan…
Various Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150

 

Partners