![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.
Die forensiese wetenskap het in die afgelope dekades indrukwekkend ontwikkel. Ballistiek sluit in: die identifikasie van vuurwapens, bloedspatselpatrone en die aard van die wonde veroorsaak. Dikwels is die oplossings egter te laat. Die afsluiting wat dit bring vir die agtergeblewenes, te min.
Op Pelgrimshoop, 'n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na 'n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat 'die ding het met die perde', aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in 'n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die 'bontspul' op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid - en Hannah leer 'n ander Elias ken.
“ … daar is sekere vermoens wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoens soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering. Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling. Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.” In Gabriellie het dertien jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van die mitiese kreature nie. Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oe na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek. Wie is die misterieuse Reenboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis? Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel? ’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.
’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem. Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Ná jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in Whitewing Lodge, ’n gastehuis op die rotse naby Visbaai. In die moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense. Dan verander 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete alles. Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.
Die aand toe Alet op Karibib aankom, bereik haar lewe ‘n nuwe laagtepunt. Daar was ‘n paar. Haar pa se siekte, haar loopbaan wat agterweë gebly het, nog ‘n mislukte verhouding. Dis moord om weer haar pad te vind. Letterlik.
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.” ’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.
Dis die onstuimige tagtigerjare.
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie. Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene. Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder. Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?
AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ‘n ervare en ingeligte prokureur. Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:
Die Vroue Van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.
Hoekom kry die DA nie steun onder swart Suid-Afrikaners nie? Is hulle gedoem om ’n wit party te bly? Wat doen die DA dan verkeerd? Kan hulle droom van groter steun in 2014? Eusebius McKaiser is bekend daarvoor dat hy geen doekies omdraai nie. In hierdie vermaaklike, ietwat voor-op-die-wa en soms tong-in-die-kies boek, bekyk Eusebius die DA van naderby. Staan hulle hoegenaamd ’n kans in die verkiesing hierdie jaar? Die boek is geskryf in Eusebius se kenmerkende leesbare en hoogs amusante styl. Sy argumente word aangevul deur kleurryke anekdotes en lewendige, soms onthullende vertelling uit sy eie ervaring. Of jy hom nou bewonder of verafsku, g’n Suid-Afrikaner word koud gelaat deur Eusebius se skerp, soms aspris, insigte nie.
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.
"As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun." Met hierdie gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel. Sy is op 'n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid van haar lewe. Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie. Lize kies 'n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was. In die euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom begaan. Sy het hom mos lief. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander...Afdraaipad is Elaine Marais se derde roman. Dit volg op haar debuutroman, Liefde vir Lienke, en haar tweede roman, Koesterkind. Elaine Marais kan beskou word as Suid-Afrika se eie Francine Rivers. Haar boeke is gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar het, maar ook die wanhoop ken van onbeantwoorde liefde.
Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees. Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding of sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem. Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.
’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis. Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië. Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis. Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring. Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop
sal oopgemaak word. |
You may like...
Medicinal and Biological Inorganic…
Ajay Kumar Goswami, Irena Kostova
Hardcover
R3,137
Discovery Miles 31 370
Math for the Digital Factory
Luca Ghezzi, Dietmar Homberg, …
Hardcover
R4,111
Discovery Miles 41 110
Pharmacognosy - Fundamentals…
Simone Badal McCreath, Yuri N. Clement
Paperback
R2,941
Discovery Miles 29 410
Antibacterial Therapy and Newer Agents…
Keith S. Kaye, Donald Kaye
Hardcover
R1,415
Discovery Miles 14 150
A Student's A-Z Of Psychology
V. van Deventer, M. Mojapelo-Batka
Paperback
(9)R354 Discovery Miles 3 540
|