![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie. Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad. ’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. Daar is honderde rels in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die rels, is ’n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa. Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op ’n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek. Maar iets is nie pluis nie. Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond? Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie? Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in ’n geveg was? Daar is net een manier om uit te vind ... Kort voor lank is Wessel deel van ’n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van ’n leeftyd gaan word ...
Alma Carstens se eerste omnibus ... Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel. Kaapse draai: Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie. Tyd sal leer: Sinna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hohakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Sinna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees. Luca se obsessie: Die lenige Italianer met die helderblou o wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy 'n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kn … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is! Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
Hannah is vasgekeer. Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermo om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!
Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind? Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word. Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie. Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansile risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali s: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.” Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ... Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die o kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word
Hierdie is n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se vorige Romanzas Man van min woorde, Man met n missie en Man van sy woord. Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur die swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde. Man met n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar die keer het hy sy moses teegekom. n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip n bang meisie weg, n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag. Man van sy woord: n Ouer en ryper Lourens maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom n plek in haar lewe nie of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer n kans gee?
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit?
SPOKE BESTAAN NIE.
Drie jaar n die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se we pynlik geskei het. Onder die priemende blik van die biograaf l die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag. Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie? Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.
As ’n Duitse wesie kom Gretl n die Tweede Wreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakb Kowalski besluit. Maar net Jakb ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou o, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Volvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het.” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het di gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 6. Zackie Mostert druk 'n drie 7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante 8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies 9. Zackie Mostert en die meisiemoles 10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond
In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na 'n nuwe land. Daar en dan besluit hy: hulle gaan saam!
Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet. Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.
’n Fratskoel het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in
die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir
sy dood verantwoordelik gehou.
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ... Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die begin Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter ho heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy o uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende – en gevaarlike – raaisels. Vuurdoop Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroer ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die ho heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak? Bloedbroers Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is – en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is ’n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet! Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?
Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is. |
You may like...
The Fast 800 - How to Combine Rapid…
Dr Michael Mosley
Paperback
(1)
Platelet-Activating Factor…
Fuyuhiko Tamanoi, Diana Stafforini, …
Hardcover
R3,446
Discovery Miles 34 460
|