0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (52)
  • R50 - R100 (105)
  • R100 - R250 (865)
  • R250 - R500 (954)
  • R500+ (51)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans

Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback): Ina Bonnette Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback)
Ina Bonnette
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.

Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback): Ronel van der Watt Hoephoepieland - Tien Omgeestories Met Hart (Afrikaans, Paperback)
Ronel van der Watt
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart.

Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan.

Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.

Ouma Mollie Gaan Terug Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Johann Strauss Ouma Mollie Gaan Terug Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Johann Strauss
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. En nou is ouma Mollie op pad terug skool toe. Gaan sy soet wees? Of gaan sy die arme onderwysers moedeloos maak? Maar, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.

Voetstoots (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Voetstoots (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer.

’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.

Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.

Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.

Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.

Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

Ester (Afrikaans, Paperback): Kerneels Breytenbach Ester (Afrikaans, Paperback)
Kerneels Breytenbach
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...

Was Ek Maar 'n Lady (Afrikaans, Paperback): Sheugnet Was Ek Maar 'n Lady (Afrikaans, Paperback)
Sheugnet
R140 R130 Discovery Miles 1 300 Save R10 (7%) Ships in 5 - 10 working days

“Mmm… Kaalgat swem in die middel van die nag. Lekker scary boeke deur Stephen King. Jy raai tot op die laaste bladsy wie wat gedoen het. Dan is daar mense wat sê seks is nommer een. Ek kan nie sê nie, want ek is nog ’n virgin. En dit is ’n Godswonder, want ek moes lelik keer vir my wickets vir die ouens wat by ons kom kuier het. Veral as hulle lelik getarrie was.”

Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk): Peet Venter Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk)
Peet Venter
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback): Andre Christof Op Vlerke - Bewaar Dit Vir Die Nageslag... 'n Wekroep (Afrikaans, Paperback)
Andre Christof
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 2 - 4 working days

Die vierde boek in ‘n reeks. Al die boeke is met intensiteit baie fyn geskryf, Christof neem die leser op vlerke, elkeen het ‘n besonderse boodskap betreffende die natuur wat uitgedra word, dit gaan oor skryfkuns, vertelkuns wat jou vasvang, nie net oor die spesifieke reise wat gekies is nie, maar veral hoé dit beskryf is. Ervaar die passie waarmee dit geskryf is, met balans die natuurlewe uitbeeld soos dit daar gebeur, die unieke manier hoe die tonele en prentjies in die reisjoernaal die gebeure in Afrikaans vasvat, ook in die ruskampe, hoe die woorde ingespan word.

In die natuur gebeur daar nooit niks nie, al is daar byvoorbeeld nie ‘n leeujag nie, Christof en sy vrou volg die gebeure soos dit daar in die natuur met hul besoeke gebeur, die leser sien nie net die prentjies en tonele, wat beskryf word, hoor die geluide van die bos nie, maar ervaar dit asof hy/sy daar mét hulle is, jy ruik dit, proe dit, jy kan daaraan vat.

Die natuurlewe het sy eie ritme en bekoring, nét soos musiek, met elke lewende wese wat, in die omgewing waarin hulle moet oorleef, die sintuie en vaardighede wat aan hulle, eie aan hul soort, toegedeel is, ook teen die elemente inspan om hul spesie se voortbestaan te verseker.

Dit is soos dit in die Op Vlerke boeke geskilder word, met eie ritme, die note hou, om uiting aan elkeen se oorlewingsmeganisme te gee. Die manier van uitdrukking gee, diere, voëls beskryf, hier en daar ‘n insek, wat hulle doen, hoé, interaksie, beweging, gevoel, klanke, wat jou vasvang, die omgewing, plantegroei, die veld lewe gee, water, die terrein, dít is waaroor die boeke gaan, die skryfkuns met spesifiek die natuurlewe, waarin mens die skryfstyl kan uitleef wat met elke sintuig van jou praat.

Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback): Adele Vorster Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback)
Adele Vorster 1
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 2 - 4 working days

Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het.

Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.

Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Bertie Blikbrein (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs; Illustrated by Stephan Wallace
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.

Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Elsa Joubert Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Elsa Joubert
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.

Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Z-A-K 3: Die Avonture Van Lionel Afrika (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.

Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie.

En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!

Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie.

Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou.

Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...

As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout As Mens Geluk Kon Proe (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017!

Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.

Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.

Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak.

Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.

En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie.

Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.

Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …

’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Woedende Weerwolf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Die Klein boek van skouspelagtige sport - skouspelagtige sport (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Klein boek van skouspelagtige sport - skouspelagtige sport (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback): Louis Jansen van Vuuren Amper Frans - 'n Lewe Van Fanfare En Faux Pas (Afrikaans, Paperback)
Louis Jansen van Vuuren
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.

Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.

Dit is ’n moet vir Frankofiele!

Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
R65 R61 Discovery Miles 610 Save R4 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar:

[email protected]

Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.

[email protected]

Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry?

[email protected]

Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Sean Fraser Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Sean Fraser
R120 R111 Discovery Miles 1 110 Save R9 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en teelgewoontes.

Storiekaros (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Storiekaros (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.

Sneeu In Die Karoo (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Sneeu In Die Karoo (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R256 Discovery Miles 2 560 Ships in 2 - 4 working days

’n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen verskyn binnekort by Hemel & See Boeke. Sneeu in die Karoo ’n uiters rare boek, waarin twee novelles verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van ’n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.

Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar ’n Croxley oefenboek en ’n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar – en oor haar kinderdae – terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.

Die verskyning van Agnes se boek – dit is ook die titel daarvan – in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik ’n eerste in wêreldletterkunde!

Lentedag (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Lentedag (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand, ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die ergste is dat haar kêrel, Paul, haar hart nie naastenby so wild laat klop nie.

Brand raak teen sy sin betrokke by Christie se fotografie. Die aantrekkingskrag tussen hulle laat Christie twyfel oor haar verlowing aan Paul.

Maar Brand se korttermynplanne sluit nie ’n vrou in nie. Boonop is hy ‘n man wat by sy standpunte hou. Is Christie die een wat hom van plan sal laat verander?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Proceedings of the 2019 DigitalFUTURES…
Philip F. Yuan, Yi Min (Mike) Xie, … Hardcover R4,633 Discovery Miles 46 330
The Girl Who Survived Her Mother…
Moshitadi Lehlomela Paperback R335 R314 Discovery Miles 3 140
Miss Behave
Malebo Sephodi Paperback  (12)
R302 Discovery Miles 3 020
Return to Innocence
Craig A Huber Hardcover R560 R513 Discovery Miles 5 130
Living While Black - The Essential Guide…
Guilaine Kinouani Paperback R350 R277 Discovery Miles 2 770
Spiritually Defining Seasons
Neisha Merrell Hardcover R655 R585 Discovery Miles 5 850
The Feel Good Factor and Other Stories
Michael Jimack Paperback R258 Discovery Miles 2 580
Don't Upset ooMalume - A Guide To…
Hombakazi Mercy Nqandeka Paperback R280 R250 Discovery Miles 2 500
So, How Do I Know This is Real?
Marti Angeloni Hardcover R668 R593 Discovery Miles 5 930
Blues Essentials
Various Artists CD R34 Discovery Miles 340

 

Partners