![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. ’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome kan waar word …
Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat
skaterlag, dieper oor die lewe te laat besin, en jou wegvoer na ander
tye en plekke.
Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor ... Storieman is daar! In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos “Wikus te Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die standvastige bliksoldaatjie” en “Die keiser se nuwe klere.” Kom lag lekker saam met stories soos “Liewe Heksie en die Koekoekie” en “Spokie van Boosgelegen” en word betower deur sprokies soos “Elf wilde swane”, “Die tonteldoos” en “Die Groen Jonkvrou van die meer”.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy
aanhet.
Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...
Een Alfa Romeo, twee seuns, hope aksie en avontuur! Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom 'n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie - waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ... Wat volg is 'n avontuur met 'n wit Spider Alfa Romeo, 'n beste vriend en 'n Russies-Afrikaanse ingenieur - 'n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!
Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou
lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het
met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef.
Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.
By Einstein se snor!
Hierdie boeke is deel van 'n reeks vir intermediêre lesers met 'n sterk fokus op wetenskap, humor en avontuur.
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg. Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk. Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.
Die opwindende avonture van Keegan en Samier.
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef. “Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul Nie vir sensitiewe lesers nie.
Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime. Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.
Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van
Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n
Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans,
harteloos en ongenaakbaar.
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. ’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge. ’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.
Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel
om net ’n huwelik in naam te wees, maar op ’n vakansie saam met haar pa
op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok ’n bed deel.
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart. Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye! As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.
Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel
word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.
Alexa en Bryan is van dag een af soos olie en water. Hy is openlik
gekant daarteen dat ’n vr ou sy seun se rugbysp an afrig. Alexa skrik
egter nie vir die dodelike aantreklike en bedonderde man nie. Sy is
immers die dogter van ’n oud-Springbok en het self ook op die veld
gedraf.
Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen. |
You may like...
The Oxford Handbook of Information…
Caroline Fery, Shinichiro Ishihara
Hardcover
R4,569
Discovery Miles 45 690
Historical Syntax and Linguistic Theory
Paola Crisma, Giuseppe Longobardi
Hardcover
R4,221
Discovery Miles 42 210
|