![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans
“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.” Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie … Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele. Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels: Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ... Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer? Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.
In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklikheid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur. Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).
Koos Sas, Khoi plaaswerker op Touwsrivier smag na die vryheid wat sy voorouers gehad het. Terwyl hy dros van sy werk op die plaas, kom hy tot die besef dat Suiderlike Afrika nou opgedeel is in plase wat aan individuele eienaars behoort. Britse imperialisme en die mag van die gereg bring hom in botsing met die samelewing. Kort voor lank word hy berug in die kolonie. Sy situasie word oornag gekompliseer met die ontmoeting van ‘n Khoi meisie wat self opsoek is na vryheid. Die soeke na vryheid word vererger deur Koos se miskenning van die mitologie van die Khoi, wat hom op ‘n dwaalspoor plaas.
Grondhervorming jaag verskillende emosies by verskillende mense op net soos die kunsmatige skeiding tussen mense. Die onsinnigheid van hierdie skanse blyk eers wanneer verhoudings spontaan ontstaan en toegelaat word om natuurlik te ontwikkel. Dié boek toon hoe die aktuele werklikheid van grondhervorming in Suid Afrika deur die spontane goeie verhoudings tussen blanke boere en bruin plaaswerkers tot sinvolle en vreedsame naasbestaan kan lei. Hierdie goeie verhoudings is dan uiteindelik verantwoordelik vir die suksesvolle afhandeling van dieselfde plaaswerkers se grondeise op dieselfde en aangrensende plase waarop hulle grootgeword en gewerk het. Die teenoorgestelde word ook in die boek getoon hoe jy weens onaanpasbaarheid en selfsug alles kan verloor indien jy nie hierdie nuwe strewes in Suid Afrika kan aanvaar en daarby aanpas nie. Die skrywer toon ook die beperkings van eie beheer oor mense se keuses in die lewe. Jy loop jou paaie soos wat dit vir jou uitgestraat is. Die vraag of dit “nie beter sou wees” as die mens vooraf “sy paaie wis” nie, word in die boek aan die orde gebring met die oopvlek van ou geheime van familievetes en buurtwiste. Verbode manewales oor die destydse kleurskeidslyn heen deur die baas van die plaas het drastiese gevolge op die grondeise van al die voorheen benadeelde plaaswerkers. Die aanvaarding van hierdie gevolge laat geen eie keuse nie maar is ook ‘n werklikheid waarmee die lewe almal dan dwing om te lewe.
Woord-Engel, debuutbundel deur Azette Wiesner het ontstaan nadat sy begin skryf het as terapie om haar seer en rou te verwerk na die tragiese ongeluk van haar eggenoot, Etienne Wiesner. Sy het haar verse op Facebook geplaas en kort voor lank was sy ‘n enigma met meer as 60 000 vriende: jonk, oud, veelrassig, Engelsprekend en aanhangers uit Nederland en België is gereelde lesers van haar verse. Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar gedigte is egter intuïtief en uniek. Sy skryf sonder veel literêre verwysings, dit beteken egter nie dat haar werk nie raakgesien word deur kenners van die letterkunde nie. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou , die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde. Soos reeds genoem, is die digter 'n besprekingspunt in die letterkundige geledere: haar skryfstyl en die eenvoud waarmee sy haar temas leesbaar en sonder pretensie aanbied, maak haar leesbaar en gewild by mense wat ruiterlik erken dat hulle poësie verpes het op skool. 'n Bonus CD word saam met die digbundel verpak waarop Helena Hettema sestien toonsettings sing van lirieke/verse uit Azette se bundel.
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017! Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk … ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.
Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011). Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek? As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander. Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.
Hierdie spesiale kinderboek bevat tien omgeestories met hart. Elke kind in juffrou Ansie se klas by Hoephoepieland het ’n eie storie wat in uitdagende omstandighede binne ’n multikulturele Suid- Afrikaanse konteks afspeel. Die situasies wissel van trauma (’n taxi-ongeluk, vreemdelingehaat, ’n huis wat afbrand en gesinsgeweld), mediese toestande (kongenitale hartdefek, ’n aansteeklike longsiekte en serebrale verlamming) tot verskillende gesinsamestellings (aanneming en ’n afwesige vader). Die outeur pak gewigtige kwessies met deernis, sensitiwiteit en fyn humor aan. Die boek maak kinders bewus van ander se lewensomstandighede en help om hulle kapasiteit vir empatie te ontwikkel. Daar is ook agtergrondinligting oor elke storie se spesifieke tema asook vrae om oor te gesels.
In Julie 2009 het Manser ‘n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp. Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ‘n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het. Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ‘n haai gestamp is. Riaan het in ‘n tydperk van uiterste politieke onrus in Madagaskar rondgereis en hy het 5 keer in die tronk beland, die laaste keer drie nagte op vermoede dat hy huursoldaataktiwiteite uitgevoer het. In April 2010 is Manser se pogings beloon met sy tweede toekenning, “Out There Adventurer of the Year 2009â€. “Around Madagascar on my Kayakâ€, die boek waarin hy van sy wonderlike prestasie vertel, het ook lof ontvang.
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.
Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg. By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop. Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het. Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug. Sy ook.
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?
Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?
Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie! |
You may like...
Critical Perspectives on Private…
H Hansen, D. Salskov-Iversen
Hardcover
R1,405
Discovery Miles 14 050
Talking To Strangers - What We Should…
Malcolm Gladwell
Paperback
(2)
|